Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

Tien keer Wyser

Tien keer WyserLesson 20

Inleiding
Toe Koning Nebukadneser Jerusalem beleër het, was duisende Jode as ballinge na Babilon geneem. Die koning het sy bediende, Aspenas, beopdrag om begaafde jong manne vanuit die Jode te kies om drie jaar lank in die paleis opgelei te word in die taal en wysheid van Babilon sodat hulle die koning kon dien.

Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja was toe deur Aspenas gekies en na die paleis geneem. Maar daar was dadelik 'n probleem. Die ryke dieet van vleis en wyn het items bevat wat verbode was in God se Woord.

Sonder om ondankbaar voor te kom het Daniel gevra of hy en sy drie vriende dalk eerder 'n vegetariese dieet slegs met water kon neem. Eers het die koning se dienaar hulle versoek geweier. "Julle voorkoms sal sieklik lyk indien julle net dit eet!" het hy verklaar "en dan sal die koning my kop eis." Maar Daniël het geduldig volgehou , en 'n proefperiode van 10 dae voorgestel, daarna kon hulle voorkoms vergelyk word met die ander jong mans wat van die koning se tafel eet.

Hierdie voorstel was toe aanvaar, en vir 10 dae het die vier jong Hebreërs water gedrink en 'n eenvoudige vegetariese dieet geniet. "En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het. " Daniël 1:15.

Drie jaar later, toe die vier jong manne deur Koning Nebukadneser getoets was, het het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk 10 maal oortref het. Die Bybel leer ons dat Daniël ongeveer 100 jaar oud geword het. Wat het bygedra tot Daniël en sy vriende se besonderse wysheid, gesondheid, en lang lewe?
Wat was die oorspronklike dieet wat God vir mense ontwerp het?

Wat was die oorspronklike dieet wat God vir mense ontwerp het?

Let wel:   Die woord "voedsel" hier beteken eenvoudig "kos."

Nadat Adam en Eva gesondig het, watter addisionele kos het God by hulle dieet gevoeg?

Nadat Adam en Eva gesondig het, watter addisionele kos het God by hulle dieet gevoeg?

Let wel:   Die oorspronklike dieet vir die mens was 'n vegetariese dieet van vrugte, grane en neute. God het groente by Adam en Eva se dieet gevoeg nadat hulle gesondig het en nie meer van die boom van die lewe kon eet nie.

Is God besorg oor ons fisiese gesondheid?

Is God besorg oor ons fisiese gesondheid?

Let wel:   Die Bybel leer dat ons fisiese gesondheid uiters belangrik is vir God. Jesus het soveel tyd met genesing spandeer as wat Hy prediking gedoen het. Daar is verskeie Bybelbeginsels wat ons kan volg om ons gesondheid te verbeter en ons lewens te verleng.

God het die kinders van Israel belowe dat as hulle Hom sou dien en gehoorsaam, dan sou Hy al die siektes van hulle verwyder. Het Hy Sy belofte behou?

God het die kinders van Israel belowe dat as hulle Hom sou dien en gehoorsaam, dan sou Hy al die siektes van hulle verwyder. Het Hy Sy belofte behou?

Let wel:   Verbeel net! Toe God se mense in die beloofde land gekom het, was daar nie een siek of swak persoon in die hele volk nie.

Hoekom is ons gesondheid so belangrik vir God?

Hoekom is ons gesondheid so belangrik vir God?

Let wel:   God wil hê ons liggame moet Sy heilige woonplek wees. Daarom moet ons kies om dit 'n gesonde woonplek te maak vir Hom.

Wat is 'n goeie Bybelreël vir ‘n gesonde lewe?

Wat is 'n goeie Bybelreël vir ‘n gesonde lewe?

Let wel:   Ons moet daarna streef om so te lewe dat al ons gewoontes, selfs was ons eet en drink, God sal verheerlik.

Behoort Christene alkoholiese drank te gebruik?

Behoort Christene alkoholiese drank te gebruik?

Let wel:   Alkoholiese drank word duidelik deur die Skrif verbied. Die woord "wyn" in die Bybel kan of gefermenteerde of ongefermenteerde druiwesap. Dieselfde geld vir die woord "cider" vandag. Spreuke 23:29-32 gee die Bybel se beskrywing van gefermenteerde wyn, en God sê dat ons nie eers daarna moet kyk nie! Die enigste wyn wat Christene kan gebruik, is nuwe wyn, wat ongefermenteerde, soet druiwesap is.

Wat sal God doen aan diegene wat hulle liggame verontreinig?

Wat sal God doen aan diegene wat hulle liggame verontreinig?

Let wel:   Enige bestanddele, middels of ongesonde aktiwiteite wat die liggaam beskadig of 'n mens se lewe verkort, moet opsy gesit word. Stadige selfmoord is steeds selfmoord. Dit sluit skadelike middels in (soos tabak in al sy vorms) en baie gewilde drankies wat 'n gewilde, maar hoogs nadelige dwelm, genaamd kafeïen bevat. God sê dat Hy mense sal vernietig wat bewustelik hulle liggaam tempels verwoes.


Watter soogdiere mag die mens eet volgens God?

Let wel:   Om dinge vir ons eenvoudig te maak, het God alle lewende wesens in een van twee kategorieë geplaas: rein (skoon) en onrein (vuil). Hy laat ons toe om die wat skoon is te eet, maar beveel ons dat die onrein diere nie geëet mag word nie. Alle soogdiere wat rein (skoon) is, het twee eienskappe. Hulle moet (1) gekloofde (gesplitste) hoewe (kloue) hê, en (2) herkou. Byvoorbeeld, 'n vark het gekloofde hoewe, maar herkou nie, so dit is onrein.


Watter tipes vis en seekos is skoon?

Let wel:   Die meeste visse is skoon vir kos. Maar die paling, haai en katvis is egter uitsonderings. Alle wesens in die water wat nie albei vinne en skubbe het nie is onrein en moet nie geëet word nie. Voorbeelde hiervan is skulpvis, skilpaaie, paddas, garnale, oesters, ens.


Watter voëls is onrein?

Let wel:   Die lys in Levitikus 11 dui aan dat roofvoëls, aasvoëls en viseters onrein is. Maar al die voëls soos kwartels, hoenders en kalkoene is rein (skoon).


Is die wette oor rein (skoon) en onrein diere deel van Moses se seremoniële wet wat by die kruis geëindig het?

Let wel:   Nee, God se kategorieë van rein (skoon) en onrein diere bestaan al sedert die skepping. Noag was beveel om skoon diere by die sewes in die ark te bring en onrein diere slegs twee. Dit was lank voor Moses se wet.


Sê God dat om onrein voedsel te eet 'n ernstige oortreding is?

Let wel:   Ja! Die Bybel is te eenvoudig en duidelik om verkeerd te verstaan. By Sy wederkoms sal die Here diegene vernietig wat weet wat Sy Woord vereis, maar nog varkvleis en ander onrein voedsel eet.


Wat is 'n goeie basiese gesondheidsreël vir Christene?

Let wel:   Selfbeheersing beteken om dinge wat skadelik is heeltemal te vermy en om dit wat goed is matig te gebruik.


Is die Bybel se gesondheidsbeginsels vandag nog prakties?

Let wel:   Die gesondheidswette wat God duisende jare gelede aan Sy mense gegee het, was wetenskaplik ver voor hulle tyd. Net in onlangse jare het ons werklik besef hoe groot die voordele is wat hulle bied!


Sal mense in die hemel diere doodmaak en eet?

Let wel:   Al wat Adam en Eva verloor het toe sonde ingekom het, sal herstel word in God se nuwe koninkryk, insluitende die oorspronklike vegetariese dieet. Daar sal geen diere in die nuwe aarde geslag of verslind word nie.


Hoe kan ek dieët- en gesondheidsveranderinge maak wat die Here sal behaag?

Let wel:   Wanneer ons besluit om God se gesondheidswette te gehoorsaam, plaas Hy 'n nuwe gees in ons wat ons die krag gee wat nodig is om gesond te lewe (Johannes 1:12).