Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

Terug na Jerusalem

Terug na JerusalemLesson 2

Inleiding
Die dissipels van Jesus was totaal verslae. Al hulle hoop en drome vir die Koninkryk van God was teen die kruis vasgenael die vorige Vrydag. Nou met groot droefheid en verwarring, het Kleopas en sy metgesel stadig die sewe myl reis vanaf Jerusalem na Emmaus afgelê. Met sononder daardie Sondag wandel hulle met die stowwerige pad langs, en 'n vreemdeling sluit by hulle aan. Min het hulle geweet dat hierdie nuwe reisgenoot die herrese Heiland self was. Sonder om veel kennis te neem van die pelgrim het die twee dissipels die verstommende gebeure van die naweek herleef, met groeiende teleurstelling.

Jesus het stil geluister, Hy het gesmag daarna om homself bekend te maak om Sy vriende te kan bemoedig. Maar die Here het doelbewustelik Sy ware identiteit geheim gehou; hulle moes nou, meer as ooit tevore, die Geskrifte begryp. Sou Christus hierdie twee getroue volgelinge Hom laat herken het, dan sou hulle te opgewonde gewees het om na die belangrike waarhede te luister wat Hy moes deel.

Selfs na drie en 'n half jaar van luister na Sy leer en preek, het hulle steeds nie sy sending ten volle begryp nie. Hy het eenvoudig vir hulle gesê, "Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan. En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra." Markus 9:31, 32. Jesus het versigtig hulle hartseer bespreking onderbreek, en vir die volgende twee ure aan hulle die sleutels tot die begryp en verklaring van Skrif en profesie geskenk.
Hoeveel van die Skrif word ons beveel om te glo?

Hoeveel van die Skrif word ons beveel om te glo?

Let wel:   Die volledige waarheid van God se woord is in die geskrifte van die Ou en Nuwe Testament. Die sleutels om die profesië van Openbaring te verstaan word meestal in die stories van die Ou Testament gevind. Byvoorbeeld, van die 404 verse in die boek Openbaring is 278 van hulle afgelei van ander stories en profesieë in die Ou Testament.

Wie het Jesus gesê word geopenbaar in die Skrif en profesieë?

Wie het Jesus gesê word geopenbaar in die Skrif en profesieë?

Let wel:   Die sentrale figuur in die hele Skrif en profesie is Jesus. Hierdie boeiende reeks dek talle temas van profesie, maar hou in gedagte dat die primêre fokus van Daniël en Openbaring Jesus Christus en Sy koninkryk is.

Wat is ‘n ander naam vir Jesus in die Bybel?

Wat is ‘n ander naam vir Jesus in die Bybel?

Watter tipe mense het God gebruik om die Bybel te skryf?

Watter tipe mense het God gebruik om die Bybel te skryf?

Die ewige lewe word bekom deur Jesus te ken (Johannes 17:3). Hoe was Jesus geken deur Sy dissipels?

Die ewige lewe word bekom deur Jesus te ken (Johannes 17:3). Hoe was Jesus geken deur Sy dissipels?

Let wel:   In die Bybel is brood 'n simbool van die Woord van God. Jesus het gesê: "Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan." Matteus 4:4. As ons die Bybel lees, verstaan en volg, dan sal ons krag, vreugde, vrede, en die ewige lewe vind

Hoe belangrik behoort Bybelstudie te wees vir die Christen?

Hoe belangrik behoort Bybelstudie te wees vir die Christen?

Let wel:   Die duiwel haat die Bybel omdat hy weet dat dit Christus se karakter openbaar en hy sal byna enigiets doen om te verhoed dat mense dit lees. Die duiwel weet dat die Bybel se profesieë sy planne om die mensdom te mislei ontbloot. So moet nie verbaas wees as Satan probeer om jou weg te lei van hierdie reeks lesse of probeer om jou besig te hou met ander dinge nie. God sal 'n weg vir diegene wat waarheid soek maak sodat hulle waarheid kan vind.

Wie help ons om die Bybel te verstaan?

Wie help ons om die Bybel te verstaan?

Wat moet ek doen om seker te wees dat die Heilige Gees my lei in Bybelstudie?

Wat moet ek doen om seker te wees dat die Heilige Gees my lei in Bybelstudie?

Let wel:   Deel van die werk van die Heilige Gees is om ons te help om die waarheid van die Skrif te verstaan. Dit is hoekom ons altyd die Heilige Gees moet vra om ons te lei voordat ons God se Woord oopmaak. Ek kan seker wees dat die Heilige Gees my lei in my Bybelstudie wanneer ek (1) Hom vra om my te lei, en (2) bereid is om die waarheid wat Hy openbaar te aanvaar en te volg.


Hoe help Bybelstudie en gebed ons?


Watter metode van Bybelstudie beveel die geskrifte aan?

Let wel:   Ons moet ons eie idees wegsit en die Bybel bestudeer deur alles te lees wat die Bybel leer oor ‘n gegewe onderwerp ("hier 'n bietjie, daar 'n bietjie ") en al die verse te vergelyk vir insette. Ons moet toelaat dat die Bybel vir homself praat. Wanneer dit gedoen word, kom die waarheid altyd duidelik deur. Dit is hoe Jesus die twee dissipels op pad na Émmaüs oortuig het dat Hy inderdaad die Messias was (Lukas 24:27).


Wat sal Bybelstudie vir ons doen?

Let wel:   Die Skrif help ons om God se groot plan van verlossing, die belangrikste inligting ooit aan sterflinge gegee, te verstaan.


Volgens Jesus, waar kan ons die waarheid vind?

Let wel:   Ons vind die waarheid in God se Woord - die Bybel. Waarheid is baie skaars in vandag se wêreld, en die mense van die aarde ly as gevolg van ‘n gebrek aan hierdie waarheid. Die waarheid oor alles wat regtig saak maak word in die Skrif gevind. Om die Bybel te bestudeer en te volg maak mense vry (Johannes 8:32) en bring hulle ware geluk en ‘n lewe van oorvloed (Johannes 15:11).


Watter waarskuwings rakende Bybelstudie kom voor in die Skrif?

Let wel:   “Wat die woord van die waarheid reg sny” beteken om dit korrek en eerlik te interpreteer. Daar is 'n groot gevaar om die Skrif te verdraai sodat dit sê wat ons wil hê dit moet sê. Wat ek sê oor die Bybel maak nie saak nie. Wat tel is wat die Skrif sê oor homself.


Hoe moet ons alle godsdientige leer en leerstellings toets?

Let wel:   Alle godsdienstige leer moet nagegaan word deur die Bybel. Indien enige leer nie duidelik is in die Skrif nie, dan is dit vals en ons moet dit los.


Wat het gebeur toe Jesus die Skrifte verduidelik het aan twee mismoedige dissipels op die pad na Émmaüs?


Nadat die twee dissipels geweet het dat Jesus lewendig was en geluister het hoe Hy die profisieë verduidelik het, wat het hulle gedoen?

Let wel:   Een van die eerste reaksies wat hierdie leerlinge gehad het na Jesus se verduideliking van die Skrif was 'n brandende begeerte om die goeie nuus met ander te deel. Ons hoop dit is ook jou begeerte om jou vriende te nooi om aan te sluit by hierdie dinamiese reeks Bybelstudies.