Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

Die Rebelse Prins

Die Rebelse PrinsLesson 4

Inleiding
Absalom was die aantreklikste, listigste en mees ambisieuse seun van Dawid. Die Bybel sê: "En in die hele Israel was daar geen man so mooi soos Absalom, so geprys nie: van sy voetsool af tot sy hoofskedel toe was daar geen gebrek aan hom nie." 2 Samuel 14:25.

Maar hierdie vasberade jong prins wou meer hê as net die bewondering van die mense oor sy pragtige voorkoms. Hy wou die mag van die troon van sy vader hê. Hy wou koning van Israel wees- en dit, teen enige prys. Eers het Absalom sy ouer broer, Amnon, vermoor nadat Amnon sy suster Tamar onteer het. Amnon was Dawid se eersgebore seun en eerste in die ry as troonopvolger. Nadat Absalom weer sy vader se guns gewen het, het hy in die hele koninkryk subtiele saadjies van twyfel in Dawid se leierskap, oordele en wette gesaai, totdat hy 'die hart van die manne van Israel gesteel het'. 2 Samuel 15:6.

Uiteindelik het sy geslepe plan in volslae rebellie uitgebars toe Absalom sy eie vader probeer vermoor en 'n staatsgreep probeer uitvoer het. Dawid en sy volgelinge is toe gedwing om uit Jerusalem te vlug. Maar ná 'n hewige geveg 'n paar dae later was Dawid weer veilig op sy troon, en die aantreklike prins Absalom was dood.

Inderdaad 'n hartseer verhaal, maar dit was nie die eerste so 'n koningsgesinsvete nie. In 'n ander groot koninkryk lank gelede het baie soortgelyke gebeure gelei tot die mees tragiese opstand van alle tye. Daardie koninkryk word genoem- die hemel!
Wat was die naam van die rebelse prins in die hemel, en hoekom het hy gerebelleer?

Wat was die naam van die rebelse prins in die hemel, en hoekom het hy gerebelleer?

Let wel:   Lucifer, die môrester, was die kragtigste en pragtigste van God se skepsels. Hy was die hoof van die engele en het waarskynlik die hemelse koor gelei. Maar hy het toegelaat dat sy skoonheid hom met trots vul. (Sien aanvulling getiteld “Satan gesimboliseer deur die konings van Tirus en Babilon.”)

Het God ‘n duiwel gemaak toe Hy die engel Lucifer geskape het?

Het God ‘n duiwel gemaak toe Hy die engel Lucifer geskape het?

Let wel:   God het 'n volmaakte engel gemaak wat uit sy eie vrye wil gekies het om 'n duiwel te wees. Dit kan moeilik wees om nou te dink, maar as ons vir Satan geken het voor sy val, sou ons lief gewees het vir hom. Ons weet nie presies hoe lank nie, maar Satan het moontlik God gedien met blydskap vir jare voordat hy begin het om trots en wrok te koester in sy hart. Die Here kon al Sy wesens soos robotte gemaak het, maar 'n robot kan nooit lief hê nie. Ware liefde moet bereid wees om ‘n risiko te neem. Dit is die rede waarom ouers besluit om kinders te hê al weet hulle dat die kinders enige tyd kan kies om ongehoorsaam te wees.

God het Satan toegelaat om sy rebellie uit te voer vir 'n paar redes. Eerstens, om vir ewig die vraag te beantwoord van of God Sy skepsels maak met die vryheid van keuse. Tweedens, as God Satan vernietig het sodra hy begin twyfel versprei het oor God se liefde en regering, dan sou al die ander intelligente wesens vir ewig onbeantwoorde vrae gehad het. Hulle sou gedink het, “Miskien was Lucifer reg.” Daarom was Satan toegelaat om te wys hoe verskriklik die gevolge van sonde is. Onthou, God wil nie hê Sy skepsels moet Hom bloot gehoorsaam omdat Hy hulle gaan straf as hulle dit nie doen nie. Hy wil hê ons moet gehoorsaam wees uit die beginsel van liefde eerder as uit vrees.

Wat het uiteindelik gebeur?

Wat het uiteindelik gebeur?

Let wel:   Satan en die engele wat saam met hom gekant het was uit die hemel geskors.

Watter kragtige wesens werk onder die duiwel se mag?

Watter kragtige wesens werk onder die duiwel se mag?

Let wel:   Satan is so skelm dat hy in staat was om 'n derde van die engele van die hemele te mislei om hom te volg in sy rebellie teen God. Hierdie gevalle engele staan nou bekend as "duiwels" en "demone" en voer Satan se wil uit. In ons verhaal van Absalom het ons gesien dat hy net so min van sy eie vuil werk gedoen het. Absalom het beveel dat sy dienaars sy wense moes uitvoer.

2 Samuel 13:28 En Absalom het sy dienaars bevel gegee en gesê: Let tog op, net soos Amnon se hart vrolik is van die wyn en ek vir julle sê: Slaan Amnon dood! dan moet julle hom doodmaak. Wees nie bevrees nie; het ék julle dit nie beveel nie?

2 Samuel 14:30 Daarop sê hy aan sy dienaars: Kyk, Joab se stuk land is langsaan myne, en hy het gars daarop; gaan steek dit aan die brand.

Watter metodes gebruik Satan in sy werk?

Watter metodes gebruik Satan in sy werk?

Let wel:   In een opsig het Satan 'n voordeel bo God in die stryd tussen goed en kwaad. God gebruik net die waarheid, maar Satan kan waarheid of leuens in enige kombinasie gebruik om sy doel te dien. (Sien aanvulling getiteld “Verwag die onverwagte.”)

Wanneer is die duiwel die gevaarlikste?

Wanneer is die duiwel die gevaarlikste?

Let wel:   Net soos die duiwel het Absalom ook voorgegee dat hy belangstel in die mense se welsyn en geluk sodat hy hulle kan mislei.

2 Samuel 15:5-6 En elke keer as iemand nader kom om voor hom te buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom. Op dié manier het Absalom met al die Israeliete gehandel wat vir regspraak na die koning kom, sodat Absalom die hart van die manne van Israel gesteel het.

Satan is die gevaarlikste wanneer hy voorgee dat hy 'n geestelike wese te werke in die kerk is. (Sien aanvulling getiteld “’n Briljante Engel.”)

Ken Satan die Bybel?

Ken Satan die Bybel?

Let wel:   Die duiwel is baie goed daarmee om die Bybel verkeerd aan te haal met die doel om mense te mislei. Daarom is dit noodsaaklik dat God se mense die Skrif vir hulleself ken om te verhoed dat hulle mislei word.


Wie haat die duiwel die meeste op die aarde?


Watter twee dodelike gediertes gebruik die Bybel om Satan voor te stel?

Let wel:   Beide leeus en slange gebruik stilte en afleiding om hul prooi te vang. Net soos die duiwel, spring hulle skielik op die slagoffers en is genadeloos teenoor lyding.


Wat is die enigste manier hoe ons die Satan kan weerstaan?

Let wel:   Die beste maniere om nader aan God te wees is deur gebed en om Hom te soek in Sy Woord.


Hoe het Jesus die aanslae van die duiwel weerstaan?

Let wel:   Ons enigste veiligheid teen die misleiding van Satan is om God se Woord in ons gedagtes te bêre om ons te weerhou van sonde. Dieselfde hulp wat Jesus gebruik het teen die duiwel is vandag nodig en ook beskikbaar vir ons.

Psalm 119:11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.

Efesiërs 6:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.


Hoe sal die finale lot van Satan soortgelyk wees aan dié van Absalom?


Sal Satan ooit weer verskyn om God se mense te versoek?


Hoe voel God oor die vernietiging van die goddeloses?

Let wel:   Dit maak God seer om die goddelose te vernietig. Die Bybel noem die vernietiging van die goddelose deur God Sy "vreemde" daad omdat dit vreemd is aan Sy liefdevolle natuur. (Sien Jesaja 28:21)


Hoe het Dawid gereageer toe hy gehoor het dat sy rebelse seun, Absalom, doodgemaak was?