Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

Die Koning Kom

Die Koning KomLesson 3

Inleiding
Atália, die genadelose koningin van Juda, was selfs meer goddeloos as haar ma, Isébel. Toe haar seun Ahásia sterf, het sy vinnig die beheer oor die koninkryk geneem deur al haar kleinseuns, wat in haar plek kon heers, tereg te stel. "Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie. En hy was saam met haar in die huis van die HERE verborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer." 2 Konings 11: 2,3.

Ses jaar lank het net 'n handjievol betroubare mense geweet dat die koninklike kind in die tempel van God versteek was. Jojada, die hoëpriester, het die jong Joas liefgehad en opgelei soos sy eie seun. Vir ses jaar het Jojada beplan vir die gepaste oomblik en gebid om die eintlik troonopvolger aan die mense voor te stel. Uiteindelik ontbied die ou priester in die geheim getroue kapteins van die leër en onthul die jongste seun van Ahasia.

Hulle het besluit om te wag tot Vrydagaand, toe al die getroue mense na die tempel sou kom vir die aanbidding van die Sabbat, om die jong koning aan hulle voor te stel. Met honderde gewapende soldate aan elke kant, het Jojada die erfgenaam van Dawid se troon voor die skare gebring en hom voorgestel. Aanvanklik was die mense verbaas, maar toe hulle die koninklike kroon op sy kop sien rus, het hulle "met die hande geklap en gesê: Mag die koning lewe!" 2 Konings 11:12.

Toe die goddelose Atália die geluid van basuine en die mense se gejuig hoor, kom sy die tempel ingehardloop net om te ontdek dat haar skrikbewind verby is. Daardie dag is sy en haar volgelinge vermoor, en Joas het die koninkryk ontvang.

Die Bybel vertel ons dat 'n ander seun van Dawid binnekort uit die hemelse tempel sal verskyn te midde van die basuine wat blaas om sy regmatige koninkryk te ontvang en die goddelose te vernietig.
Wie is die koning wat binnekort vanuit die tempel in die hemel gaan verskyn?

Wie is die koning wat binnekort vanuit die tempel in die hemel gaan verskyn?

Wanneer Jesus terug keer, sal dit 'n geheim wees?

Wanneer Jesus terug keer, sal dit 'n geheim wees?

Let wel:   Storms is nie stil nie. Duidelik sal die wederkoms van Jesus onbeskryflik lawaaierig wees. Dit sal nie ‘n geheim wees nie!

Watter ander fisiese kenmerke sal met Jesus se wederkoms gepaardgaan?

Watter ander fisiese kenmerke sal met Jesus se wederkoms gepaardgaan?

Wie sal Jesus sien wanneer Hy weer kom?

Wie sal Jesus sien wanneer Hy weer kom?

Let wel:   Dit is te duidelik om verkeerd te verstaan. Elke persoon wat lewe, goddeloos of regverdig, sal Jesus sien terugkeer na die aarde. 'n Geheime insameling, of "wegraping" van God se mense is nie wat die Bybel leer nie.

Wie sal Jesus vergesel wanneer Hy kom op die wolke?

Wie sal Jesus vergesel wanneer Hy kom op die wolke?

Let wel:   Die helderheid van die Here se wederkoms sal die helderheid van ‘n atoombom bleek laat lyk. By Jesus se graf het die helderheid van een engel al die Romeinse wagte laat val soos dooie manne (Mattheus 28:2-4). Die helderheid van al die engele by Jesus se wederkoms sal dit te helder maak vir enige iemand om te mis. Dan sal daar nog die fantastiese heerlikheid van Jesus en die Vader ook wees (Lukas 9:26). Jesus se wederkoms sal wees soos ‘n weerligstraal wat slaan van die ooste na die weste (Mattheus 24:27).

Wat sal die helderheid en glans van Jesus se koms doen aan die lewende goddelose?

Wat sal die helderheid en glans van Jesus se koms doen aan die lewende goddelose?

Wanneer Jesus kom, wat sal met die regverdige dooies gebeur?

Wanneer Jesus kom, wat sal met die regverdige dooies gebeur?

Wat sal dan met die lewende en opgewekte regverdiges gebeur?

Wat sal dan met die lewende en opgewekte regverdiges gebeur?

Let wel:   Niemand, behalwe God, het nou onsterflikheid nie (1 Timotheus 6:15, 16). Maar dit sal gegee word as 'n gratis geskenk aan die regverdiges wanneer Jesus kom. Hulle liggame sal ook verander word in die hemelse, onverganklike liggame, soos dié van Jesus (Fil. 3:20, 21).

Na hulle verander is, wat sal met die regverdiges gebeur?

Na hulle verander is, wat sal met die regverdiges gebeur?

Let wel:   God se heiliges sal die Here ontmoet in die lug. Jesus sal nie aan die aarde raak by sy wederkoms nie. Hy sal nie op die aarde verskyn soos baie glo nie. Sy wederkoms sal in die lug voorkom, en nie op die aarde voorkom nie.


Watter belangrike waarskuwing gee Jesus oor sy tweedekoms?

Let wel:   Satan sal Christus se wederkoms verpersoonlik deur op die aarde te verskyn as 'n heerlike wese, en hy sal biljoene mislei. Jesus het ons gewaarsku dat Hy die aarde glad nie sal raak tydens sy wederkoms nie, maar net in die lug sal bly. Die skitterende misleidings van Satan sal so oortuigend wees dat meeste mense mislei sal word.


Wat sal die regverdiges beskerm sodat hulle nie mislei word nie?

Let wel:   God se mense sal nie mislei word nie, omdat hulle sal weet hoe Jesus sal kom deur Sy Woord te bestudeer (Handelinge 17:11). Enige verskynsel wat nie in ooreenstemming met die Skrif is nie, is vals en moet verwerp word. Jesus waarsku ons vooraf.

Mattheus 24:25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.


Sal dit veilig wees om ‘n valse Christus te gaan sien?


Wat kan ons weet omtrent die tyd van Jesus se wederkoms?

Let wel:   Net God weet die presiese tyd van die wederkoms. Alle voorspelling van datums is nie in harmonie met die Bybel nie. Maar Jesus het dit duidelik gestel dat wanneer ons die tekens van Sy wederkoms sien vervul word (Matt 24:4-51; Lukas 21:8-33; en 2 Timotheus 3:1-8), kan ons weet dat Sy koms baie naby is - selfs by die deure.


Wat sal die engele doen by Jesus se wederkoms?

Let wel:   Jou beskermengel (Mathteus 18:10) sal waarskynlik die eerste wees om jou te groet by Jesus se wederkoms. Wat 'n geseënde gedagte! Geen wonder die Bybel noem die wederkoms die "salige hoop" nie (Titus 2:13)!


Aangesien ons leef net voor die heerlike wederkoms van Jesus, hoe behoort ons op te tree?


Hoe sal mense beloon word by Jesus se wederkoms?

Let wel:   Mense sal gered word deur genade, maar beloon word op grond van hul gedrag/werke, nie op hul belydenis nie (Mattheus 7:21-23).


Wat sal die goddeloses sê wanneer Jesus verskyn?

Let wel:   Gedurende hierdie gruwelike finale aardbewing, sal die bang goddeloses verkies dat die rotse en berge op hulle val eerder as om onvoorbereid in die aangesig van Koning Jesus te kyk.


Wat sal die regverdiges sê wanneer Jesus verskyn?


Wat is die hoof doel van Jesus se wederkoms?

Let wel:   Jesus se mees opwindende doel in Sy terugkeer na die aarde is om Sy kinders te neem na die heerlike huis wat Hy vir hulle voorberei het. Vir ewig sal daar geen meer trane, ellende, hartseer of siekte wees nie, maar eerder vreugde en vrede vir ewig.