Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

‘n Rivier van Lewe

‘n Rivier van LeweLesson 11

Inleiding
Naäman was 'n dapper, ryk en beroemde aanvoerder van die Siriese (Aramese) leër wat melaats geword het, die mees gevreesde siekte toestand van die bybelse tye. 'n Melaatse sou 'n eensame, stadige en droewige dood sterf. 'n Jong Hebreeuse slavin in Naäman se huis het gesê dat die profeet Elisa in Israel vir Naäman sou genees, as hy tog maar net na hom sou gaan

Uit radeloosheid het Naäman na Israel gereis, vergesel deur sy lyfwagte en 'n ryke beloning as vergoeding vir die wonderwerk van genesing. Toe Naäman uiteindelik voor die nederige huis van die profeet te staan kom, het Elisa nie eens na buite getree nie. Instede het hy sy kneg met eenvoudige instruksies gestuur: "Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees." 2 Konings 5:10.

Die profeet se opdrag het geïmpliseer dat Naäman vuil was! Beopdrag om sewe maal te was in die modderige Jordaan, dit was te veel vernedering vir die trotse generaal om te verduur. Kwaad het Naäman sy perd omgepluk en begin terugry, maar die pad na Damaskus het langs die Jordaanrivier verbygeloop. Soos hy daarlangs reis het sy lyfwagte met hom gepleit om tog te doen wat die profeet beopdrag het. Hy het van sy perd afgeklim, sy wapenrusting uitgetrek, sy melaatse lyf ontbloot, en stadig die waters van die Jordaan betreë. Ses maal het hy onder die waters geduik, en niks gebeur nie; maar met die sewende maal het sy vlees teruggekeer soos die vlees van ‘n jong seun, en hy het rein geword.

Net soos Naäman 'n reiniging ervaar het, so kan u ook 'n herskepping en hervorming in u lewe ervaar
Watter Nuwe Testamentiese profeet het die Jordaanrivier gebruik om te doop of te reinig?

Watter Nuwe Testamentiese profeet het die Jordaanrivier gebruik om te doop of te reinig?

Let wel:   Die evangelies begin en eindig met die onderwerp van die doop. Dit is duidelik dat dit 'n baie belangrike onderwerp vir Jesus is (Mattheus 28:18-19).

Watter glorieryke Bybelseremonie simboliseer 'n

Watter glorieryke Bybelseremonie simboliseer 'n "reiniging" van die melaatsheid van sonde?

Let wel:   Die Bybel instelling van die doop simboliseer (1) die afwassing van die sonde van mens se lewe, sowel as (2) die nuwe geboorte.

Volgens die Bybel, hoeveel verskillende soorte doop is aanvaarbaar?

Volgens die Bybel, hoeveel verskillende soorte doop is aanvaarbaar?

Let wel:   Ten minste 15 verskillende seremonies word vandag die doop genoem, maar volgens die Bybel is daar net een ware doop.

Wat beteken die woord

Wat beteken die woord "doop"?

Let wel:   Die Griekse woord "baptizo" beteken "onderlaag", "duik onder" of "onderdompel". 'n Persoon is nie gedoop tensy hy heeltemal onderdompel, of begrawe, in water is nie. Hierdie woord "baptizo" word altyd in die Bybel gebruik met verwysing na die heilige instelling van die doop. Die Griekse woorde vir "besprinkeling" of "giet" word nooit gebruik nie.

Jesus is ons voorbeeld. Hoe was Hy gedoop?

Jesus is ons voorbeeld. Hoe was Hy gedoop?

Let wel:   Johannes het Jesus gedoop deur onderdompeling in dieselfde rivier waar Naäman gereinig is van melaatsheid. Let daarop dat hulle "in" die Jordaanrivier was (nie op die rivieroewer nie) en dat Jesus uit die water uitgekom het. Dit is waarom Johannes gedoop het in "Enon naby Salim, omdat daar baie water was" Johannes 3:23. Christene moet die voorbeeld van Jesus volg (1 Petrus 2:21), wat gedoop is deur onderdompeling " om alle geregtigheid te vervul." Mattheus 3:15.

Hoe het Filippus die hofdienaar/staatsamptenaar (tesourier) van Ethiopië gedoop?

Hoe het Filippus die hofdienaar/staatsamptenaar (tesourier) van Ethiopië gedoop?

Watter ander waarhede word deur die doop gesimboliseer?

Watter ander waarhede word deur die doop gesimboliseer?

Let wel:   Die doop simboliseer Christus se dood, begrafnis en opstanding. Daar is eerstens dood van sonde, dan die begrawe van die ou lewe van sonde in die water, en uiteindelik die opstanding uit die water na 'n nuwe lewe. Die doop deur onderdompeling pas perfek by die simboliek. Die lewe van sonde sterf, dan is daar ‘n kort afwesigheid van asem terwyl die persoon wat gedoop word agteroor in die water leun tot die liggaam ten volle bedek, of begrawe, is in die water.

Dan word die persoon opgewek uit die water, met 'n vars asem soos 'n pasgebore baba, om 'n heeltemal nuwe lewe te leef - dit simboliseer die opstanding. Geen ander vorm van doop pas by hierdie Bybelsimboliek nie. Sommige sê hulle hou Sondag heilig ter ere van die opstanding, maar hierdie praktyk word nooit in die Bybel genoem nie.

Hoe belangrik is die doop?

Hoe belangrik is die doop?

Let wel:   Die doop is duidelik deur die Skrif vereis as noodsaaklik. Maar wanneer die doop onmoontlik is, soos dit vir die dief op die kruis was, dan gee Jesus daardie persoon krediet vir Sy doop (Mattheus 3:15).

Watter geseënde seremonie kan met die doop vergelyk word?

Watter geseënde seremonie kan met die doop vergelyk word?

Let wel:   Die doop is soos die huwelikseremonie. Die Bybel sê: "Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam” Jesaja 54:5. Soos 'n vrou haar man se naam in die huwelik neem, so neem die Christen vir Christus se naam – en dit is waarom hulle Christene genoem word. Albei seremonies moet gebaseer wees op liefde en toewyding as hulle betekenisvol gaan wees. Die doop is net so noodsaaklik vir die Christelike lewe as wat 'n troue is vir 'n huwelik.


Watter opdrag het Jesus net voor sy hemelvaart aan Sy volgelinge gegee?

Let wel:   Petrus het hierdie opdrag gevolg toe hy op Pinksterdag aan die berouvolle mense gesê het, “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus” Handelinge 2:38.


Watter Bybelse kwalifikasies moet die doop voorafgaan?

Let wel:   Aangesien 'n baba nie aan enige van die bogenoemde stappe kan voldoen nie, is dit natuurlik nie skriftelik om 'n kind te doop totdat hy oud genoeg is om die evangelie te verstaan nie.


Waar het al die valse vorms van die doop ontstaan?

Let wel:   Doop deur onderdompeling was die enigste vorm van doop wat tydens die Bybeltye en eeue na die kruis beoefen is. Misleide mans het ander vorms van doop bekendgestel ter wille van gerief. God se heilige instelling van die doop was verdraai en die waardevolle simboliese betekenis was verduister.


Wat sê die Bybel oor diegene wat die leerstellings van mense bo die waarheid van God stel?


Maar vervang die doop van die Heilige Gees nie die doop van onderdompeling deur water nie?

Let wel:   Nee! Let op dat terwyl Petrus gepreek het (Handelinge 10:44-48), die Heilige Gees op almal geval het wat geluister het al was hulle nie gedoop nie. Maar selfs al het hulle reeds die doop van die Heilige Gees ontvang, het Petrus daarop aangedring dat hulle ook in water gedoop moes word.


Is dit ooit aanvaarbaar om weer gedoop te word?

Let wel:   Eendag toe Paulus in Efese gepreek het, het hy 12 mans gevind wat deur Johannes die Doper gedoop is, maar wie nog nooit van die Heilige Gees gehoor het nie. So toe hulle hierdie aansienlike nuwe lig ontvang het, is hulle weer gedoop. Net so, as 'n persoon heeltemal sy Christelike ervaring verloor het, kan hy weer gedoop word wanneer Hy na die Here terugkeer. ‘n Persoon kan ook weer gedoop word as hulle nie volgens die Bybelse metode gedoop was nie.


Gaan die doop gepaard met die aansluit by 'n kerk?

Let wel:   Die Skrif is baie duidelik. Al God se mense word na een liggaam geroep, die kerk, en ons betree dit deur die doop. Na geboorte moet 'n baba in 'n gesin geplaas word vir koestering, beskerming en groei.


As ek die doop weier, wie se raad weier ek?


Toe Jesus gedoop was, wat het Sy Vader gesê?

Let wel:   Wanneer enige persoon kies om weg te draai van sonde en gedoop te word, dan is God baie gelukkig.