Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

‘n Stem in die Woestyn

‘n Stem in die WoestynLesson 21

Inleiding
Jesus het gesê, "Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy" Mattheüs 11:11. Wat weet ons aangaande die alleenloper wat Jesus as die grootste onder die profete geag het?

Toe Johannes die Doper begin preek het in die wildernes van Judea, het mense van heinde en verre gekom om die kragtige, vreeslose, en nederige boodskapper aan te hoor. In gloeiende kontras met die geestelike leiers van sy dag, was sy lewe gekenmerk met heilige eenvoud. Die priesters het luukse klere gedra, maar Johannes die Doper het 'n nederige kleed van kameelhare en 'n leergordel gedra. Terwyl hulle feesgevier het hy, Johannes die Doper, eenvoudige kos geëet. Hy het wyn en drank geweier, sodat hy met die Gees van God gevul mag wees (Lukas 1:15). Johannes die Doper het eerder verkies om tussen die rotse in die rivier valleie te preek as die weelderige sinagoges. Die mense het begin wonder, "kon hierdie man Elia wees?"

Johannes die Doper was geklee soos 'n Ou Testament profeet, maar hy was nie 'n reïnkarnasie van Elia nie. Die engel Gabriël het aan Johannes se ouers voor sy geboorte verduidelik dat "... hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei." Lukas 1:17.

Die sleutel tot Johannes se bediening was dat hy ook soos Elia, deur die mag van die Heilige Gees, 'n herlewing onder God se volk sou meebring. Sy spesiale werk was om 'n boodskap van belydenis en bekering van sonde te preek om mense gereed te maak vir Jesus se eerste koms.

Die Bybel sê daar sal 'n hele leërmag van Elias en Johannes die Dopers in die laaste dae sal wees om 'n soortgelyke werk te doen om die wêreld voor te berei vir Jesus se wederkoms. "Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek." Maleagi 4:5. (Sien ook Joël 2:28-31.)
Wat was een geheim van Johannes se Geesvervulde lewe?

Wat was een geheim van Johannes se Geesvervulde lewe?

Let wel:   Die Geesvervulde lewe van Johannes die Doper is gekenmerk deur ongewone nederigheid. Daar was 'n direkte konneksie tussen Johannes se kragtige bediening en die volledige oorgawe wat hy aan die Here gemaak het. Dit was Johannes se grootste vreugde om ander eerder na Jesus te wys as na homself. Alles wat hy gedoen het was daarop gemik om eer tot God se Naam te bring.

Het Johannes die Doper die Skrif gelees?

Het Johannes die Doper die Skrif gelees?

Let wel:   Ja! Johannes het uit die Ou Testament aangehaal as bewys dat hy 'n goeie begrip van die Skrif gehad het. Die Bybel vertel ons ook dat Johannes sy dissipels geleer het om gereeld te vas en te bid (Mattheus 9:14). Dit is nog 'n getuienis van sy diep liefde vir die Here. Net so, deur ons persoonlike gebedslewe en Bybelstudie, kan ons God leer ken en liefhê, en ook Sy Gees ontvang.

Was Johannes die Doper bereid om vir Jesus te getuig?

Was Johannes die Doper bereid om vir Jesus te getuig?

Let wel:   Van nature was Johannes 'n eensame siel (Lukas 1:80). Tog was hy bereid om gespot te word en selfs sy lewe op die spel te lê om mense na Jesus as Verlosser van die wêreld te wys. Op dieselfde manier sal diegene wat die Here vandag waarlik liefhet, bereid wees om vrees en gerief eenkant te stel om vir Jesus te getuig.

Was die prontuit prediking van Johannes gewild onder die politieke en godsdienstige leiers?

Was die prontuit prediking van Johannes gewild onder die politieke en godsdienstige leiers?

Let wel:   Johannes het vrymoediglik uitgespreek teen die gewilde sondes van die dag wat selfs deur die godsdienstige leiers beoefen was. God se eindtyd-boodskap van bekering en heiligheid sal ook onder die meeste van die gerespekteerde politieke en kerkleiers ongewild wees, maar dit sal Bybels wees.

Wat leer die Bybel aangaande die dra van juweliersware en luukse klere?

Wat leer die Bybel aangaande die dra van juweliersware en luukse klere?

Let wel:   Johannes die Doper het eenvoudige, beskeie klere gedra - 'n goeie voorbeeld vir Christene om te volg. Die gewilde, seksueel suggestiewe modes van vandag moedig 'n groot mate van versoeking en skuld aan. God se plan is nie dat ons swak aantrek nie, maar onnodige duur, flambojante of oordrewe klere behoort nie deel te wees van 'n Christen se klerekas nie. Alhoewel die dra van juweliersware algemeen in die wêreld aanvaar word, het dit 'n negatiewe beeld in die Skrif. Jy mag dalk nie al die items in Jesaja 3:18-23 ken nie, maar mense in ander dele van die wêreld doen. Baie van hierdie heidense ornamente verskyn nou ook in die Westerse kultuur.

Was daar 'n skakel tussen Johannes se Geesvervulde lewe en sy eenvoudige dieet?

Was daar 'n skakel tussen Johannes se Geesvervulde lewe en sy eenvoudige dieet?

Let wel:   Christene moet heeltemal wegbly van alle gefermenteerde drankies om hul gedagtes duidelik te hou en om die Gees van God duidelik te hoor (Spreuke 23:31-32; Habakkuk 2:15; 1 Petrus 5:8).

Waarom is God besorg oor wat ons eet en drink?

Waarom is God besorg oor wat ons eet en drink?

Let wel:   Daar is 'n direkte konneksie tussen wat ons eet of drink, en ons geestelike helderheid, ons vermoë om versoeking te weerstaan en kapasiteit om tussen reg en verkeerd te onderskei. Alles wat 'n Christen doen - insluitend wat hy eet en drink - moet gedoen word tot verheerliking van God (1 Korinthiërs 10:31).


Wat sê die Bybel aangaande wêreldse gedrag?

Let wel:   Die Here roep vandag Sy volk om voorbeeldige lewens te lei, aangesien hulle ander moet help om voor te berei vir Jesus se wederkoms.


Wat moet 'n Christen kies om aan te dink?

Let wel:   Johannes die Doper het die volk beveel om weg te bly van alle geweld (Lukas 3:14). Vir ons sal dit die kyk van geweld as ‘n vorm van vermaak insluit. Jesus het geleer dat sondes van seks en geweld ontstaan in die gedagtes en houdings (Mattheus 5:22, 28). Daarom moet 'n Christen enige TV-programme, video's of leesmateriaal vermy wat onrein gedagtes aanmoedig.


Watter tipe musiek sal 'n ware Christen geniet?

Let wel:   Dit is duidelik dat 'n groot meerderheid van die populêre musiek in die wêreld ons nie geestelik help nie. Dit vernietig ons begeertes na hemelse dinge en versterk dikwels die laer natuur. Maar musiek kan 'n geweldige krag vir goed wees. Toe Koning Saul gepynig was deur 'n bose gees, het die strelende musiek van Dawid se harp hom vernuwe en die bose invloed weggedryf.


Is dans goeie ontspanning vir 'n Christen?

Let wel:   Die meeste van die gewilde kontemporêre danse word geassosieer met wêreldse musiek en het 'n baie sterk seksuele klem. In byna enige situasie moet ons vra, "Wat sal Jesus doen?" Ek dink almal stem dat ons Verlosser nie Sy redeneringsvermoë sou los om Sy liggaam en ledemate te swaai na die ritme van ‘n gesinkopeerde ritme nie.


Sal 'n Christen die lotto speel of dobbel?

Let wel:   Om te dobbel kan net so verslawend wees soos baie dwelms. Sommige het al hulle gesinsbesparings by casino’s of op staat lottokaartjies gemors. Die meeste "word vinning ryk" skemas word geassosieer met onnodige risiko, onbillike pryse en twyfelagtige etiek.


Wat moet vandag die doel van God se mense wees?

Let wel:   'n Persoon kan nie leef soos hy wil en dan uiteindelik gered word in God se koninkryk nie. Dit is een rede waarom Jesus na die aarde gekom het - om ons 'n voorbeeld te gee van ‘n heilige lewe (1 Petrus 2:21).


Wat maak dit maklik om God te gehoorsaam in die lewenstylsake wat bespreek word in hierdie les?

Let wel:   


Waarom is die Christelike lewe so 'n hoë roeping?

Let wel:   As ambassadeurs vir Jesus het Christene wel 'n hoë roeping! Johannes die Doper het mense gehelp om voor te berei vir Jesus se eerste koms, en God het vandag Sy volk geroep om heilige lewens te leef, aangesien hulle ander help om voor te berei vir Jesus se wederkoms.