Rus die land

Lesson 12

Inleiding
Ons wêreld was aanvanklik geskape met perfekte balans in die natuur. Mense, diere en plante het saam geleef in harmonie met mekaar. Maar toe kom die sonde en alles het verander. Die mens het begin diere eet, diere het mekaar begin eet. Dorings en distels het orals uitgespruit. Die verderf van sonde het selfs die vrugbare grond uitgeput. God het aan Kain gesê, "As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie." Genesis 4:12.

Dit is een van die redes waarom die Here Israel beveel het om die lande te laat rus elke sewende jaar (Eksodus 23:10, 11). Sodoende sou die land kans gegun word om vrugbaarheid te herwin en 'n oes aan die armes voorsien. Maar meeste van God se mense het hierdie wet geïgnoreer of eenvoudig geweier om dit te gehoorsaam. Toe kom daar 'n dag van vreeslike oordeel. Nebukadnésar, die Babiloniese koning, het na Juda opgetrek en almal wat teen hom gerebelleer het tereggestel. Ander was in ballingskap weggedra na die goue stad van Babilon. Intussentyd het die land van Israel braak gelê "totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak." 2 Kronieke 36:21. Aan die einde van die 70 jaar, het die oorlewendes teruggekeer na Kanaan en weer in Israel die grond bewerk.

Vir 6,000 jaar nou al, saai Jesus die saad van die evangelie. Die Bybel keer ons "dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag." 2 Petrus 3:8. Spoedig sal Koning Jesus die wêreld oes. Sommige sal sterf met die aanskoue van die heerlikheid van Sy wederkoms, en die res sal weggeneem word na sy goue stad. Dan sal hierdie moeë planeet 'n 1000 van rus geniet!

Watter gebeurtenisse merk die begin van die 1000 jaar?
1. Watter gebeurtenisse merk die begin van die 1000 jaar?
1 Thessalonicense 4:16 Want die Here self sal van die hemel ________ met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

Openbaring 20:4-5 en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.


Let wel: Die duisend jaar van Openbaring 20 word dikwels die millennium genoem. Die woord "millennium" is eenvoudig 'n Latynse samestelling uit twee woorde: "milli", wat beteken "duisend" en "annum", wat beteken "jare." Die wederkoms van Jesus en die opstanding van die regverdiges merk die begin van die 1000 jaar. Die heiliges van alle ouderdomme (beskryf as "salig en heilig" in vers 6) sal opgewek word in hierdie eerste opstanding.

Wat sal nog gebeur tydens die eerste opstanding?
2. Wat sal nog gebeur tydens die eerste opstanding?
1 KORINTIËRS 15:51 Kyk, ek deel julle 'n verborgenheid mee; Ons sal nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 1 Korintiërs 15:52 In 'n oomblik, in 'n oogwink, by die laaste basuin, want die basuin sal weerklink, en die dooies sal onverganklik opgewek word, en ons sal ___________word

Filippense 3:21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam

2 Thessalonicense 2:8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak

Openbaring 16:18, 20-21 en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing… En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie; en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval

Openbaring 20:1-2 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank.


Let wel: Sien die 1000-jaar kaart aan die einde van die les vir 'n opsomming van die gebeure wat sal plaasvind soos die 1000 jaar begin.

Wie sal opgewek word in die tweede opstanding, en wanneer sal dit plaasvind?
3. Wie sal opgewek word in die tweede opstanding, en wanneer sal dit plaasvind?
Joh 5:28 Moenie jou hieroor verwonder nie, want daar kom 'n uur waarin almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor, Joh 5:29 en sal uitgaan; die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe; en die wat ___________ gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling

Openbaring 20:5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie.


Let wel: Die goddelose word opgewek in die tweede algemene opstanding aan die einde van die 1000 jaar.

Wat is die toestand van die aarde gedurende die 1000 jaar?
4. Wat is die toestand van die aarde gedurende die 1000 jaar?
Jesaja 24:1 Kyk, die HERE maak die aarde _______ en maak dit woes, en Hy keer dit onderstebo en verstrooi sy bewoners

Jeremia 4:23-26 Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie. Ek het na die berge gekyk, en hulle het gebewe, en al die heuwels het geskud. Ek het gekyk, en daar was geen mens nie, en al die voëls van die hemel het weggevlieg. Ek het gekyk, en die land van tuine was ‘n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die HERE, voor sy toorngloed.

Jeremia 25:33 En die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.


Let wel: Die aarde sal heeltemal verwoes word deur die aardbewing en haelstorm wat gaan gebeur tydens Jesus se wederkoms. Die aarde sal in duisternis gelaat word. Dooie mense sal oor die aarde se oppervlakte gestrooi lê, met niemand wat rou nie, want niemand sal lewendig op die aarde gelaat word nie. Die regverdiges sal almal in die hemel wees, en die goddelose sal almal dood wees. (Sien aanvulling “Die Afgrond”)

Waar sal die heiliges gedurende die 1000 jaar wees en wat sal hulle doen?
5. Waar sal die heiliges gedurende die 1000 jaar wees en wat sal hulle doen?
Joh 14:3 En as Ek gaan en vir julle plek gereed maak, sal Ek terugkom en julle vir My aanneem; sodat _____ __ __, daar ook julle kan wees

Openbaring 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee… en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

1 Korinthiërs 6:2-3 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? … Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?


Let wel: Gedurende die 1000 jaar sal die heiliges in die hemel wees en aan die oordeel deelneem. Hulle sal nie besluit wie gered of verlore is nie, want God sal dit reeds bepaal het. Hulle sal eenvoudig die oordele van God bevestig. “omdat u regverdige dade openbaar geword het” Openbaring 15:4. Die regverdigheid van God se straf vir die goddelose sal bevestig word, asook die beloning vir die regverdiges (Openbaring 22:11-12). Hierdie fase van die oordeel is tot voordeel van die heiliges. Byvoorbeeld, veronderstel jy kom in die hemel en ontdek dat jou geliefde pastoor nie daar is nie - tog is 'n berugte misdadiger daar! Jy sal waarskynlik 'n verduideliking benodig. Die engele sal ons deur die rekordboeke lei om enige twyfel op te los. Aan die einde van hierdie fase van die oordeel, sal almal heeltemal oortuig wees van God se geregtigheid, liefde en Sy onselfsugtige behandeling van almal. Hulle sal verklaar, “sy oordele is waaragtig en regverdig" Openbaring 19:2. (Sien aanvulling getiteld "Die 1000-jaar kaart.")

Wat sal gebeur aan die einde van die 1000 jaar?
6. Wat sal gebeur aan die einde van die 1000 jaar?
Sagaria 14:1 Kyk, die dag van die HERE kom, en jou buit sal in jou midde verdeel word. Sagaria 14:4 En sy voete sal in dié dag staan ​​op die ______ wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant, en die Olyfberg sal in die middel daarvan kloof na die ooste en na die weste, en daar sal 'n baie groot vallei; en die helfte van die berg sal wegtrek na die noorde en die helfte daarvan na die suide. Sagaria 14:5 En julle sal vlug na die dal van die berge; want die dal van die berge sal tot by Asal strek; ja, julle sal vlug soos julle gevlug het voor die aardbewing in die dae van Ussia, die koning van Juda, en die HERE my God sal kom, en al die heiliges saam met jou. Sagaria 14:9 En die HERE sal koning wees oor die hele aarde; in dié dag sal daar een HERE wees en sy Naam een

Openbaring 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.


Let wel: Teen die einde van die 1000 jaar sal die Nuwe Jerusalem, met die heiliges binnekant, vanuit die hemel neerdaal en land op die Olyfberg. Die Here sal die heuwel plat maak om 'n groot vlakte vir die stad se landingsplek te maak.
7. Wat sal volgende gebeur om Satan uit sy tronk te bevry?
Openbaring 20:5 Maar die res van die dooies het nie weer lewend gemaak voordat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.

Openbaring 20:7 En as die duisend jaar verby is, sal die Satan uit sy gevangenis __________ word


Let wel: Nadat die goddelose opgewek word, sal Satan weereens vry wees om hulle te mislei en te manipuleer.
8. Wat sal Satan doen wanneer die goddelose opgewek word?
Openbaring 20:8 en sal uittrek om die nasies te _______ wat in die vier hoeke van die aarde is, Gog en Magog, om hulle bymekaar te bring vir die oorlog; hulle getal is soos die sand van die see. Openbaring 20:9 En hulle het opgetrek oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verteer

Let wel: Satan sal mense mislei om te glo dat hy onregverdiglik uit die hemel verwyder was en dat hulle saam die stad kan oorneem en beheer. As hulle besef dat hulle uit die heilige stad gesluit word, sal die goddelose 'n aanval organiseer om die Nuwe Jerusalem te oorwin.
9. Op hierdie belangrike oomblik, wat sal alles stop?
Openbaring 20:11 En ek het 'n groot wit _______ gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. Openbaring 20:12 En ek het die dooies, klein en groot, voor God sien staan; en die boeke is geopen, en 'n ander boek is geopen, dit is die boek van die lewe; en die dooies is geoordeel uit wat in die boeke geskrywe is, volgens hulle werke

Let wel: God se troon sal skielik in die hemel bo die stad verskyn, en die finale fase van die oordeel sal dan begin. Die aanval op die stad van God word dus onmiddellik tot stilstand gebring. Die boeke sal geopen word, en elke persoon se lewe sal voor hom/haar gewys word. Alles sal oop wees vir die goddeloses en regverdiges om te sien (Lukas 12:2-3).
10. Wat sal gebeur na die oordeel van die goddelose?
Rom 14:11 Want daar is geskrywe: So waar as Ek leef, spreek die Here, voor My sal elke knie _______, en elke tong sal God bely.

Filippense 2:10-11 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Openbaring 19:1-2 En ná hierdie dinge het ek iets soos ‘n groot stem van ‘n groot menigte in die hemel gehoor wat sê… sy oordele is waaragtig en regverdig


Let wel: Die goddelose sal almal vrylik erken dat God reg en regverdig was en dat Hy desperaat probeer het om hulle te red, maar hulle het openlik gekies om Hom te verwerp en 'n selfsugtige lewe van sonde te leef. Na hierdie universele erkenning sal die sonde-stryd vir ewig uitgesorteer wees en dit sal veilig wees om sondaars te vernietig.
11. Wat sal dan volgende gebeur?
Openbaring 20:9 En hulle het opgetrek oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en _____ het van God uit die hemel neergedaal en hulle verteer

Openbaring 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp


Let wel: God se vuur val dan op die goddelose en vorm 'n groot poel van vuur oral om die stad van God. Hierdie vuur sal al die goddelose brand na as (Maleagi 4:3). Die duiwel het geen beheer oor hierdie vuur, wat die hel genoem word, nie. Hy en sy engele sal ook in die vuur gestraf word en in as verander word (Openbaring 20:10; Esegiël 28:18). Daar is geen opstanding uit hierdie vuur nie, en daarom word dit die tweede dood genoem (Openbaring 20:14).
12. Wanneer die vuur uitgaan, wat sal God vir sy mense doen?
Jesaja 65:17 Want kyk, Ek _____ nuwe hemele en 'n nuwe aarde, en aan die voriges sal nie gedink word en nie in die gedagtes opkom nie

2 Petrus 3:13 Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.


Let wel: Aan die einde van die 70 jaar Babiloniese ballingskap het die kinders van Israel teruggekeer na die beloofde land en die stad herbou. Na die millennium sal die heiliges sien hoe Jesus 'n nuwe hemel (atmosfeer) en 'n perfekte nuwe aarde skep waar sonde nooit weer sal opkom nie (Nahum 1:9). Die paradys wat Adam en Eva deur sonde verlore het sal in al sy Edense glorie herstel word. Vrede, vreugde, liefde en perfekte geluk sal vir ewig aan God se volk behoort!
13. Waar sal God en die regverdiges uiteindelik lewe?
Matteus 5:5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die _____ beërwe

Openbaring 21:3 Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon


Let wel: Beide God die Vader en God die Seun sal saam met hulle heiliges op die nuwe aarde leef. Dink net daaraan om God as jou buurman te hê!
Aanvulling
Die 1,000 Jaar Grafiek

Gebeure aan die begin van die 1,000 jaar:

1. Jesus keer terug VIR sy heiliges, en die regverdige dooies word opgewek.
2. Die bose sterf ten aanskoue van die Here se wederkoms, verwoestende aardbewing en hael gaan daarmee gepaard.
3. Lewende regverdiges verander, word in Wolfe weggevoer die Here tegemoet in die lug.
4. Wolke dra regverdiges hemel toe.

Omstandighede en gebeure tydens die 1,000 jaar:

1. Heiliges in die hemel neem deel aan die oordeel van die bose. 2. Satan en sy engele word gedwing om in totale duisternis op hierdie aarde te bly.
3. Geen mense leef op die aarde nie.

Gebeure aan die einde van die 1,000 jaar:<

1. Jesus keer terug MET sy heiliges, en die heilige stad daal neer op die Olyfberg.
2. Die bose word opgewek, en Satan oortuig hulle om die heilige stad aan te val.
3. Die oordeel word gevel, en die bose word gestraf deur verterende vuur vanuit die hemel.
4. God skep 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde op die as van die gereinigde planeet.

Die afgrond (bodemlose put)

Die afgrond (in Engels, "bodemlose put") van Openbaring 20:1 word gereeld verkeerd verstaan. Dit word vertaal vanaf die Griekse woord "abusos," vanwaar die Engelse woord "abyss", in Afrikaans "afgrond". In die Griekse Ou Testament, verwys hierdie woord na die vormlose, donker aarde soos dit was voor die skepping. "En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed" Genesis 1:2. Die woord "abusos" word ook in Lukas 8:31 gebruik om te verwys na 'n toestand waar demone niemand kan manipuleer of beset nie.

Gedurende die 1,000 jaar, is die duiwel gebind deur omstandighede, "sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie " Openbaring 20:3. 'n Letterlike ketting kan tog nie 'n geestelike wees bind nie. Slegs een ding kan hom verhoed om mense te versoek, en dit is as niemand meer leef nie! Wanneer Jesus terugkeer, is die bose almal dood en die heiliges in die hemel, so Satan en sy engele is beperk tot hierdie planeet met niemand om te versoek nie. Vir 'n 1,000 jaar sal hulle die vrugte van hulle rebellie aanskou. Wat 'n bittere ketting van omstandighede? Op die manier word Satan en sy engele gebind. "En hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in ‘n kuil en bewaar word in ‘n kerker; maar ná baie dae sal daar op hulle ag gegee word." Jesaja 24:22.