Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

Bo die Skare

Bo die SkareLesson 24

Inleiding
Petrus was lief vir Jesus, maar hy was ook lief vir die aanvaarding en goedkeuring van die skare. Gedurende die nagmaal het Jesus sy apostels gewaarsku dat hulle almal Hom sal verlaat, Petrus het regop gewip en beloof dat selfs al sou die ander Hom verlaat, sou hy hom nooit versaak nie. Jesus het geantwoord, "Hierdie nag, voor die haan kraai , sal jy my drie maal verraai." Matt26:34.

Petrus het goed bedoel, maar hy het nie die trots in sy hart beset nie. Later daardie nag toe die menigte kom om Jesus te arresteer, toe pluk Petrus sy swaard uit om sy Meester te beskerm. Maar slegs 'n paar uur later gedurende Jesus ondervraging, was Petrus gespot deur die vyande van Jesus, toe ontken hy drie maal dat hy Jesus ken. Elke keer was Petrus meer aandringend, tot hy Jesus verloën met 'n gevloek en swets (Vers 74).

Toe kraai die haan. Op daardie presiese oomblik, met Jesus in die hofsaal, met wagte wat Hom slaan, sien Petrus vir Jesus wat na hom kyk met liefde en deernis , en die gesig breek sy hart. "En Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween." Lukas 22:61, 62.

En van daardie dag af was Petrus 'n veranderde man. Hy het nie meer geleef om die skare se goedkeuring te soek nie, maar hy was slegs daarop uit om God getrou te dien. Na sy bekering, toe hy voor die Joodse Raad gebring was en geslaan was, het Petrus vreesloos geantwoord, "Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense." Handelinge 5:29. Petrus het sy lojaliteit aan en liefde vir Jesus bewys toe hy gekies het eerder onderstebo gekruisig te word deur die Romeinse keiser Nero eerder as om sy Here weer te verloën.
Hoe bepaal God of ons aan Sy kant is of nie?

Hoe bepaal God of ons aan Sy kant is of nie?

Let wel:   Dit is 'n eenvoudige beginsel dat ons lojaliteit bepaal word deur na wie ons luister. As ons sê ons is diensknegte van God, maar ons neem instruksies van die duiwel of die wêreld, bedrieg ons onsself.

Wanneer die opdragte van God en die mense teenstrydig is, wie het Petrus gesê moet ons gehoorsaam?

Wanneer die opdragte van God en die mense teenstrydig is, wie het Petrus gesê moet ons gehoorsaam?

Let wel:   Nadat Petrus bekeerd was en verlief geraak het op Jesus, het hy aan die Joodse raad gesê dat sy eerste getrouheid aan God was. Ons het geleer dat in die laaste dae sal die wette van die dier en die wêreld teenstrydig wees met die wette van God. Ons moet nou kies om gehoorsaam te wees aan die wette van god – ongeag van die gevolge.

Wat is die beste manier om ons liefde vir God te wys?

Wat is die beste manier om ons liefde vir God te wys?

Let wel:   Die beste demonstrasie van 'n persoon se liefde vir Jesus is om Sy wil te doen, en die wet van God is die mees perfekte uitdrukking van Sy wil (Psalm 40:9).

Volgens Jesus, waarom gee die skynheiliges voor om godsdienstig te wees?

Volgens Jesus, waarom gee die skynheiliges voor om godsdienstig te wees?

Let wel:   Die Bybel vertel ons dat “die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan." 1 Samuel 16:7. ‘n Ware Christen sal baie meer bekommerd wees oor wat God van hom dink as wat die wêreld dink.

Is dit oor die algemeen veilig om die skare te volg?

Is dit oor die algemeen veilig om die skare te volg?

Let wel:   Geskiedenis wys dat die skare amper altyd die verkeerde besluite neem. Dit was die skare wat Moses wou stenig en teruggaan na die slawerny van Egipte (Numeri 14:4-10). Dit was die skare wat uitgeroep het: “Kruisig, kruisig Hom!” Lukas 23:21. En dit sal die meerderheid wees - nie die minderheid nie - wat die merk van die dier ontvang in die laaste dae (Openbaring 13:16).

Hoe voel Jesus wanneer ons die tradisies van mense bo die gebooie van God stel?

Hoe voel Jesus wanneer ons die tradisies van mense bo die gebooie van God stel?

Let wel:   

Sal ware Christendom gewild wees in die laaste dae?

Sal ware Christendom gewild wees in die laaste dae?

Let wel:   In die laaste dae sal Satan en sy volgelinge 'n duidelike oorlog teen God se ware, Bybelgelowige kinders voer.

Is dit moontlik om beide God en die skare te dien?

Is dit moontlik om beide God en die skare te dien?

Let wel:   In hierdie stryd tussen Christus en Satan is daar geen neutrale grondgebied nie. Dit is onmoontlik om die heining as ‘n toeskouer te ry. As ons nie saam met Jesus werk nie, help ons die duiwel.

Is dit veilig om 'n vriend of familielid meer as Jesus lief te hê?

Is dit veilig om 'n vriend of familielid meer as Jesus lief te hê?

Let wel:   Jesus wys hier dat die beste manier om ons geliefdes te bereik en red, is om Hom eerste in ons lewens te plaas. Dit is altyd 'n tragiese fout om ons natuurlike gevoelens vir familie of vriende voor ons eerste verpligting teenoor ons Verlosser en Skepper te plaas.


Is dit verstandig om ‘n voorspoedige loopbaan of aardse skatte bo Jesus te plaas?

Let wel:   Die oortuiging dat geluk en veiligheid kom van 'n goeie werk en baie dinge is 'n dodelike misleiding. Inteendeel, Jesus het gesê: "Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan." Markus 10:25.


Is dit veilig om voort te gaan om ongehoorsaam te wees aan God se wil nadat Hy ons die waarheid getoon het?

Let wel:   


Wat sal gebeur met diegene wat aanhou om die waarheid te verwerp?

Let wel:   Die Skrif leer dat Jesus die waarheid is (Johannes 14:6). Om die waarheid in enige graad te aanvaar of te verwerp, is om Jesus te aanvaar of verwerp.


Sal diegene wat God se volk in die laaste dae vervolg, glo dat hulle die regte ding doen?

Let wel:   


Hoe beskryf Petrus diegene wat die waarheid geleer het, maar weier om dit te volg?

Let wel:   


Vereis die lewe van ‘n Christen moeilikhede en self-verloëning?

Let wel:   


Is dit veilig om, die besluit om Jesus te volg, uit te stel?

Let wel:   Die beste tyd om na God se stem te luister, is wanneer jy dit hoor, en die beste tyd om God se wil te doen, is wanneer Hy Sy wil vir jou wys. Een van Satan se gunsteling leuens is om mense te mislei om te dink dat hulle genoeg tyd het om hierdie besluit te neem. Die duiwel weet dat die oortuigende stem van God se Gees stil sal word as dit geïgnoreer word. Miljoene mense sal verlore wees wat opreg beplan het om eendag in die toekoms Jesus te volg, maar "eendag" het nooit gekom nie.


Watter voordele kom as gevolg van die aanvaarding en gehoorsaamheid van die waarheid?

Let wel:   Groot vrede, sekuriteit en vryheid kom in die harte en lewens van diegene wat die waarheid ontvang en gehoorsaam.


Watter vraag het Jesus drie maal vir Petrus gevra?

Let wel:   Dit is die belangrikste vraag wanneer dit kom by 'n volledige en totale oorgawe aan die wil van God. Het jy hom lief?