Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

Rus die land

Rus die landLesson 12

Inleiding
Ons wêreld was aanvanklik geskape met perfekte balans in die natuur. Mense, diere en plante het saam geleef in harmonie met mekaar. Maar toe kom die sonde en alles het verander. Die mens het begin diere eet, diere het mekaar begin eet. Dorings en distels het orals uitgespruit. Die verderf van sonde het selfs die vrugbare grond uitgeput. God het aan Kain gesê, "As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie." Genesis 4:12.

Dit is een van die redes waarom die Here Israel beveel het om die lande te laat rus elke sewende jaar (Eksodus 23:10, 11). Sodoende sou die land kans gegun word om vrugbaarheid te herwin en 'n oes aan die armes voorsien. Maar meeste van God se mense het hierdie wet geïgnoreer of eenvoudig geweier om dit te gehoorsaam. Toe kom daar 'n dag van vreeslike oordeel. Nebukadnésar, die Babiloniese koning, het na Juda opgetrek en almal wat teen hom gerebelleer het tereggestel. Ander was in ballingskap weggedra na die goue stad van Babilon. Intussentyd het die land van Israel braak gelê "totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak." 2 Kronieke 36:21. Aan die einde van die 70 jaar, het die oorlewendes teruggekeer na Kanaan en weer in Israel die grond bewerk.

Vir 6,000 jaar nou al, saai Jesus die saad van die evangelie. Die Bybel keer ons "dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag." 2 Petrus 3:8. Spoedig sal Koning Jesus die wêreld oes. Sommige sal sterf met die aanskoue van die heerlikheid van Sy wederkoms, en die res sal weggeneem word na sy goue stad. Dan sal hierdie moeë planeet 'n 1000 van rus geniet!
Watter gebeurtenisse merk die begin van die 1000 jaar?

Watter gebeurtenisse merk die begin van die 1000 jaar?

Let wel:   Die duisend jaar van Openbaring 20 word dikwels die millennium genoem. Die woord "millennium" is eenvoudig 'n Latynse samestelling uit twee woorde: "milli", wat beteken "duisend" en "annum", wat beteken "jare." Die wederkoms van Jesus en die opstanding van die regverdiges merk die begin van die 1000 jaar. Die heiliges van alle ouderdomme (beskryf as "salig en heilig" in vers 6) sal opgewek word in hierdie eerste opstanding.

Wat sal nog gebeur tydens die eerste opstanding?

Wat sal nog gebeur tydens die eerste opstanding?

Let wel:   Sien die 1000-jaar kaart aan die einde van die les vir 'n opsomming van die gebeure wat sal plaasvind soos die 1000 jaar begin.

Wie sal opgewek word in die tweede opstanding, en wanneer sal dit plaasvind?

Wie sal opgewek word in die tweede opstanding, en wanneer sal dit plaasvind?

Let wel:   Die goddelose word opgewek in die tweede algemene opstanding aan die einde van die 1000 jaar.

Wat is die toestand van die aarde gedurende die 1000 jaar?

Wat is die toestand van die aarde gedurende die 1000 jaar?

Let wel:   Die aarde sal heeltemal verwoes word deur die aardbewing en haelstorm wat gaan gebeur tydens Jesus se wederkoms. Die aarde sal in duisternis gelaat word. Dooie mense sal oor die aarde se oppervlakte gestrooi lê, met niemand wat rou nie, want niemand sal lewendig op die aarde gelaat word nie. Die regverdiges sal almal in die hemel wees, en die goddelose sal almal dood wees. (Sien aanvulling “Die Afgrond”)

Waar sal die heiliges gedurende die 1000 jaar wees en wat sal hulle doen?

Waar sal die heiliges gedurende die 1000 jaar wees en wat sal hulle doen?

Let wel:   Gedurende die 1000 jaar sal die heiliges in die hemel wees en aan die oordeel deelneem. Hulle sal nie besluit wie gered of verlore is nie, want God sal dit reeds bepaal het. Hulle sal eenvoudig die oordele van God bevestig. “omdat u regverdige dade openbaar geword het” Openbaring 15:4. Die regverdigheid van God se straf vir die goddelose sal bevestig word, asook die beloning vir die regverdiges (Openbaring 22:11-12). Hierdie fase van die oordeel is tot voordeel van die heiliges. Byvoorbeeld, veronderstel jy kom in die hemel en ontdek dat jou geliefde pastoor nie daar is nie - tog is 'n berugte misdadiger daar! Jy sal waarskynlik 'n verduideliking benodig. Die engele sal ons deur die rekordboeke lei om enige twyfel op te los. Aan die einde van hierdie fase van die oordeel, sal almal heeltemal oortuig wees van God se geregtigheid, liefde en Sy onselfsugtige behandeling van almal. Hulle sal verklaar, “sy oordele is waaragtig en regverdig" Openbaring 19:2. (Sien aanvulling getiteld "Die 1000-jaar kaart.")

Wat sal gebeur aan die einde van die 1000 jaar?

Wat sal gebeur aan die einde van die 1000 jaar?

Let wel:   Teen die einde van die 1000 jaar sal die Nuwe Jerusalem, met die heiliges binnekant, vanuit die hemel neerdaal en land op die Olyfberg. Die Here sal die heuwel plat maak om 'n groot vlakte vir die stad se landingsplek te maak.


Wat sal volgende gebeur om Satan uit sy tronk te bevry?

Let wel:   Nadat die goddelose opgewek word, sal Satan weereens vry wees om hulle te mislei en te manipuleer.


Wat sal Satan doen wanneer die goddelose opgewek word?

Let wel:   Satan sal mense mislei om te glo dat hy onregverdiglik uit die hemel verwyder was en dat hulle saam die stad kan oorneem en beheer. As hulle besef dat hulle uit die heilige stad gesluit word, sal die goddelose 'n aanval organiseer om die Nuwe Jerusalem te oorwin.


Op hierdie belangrike oomblik, wat sal alles stop?

Let wel:   God se troon sal skielik in die hemel bo die stad verskyn, en die finale fase van die oordeel sal dan begin. Die aanval op die stad van God word dus onmiddellik tot stilstand gebring. Die boeke sal geopen word, en elke persoon se lewe sal voor hom/haar gewys word. Alles sal oop wees vir die goddeloses en regverdiges om te sien (Lukas 12:2-3).


Wat sal gebeur na die oordeel van die goddelose?

Let wel:   Die goddelose sal almal vrylik erken dat God reg en regverdig was en dat Hy desperaat probeer het om hulle te red, maar hulle het openlik gekies om Hom te verwerp en 'n selfsugtige lewe van sonde te leef. Na hierdie universele erkenning sal die sonde-stryd vir ewig uitgesorteer wees en dit sal veilig wees om sondaars te vernietig.


Wat sal dan volgende gebeur?

Let wel:   God se vuur val dan op die goddelose en vorm 'n groot poel van vuur oral om die stad van God. Hierdie vuur sal al die goddelose brand na as (Maleagi 4:3). Die duiwel het geen beheer oor hierdie vuur, wat die hel genoem word, nie. Hy en sy engele sal ook in die vuur gestraf word en in as verander word (Openbaring 20:10; Esegiël 28:18). Daar is geen opstanding uit hierdie vuur nie, en daarom word dit die tweede dood genoem (Openbaring 20:14).


Wanneer die vuur uitgaan, wat sal God vir sy mense doen?

Let wel:   Aan die einde van die 70 jaar Babiloniese ballingskap het die kinders van Israel teruggekeer na die beloofde land en die stad herbou. Na die millennium sal die heiliges sien hoe Jesus 'n nuwe hemel (atmosfeer) en 'n perfekte nuwe aarde skep waar sonde nooit weer sal opkom nie (Nahum 1:9). Die paradys wat Adam en Eva deur sonde verlore het sal in al sy Edense glorie herstel word. Vrede, vreugde, liefde en perfekte geluk sal vir ewig aan God se volk behoort!


Waar sal God en die regverdiges uiteindelik lewe?

Let wel:   Beide God die Vader en God die Seun sal saam met hulle heiliges op die nuwe aarde leef. Dink net daaraan om God as jou buurman te hê!