Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

Toets die Profete

Toets die ProfeteLesson 22

Inleiding
Agab, die bose koning van Israel, wou die dorpie Ramot in Gilead by Aram (die Siriërs) herower. Maar hy sou dit nie sonder hulp kon vermag nie, so hy vra toe die goeie koning Josafat van Juda om magte saam te smee teen hulle gemene vyand. Josafat was gewillig, maar hy het gevra dat hulle eers die Here moes raadpleeg.

Agab het die Here jare tevore al verlaat om Baäl te aanbid, so hy ontbied toe 400 gehuurde profete. Met dramatiese vertoon het hierdie valse profete gesê, "Trek op en veg, en julle sal oorwin!" Maar koning Josafat het versoek of daar nie 'n profeet van die Here was wie hulle kon vra nie. Agab sê toe dat daar slegs een profeet van die Here oor is, Miga; maar, voeg Agab by, "ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: " Vers 8.

By die aandringing van Josafat het Agab 'n dienaar gestuur om Miga te ontbied. Die dappere profeet het gekom en 'n baie ongewilde boodskap gebring. Hy het vir Agab gesê dat hy sou sterf in die stryd met die Arameërs. Nou moes Agab 'n gewigtige besluit neem. Glo hy die 400 profete wat vir hom vleiende versekering bring, of die enkele profeet van die Here?

Die hardkoppige koning Agab het vir Josafat oortuig om die waarskuwing van Miga te ignoreer en hom in die oorlog by te staan. Hy het gedink hy kon die Here uitoorlê deur volle wapenrusting aan te trek en die voorste linies te vermy. Maar Agab het te laat geleer dat jy nooit die Woord van God kan ontduik nie. Gedurende die geveg het 'n pyl deur die lug gevlieg en vir Agab getref tussen die aanhegsels en die pantser, en hy het homself doodgebloei op sy strydwa.

Jesus het ons ook gewaarsku dat daar vele valse profete in die laaste dae sal wees (Mattheus 24:11). Daarom is dit vir ons belangrik om te kan onderskei tussen die ware en die valse. Dit beteken dalk die verskil tussen lewe en dood!
Aan wie openbaar die Here Sy finale planne?

Aan wie openbaar die Here Sy finale planne?

Let wel:   

Sal daar in die laaste dae ware sowel as valse profete wees?

Sal daar in die laaste dae ware sowel as valse profete wees?

Let wel:   Ja, daar sal in die laaste dae ware sowel as valse profete wees. Die Skrif leer ook dat profete manne of vroue kan wees.

Watter tipe valse profete word spesifiek in die Bybel veroordeel?

Watter tipe valse profete word spesifiek in die Bybel veroordeel?

Let wel:   Deuteronomium 18:9-12 sê dat almal wat hierdie dinge doen, 'n gruwel is vir die Here. Vir hierdie rede moet Christene niks met hulle werke te doen hê nie.

Sal God se eindtyd-kerk die gawe van profesie hê?

Sal God se eindtyd-kerk die gawe van profesie hê?

Let wel:   Soos ons in Les 17 geleer het, het God se eindtyd-oorblyfselkerk "die getuienis van Jesus", wat "die gees van die profesie” is. Deur Openbaring 19:10 en 22:9 te vergelyk, sien ons dat die engel Johannes se "broeders" wat die gees van profesie het definieer as "die profete" en "hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar." In 1 Korinthiërs 1:5-8 skryf Paulus dat die kerk “die getuienis aangaande Christus" sal hê en sal "in geen enkele genadegawe agterstaan” tot Jesus se wederkoms nie. God se eindtyd-oorblyfselkerk sal interdaad nog die gawe van profesie hê.

Op watter maniere praat God met 'n ware profeet?

Op watter maniere praat God met 'n ware profeet?

Let wel:   Die Here praat met Sy profete deur visioene, in drome, van aangesig tot aangesig, en deur engele. Kristalballe, palmlesings, teeblaar ontsyfering, sterre kyk, en om met die dooies te probeer praat, is nie God se metodes om met 'n profeet te kommunikeer nie.

Is wonderwerke definitiewe bewyse van 'n ware profeet?

Is wonderwerke definitiewe bewyse van 'n ware profeet?

Let wel:   Nee, wonderwerke is nie 'n bewys dat iemand 'n ware profeet is nie. Hulle bewys net een ding - bonatuurlike krag. Bonatuurlike krag kan óf van God of van Satan kom. Daarom sê die Here vir ons: “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.” 1 Johannes 4:1.


Wat is die belangrikste toets van 'n profeet?

Let wel:   Die "wet en die getuienis" was 'n Ou Testamentiese uitdrukking vir “die Bybel”. Met ander woorde, 'n boodskap van iemand wat sê dat hy/sy 'n profetiese uitspraak van God het, moet vergelyk word met die Bybel. Ons moet die profeet deur die Bybel toets, en nie die Bybel deur die profeet nie. Enige ware profeet van God sal altyd 100 persent saamstem met die Skrif. Dit is die ware toets.


Wat is die tweede toets van 'n profeet?

Let wel:   'n Profeet van God moet die waarheid oor Jesus Christus erken en leer - dat Hy God in menslike vorm was. Ware profete moet ook Jesus verhef, nie hulself nie. Die meeste valse profete probeer om aandag weg te trek van God se Woord na hulle eie idees.


Wat is die derde toets van 'n profeet?

Let wel:   Dit beteken nie dat die profeet sonder sonde sal wees nie. God se profete het ook foute gemaak. Daar moet egter ooreenstemming wees tussen wat ware profete leer en die lewens wat hulle leef.


Wat is die vierde toets van 'n profeet?

Let wel:   'n Ware profeet sal nie valse voorspellings maak nie. As 'n profeet van God is, sal die dinge gebeur wat hy/sy voorspel. Maar akkuraatheid alleen kwalifiseer nie outomaties 'n persoon as 'n ware profeet nie. Deuteronomium 13:1-3 waarsku dat valse profete kan tekens gee wat waar sal wees en gebruik dan hul invloed om mense te lei om ander gode te volg. 'n Ware profeet moet mense lei om God volgens die Bybel te aanbid.


Watter drie dinge leer Paulus aangaande profesie?

Let wel:   Paulus sê dat ons nie die gawe van profesie moet verag of verwerp nie. Ons moet eerder 'n profeet se boodskappe volgens die Skrif toets en volg wat goed en waar is.


Wie se raad verwerp ons wanneer ons die woorde van 'n ware profeet verwerp?

Let wel:   Wanneer ons die woorde van 'n ware profeet verwerp, verwerp ons die raad van God. 'n Belangrike gedagte om te onthou! Die Bybel leer ons om te luister na God se profete en belowe dat almal wat die raad van 'n ware profeet volg, voorspoedig sal wees.

2 Kronieke 20:20
Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.