Die Koning Kom

Lesson 3

Inleiding
Atália, die genadelose koningin van Juda, was selfs meer goddeloos as haar ma, Isébel. Toe haar seun Ahásia sterf, het sy vinnig die beheer oor die koninkryk geneem deur al haar kleinseuns, wat in haar plek kon heers, tereg te stel. "Maar Joséba, die dogter van koning Joram, die suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir Atália weggesteek, sodat hy nie gedood is nie. En hy was saam met haar in die huis van die HERE verborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer." 2 Konings 11: 2,3.

Ses jaar lank het net 'n handjievol betroubare mense geweet dat die koninklike kind in die tempel van God versteek was. Jojada, die hoëpriester, het die jong Joas liefgehad en opgelei soos sy eie seun. Vir ses jaar het Jojada beplan vir die gepaste oomblik en gebid om die eintlik troonopvolger aan die mense voor te stel. Uiteindelik ontbied die ou priester in die geheim getroue kapteins van die leër en onthul die jongste seun van Ahasia.

Hulle het besluit om te wag tot Vrydagaand, toe al die getroue mense na die tempel sou kom vir die aanbidding van die Sabbat, om die jong koning aan hulle voor te stel. Met honderde gewapende soldate aan elke kant, het Jojada die erfgenaam van Dawid se troon voor die skare gebring en hom voorgestel. Aanvanklik was die mense verbaas, maar toe hulle die koninklike kroon op sy kop sien rus, het hulle "met die hande geklap en gesê: Mag die koning lewe!" 2 Konings 11:12.

Toe die goddelose Atália die geluid van basuine en die mense se gejuig hoor, kom sy die tempel ingehardloop net om te ontdek dat haar skrikbewind verby is. Daardie dag is sy en haar volgelinge vermoor, en Joas het die koninkryk ontvang.

Die Bybel vertel ons dat 'n ander seun van Dawid binnekort uit die hemelse tempel sal verskyn te midde van die basuine wat blaas om sy regmatige koninkryk te ontvang en die goddelose te vernietig.

Wie is die koning wat binnekort vanuit die tempel in die hemel gaan verskyn?
1. Wie is die koning wat binnekort vanuit die tempel in die hemel gaan verskyn?
Openbaring 14:14 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n ____________ wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof.

Wanneer Jesus terug keer, sal dit 'n geheim wees?
2. Wanneer Jesus terug keer, sal dit 'n geheim wees?
1 Thessalonicense 4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n _________, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God

Jeremia 25:30 Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy ‘n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.

Psalm 50:3 Onse God kom en kan nie swyg nie....rondom Hom storm dit geweldig.


Let wel: Storms is nie stil nie. Duidelik sal die wederkoms van Jesus onbeskryflik lawaaierig wees. Dit sal nie ‘n geheim wees nie!

Watter ander fisiese kenmerke sal met Jesus se wederkoms gepaardgaan?
3. Watter ander fisiese kenmerke sal met Jesus se wederkoms gepaardgaan?
Openbaring 16:18 en daar het ‘n groot ______________ gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie - so ‘n geweldige groot aardbewing.

Wie sal Jesus sien wanneer Hy weer kom?
4. Wie sal Jesus sien wanneer Hy weer kom?
Mattheus 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal _____ die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien


Let wel: Dit is te duidelik om verkeerd te verstaan. Elke persoon wat lewe, goddeloos of regverdig, sal Jesus sien terugkeer na die aarde. 'n Geheime insameling, of "wegraping" van God se mense is nie wat die Bybel leer nie.

Wie sal Jesus vergesel wanneer Hy kom op die wolke?
5. Wie sal Jesus vergesel wanneer Hy kom op die wolke?
Mattheus 25:31 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige ________ saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit

Let wel: Die helderheid van die Here se wederkoms sal die helderheid van ‘n atoombom bleek laat lyk. By Jesus se graf het die helderheid van een engel al die Romeinse wagte laat val soos dooie manne (Mattheus 28:2-4). Die helderheid van al die engele by Jesus se wederkoms sal dit te helder maak vir enige iemand om te mis. Dan sal daar nog die fantastiese heerlikheid van Jesus en die Vader ook wees (Lukas 9:26). Jesus se wederkoms sal wees soos ‘n weerligstraal wat slaan van die ooste na die weste (Mattheus 24:27).

Wat sal die helderheid en glans van Jesus se koms doen aan die lewende goddelose?
6. Wat sal die helderheid en glans van Jesus se koms doen aan die lewende goddelose?
2 Thessalonicense 2:8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die ___________ van sy wederkoms tot niet sal maak

2 Thessalonicense 1:7-8 die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

Wanneer Jesus kom, wat sal met die regverdige dooies gebeur?
7. Wanneer Jesus kom, wat sal met die regverdige dooies gebeur?
1 Thessalonicense 4:16 en die wat in Christus gesterf het, sal eerste _________.

Wat sal dan met die lewende en opgewekte regverdiges gebeur?
8. Wat sal dan met die lewende en opgewekte regverdiges gebeur?
1 Korinthiërs 15:52-53 en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal ___________ word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

Let wel: Niemand, behalwe God, het nou onsterflikheid nie (1 Timotheus 6:15, 16). Maar dit sal gegee word as 'n gratis geskenk aan die regverdiges wanneer Jesus kom. Hulle liggame sal ook verander word in die hemelse, onverganklike liggame, soos dié van Jesus (Fil. 3:20, 21).

Na hulle verander is, wat sal met die regverdiges gebeur?
9. Na hulle verander is, wat sal met die regverdiges gebeur?
1 Thessalonicense 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle [die opgewekte regverdiges] in wolke ____________ word die Here tegemoet in die lug

Let wel: God se heiliges sal die Here ontmoet in die lug. Jesus sal nie aan die aarde raak by sy wederkoms nie. Hy sal nie op die aarde verskyn soos baie glo nie. Sy wederkoms sal in die lug voorkom, en nie op die aarde voorkom nie.
10. Watter belangrike waarskuwing gee Jesus oor sy tweedekoms?
Mattheus 24:5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense ____________.

Mattheus 24:24, 26 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei… As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.


Let wel: Satan sal Christus se wederkoms verpersoonlik deur op die aarde te verskyn as 'n heerlike wese, en hy sal biljoene mislei. Jesus het ons gewaarsku dat Hy die aarde glad nie sal raak tydens sy wederkoms nie, maar net in die lug sal bly. Die skitterende misleidings van Satan sal so oortuigend wees dat meeste mense mislei sal word.
11. Wat sal die regverdiges beskerm sodat hulle nie mislei word nie?
Jesaja 8:20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie _______ nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.

Let wel: God se mense sal nie mislei word nie, omdat hulle sal weet hoe Jesus sal kom deur Sy Woord te bestudeer (Handelinge 17:11). Enige verskynsel wat nie in ooreenstemming met die Skrif is nie, is vals en moet verwerp word. Jesus waarsku ons vooraf.

Mattheus 24:25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
12. Sal dit veilig wees om ‘n valse Christus te gaan sien?
Mattheus 24:26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—__________ uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie.
13. Wat kan ons weet omtrent die tyd van Jesus se wederkoms?
Mattheus 24:33 So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit _________ is, voor die deur.

Mattheus 24:36Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.


Let wel: Net God weet die presiese tyd van die wederkoms. Alle voorspelling van datums is nie in harmonie met die Bybel nie. Maar Jesus het dit duidelik gestel dat wanneer ons die tekens van Sy wederkoms sien vervul word (Matt 24:4-51; Lukas 21:8-33; en 2 Timotheus 3:1-8), kan ons weet dat Sy koms baie naby is - selfs by die deure.
14. Wat sal die engele doen by Jesus se wederkoms?
Mattheus 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes ___________ uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

Let wel: Jou beskermengel (Mathteus 18:10) sal waarskynlik die eerste wees om jou te groet by Jesus se wederkoms. Wat 'n geseënde gedagte! Geen wonder die Bybel noem die wederkoms die "salige hoop" nie (Titus 2:13)!
15. Aangesien ons leef net voor die heerlike wederkoms van Jesus, hoe behoort ons op te tree?
Mattheus 24:44 Daarom moet julle ook _________ wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.
16. Hoe sal mense beloon word by Jesus se wederkoms?
Openbaring 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy _________ sal wees.

Let wel: Mense sal gered word deur genade, maar beloon word op grond van hul gedrag/werke, nie op hul belydenis nie (Mattheus 7:21-23).
17. Wat sal die goddeloses sê wanneer Jesus verskyn?
Openbaring 6:15-17 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en __________ ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Let wel: Gedurende hierdie gruwelike finale aardbewing, sal die bang goddeloses verkies dat die rotse en berge op hulle val eerder as om onvoorbereid in die aangesig van Koning Jesus te kyk.
18. Wat sal die regverdiges sê wanneer Jesus verskyn?
Jesaja 25:9 Kyk, dit is onse God op wie ons __________ het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.
19. Wat is die hoof doel van Jesus se wederkoms?
Johannes 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe ________, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Let wel: Jesus se mees opwindende doel in Sy terugkeer na die aarde is om Sy kinders te neem na die heerlike huis wat Hy vir hulle voorberei het. Vir ewig sal daar geen meer trane, ellende, hartseer of siekte wees nie, maar eerder vreugde en vrede vir ewig.
Aanvulling
Die geheime wegrapingsteorie is gebaseer op agt punte wat so algemeen bekend is dat meeste mense dit in geheel as 'n feit aanvaar sonder om dit te ondersoek. Ons enigste bron van veiligheid is egter om daagliks die Skrif te ondersoek om vas te stel of dit werklik so is (Handelinge 17:11). Die agt punte van die geheime wegrapingsteorie is as volg:

1. Die wegraping is geluidloos.
2. Die wegraping is onsigbaar.
3. Die goddelose oorleef die wegraping.
4. God verwyder die regverdiges om hulle te red van verdrukking.
5. Christus se wederkoms sal in twee fases plaasvind: (1) die geheime wegraping, en (2) die werklike koms, wat heerlik sal wees.
6. Hierdie twee fases van die wederkoms sal sewe jaar uitmekaar geskied.
7. Die wegraping sal plaasvind voor die openbaring van die Antichris, wat dan die tyd van verdrukking sal meebring.
8. Die goddelose sal op hierdie stadium 'n tweede kans kry om tot bekering te kom en om Christus te dien.

Om hierdie punte volledig te ondersoek, val buite die omvang van hierdie beperkte opsomming, maar ons sal elke punt hier kortliks behandel. Punte een en twee was reeds in hierdie les behandel, maar dit word weer vir beklemtoning herhaal. Berei u voor vir 'n paar verrassings!

1. Die wegraping is nie geluidloos nie, maar is eerder 'n groot geraas. Die Skrif sê dat Jesus sal neerdaal "met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan." 1 Tessalonisense 4:16. Dawid sê: "Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig." Psalms 50: 3. En Jeremia sê: "Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy ‘n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde. Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die HERE het ‘n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose—aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die HERE." Jeremia 25:30, 31. Niks daarvan is stil nie! Christus sal kom met 'n geklank wat die hele wêreld deur gehoor sal word. Indien u leef wanneer Jesus terugkeer, sal u Hom hoor kom. Jou ore sal lui van die luide geraas.

2. Die wegraping is nie onsigbaar nie; dit sal deur almal gesien word. Al die engele sal Jesus vergesel (Matthéüs 25:31). By Jesus se opstanding het 'n eensame engel verskyn, en sy helderheid was so oorweldigend dat die hele Romeinse wag soos dooies op die grond neergeval het (Matthéüs 28: 2-4). Dink dan net aan die verbysterende helderheid van al die engele van die hemel! Bowenal die heerlikheid van die engele is Jesus se eie heerlikheid (Matthéüs 25:31) en die heerlikheid van sy Vader (Matthéüs 16:27). Die helderheid sal oorweldigend wees. Jesus voeg by: "Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees." Matthéüs 24:27. Geheim? Geensins nie. Trouens, die Bybel sê nog altyd: "Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ..." Openbaring 1:7. Wees verseker, as u met Jesus se wederkoms nog leef, sal u Hom sien kom!

3. God red nie die regverdiges voor die verdrukking begin nie, maar beskerm hulle eerder deurgaans tydens die verdrukking (Psalms 91:5-12).

5. Christus se wederkoms sal nie in twee fases plaasvind nie-die eerste in die geheim en die tweede 'n sigbare hoorbare vertoon deur almal oral ervaar. Daar kom net een wederkoms, en dit sal deur elke lewende mens op aarde gesien en ervaar word. Daar is geen Skrif om 'n twee-fase wederkomsteorie te steun nie.

6. Die geheime wegraping teorie beweer dat daar 'n tydperk van sewe jaar is tussen die twee wederkomste van Christus. Hierdie is nie soos die Skrif leer nie.

7. Antichris verskyn nie drie en 'n half jaar na die wederkoms van Jesus nie. Hy is al eeue lank aktief (1 Johannes 4: 3) en doen selfs nou alreeds sy onheilspellende werk.

8. Die goddelose sal na die wederkoms nie 'n tweede geleentheid kry om gered te word nie. Alle sondaars sal met die wederkoms vernietig word. Daar is geen tweede geleentheid vir iemand ná Jesus se wederkoms nie.