Bo die Skare

Lesson 24

Inleiding
Petrus was lief vir Jesus, maar hy was ook lief vir die aanvaarding en goedkeuring van die skare. Gedurende die nagmaal het Jesus sy apostels gewaarsku dat hulle almal Hom sal verlaat, Petrus het regop gewip en beloof dat selfs al sou die ander Hom verlaat, sou hy hom nooit versaak nie. Jesus het geantwoord, "Hierdie nag, voor die haan kraai , sal jy my drie maal verraai." Matt26:34.

Petrus het goed bedoel, maar hy het nie die trots in sy hart beset nie. Later daardie nag toe die menigte kom om Jesus te arresteer, toe pluk Petrus sy swaard uit om sy Meester te beskerm. Maar slegs 'n paar uur later gedurende Jesus ondervraging, was Petrus gespot deur die vyande van Jesus, toe ontken hy drie maal dat hy Jesus ken. Elke keer was Petrus meer aandringend, tot hy Jesus verloën met 'n gevloek en swets (Vers 74).

Toe kraai die haan. Op daardie presiese oomblik, met Jesus in die hofsaal, met wagte wat Hom slaan, sien Petrus vir Jesus wat na hom kyk met liefde en deernis , en die gesig breek sy hart. "En Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween." Lukas 22:61, 62.

En van daardie dag af was Petrus 'n veranderde man. Hy het nie meer geleef om die skare se goedkeuring te soek nie, maar hy was slegs daarop uit om God getrou te dien. Na sy bekering, toe hy voor die Joodse Raad gebring was en geslaan was, het Petrus vreesloos geantwoord, "Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense." Handelinge 5:29. Petrus het sy lojaliteit aan en liefde vir Jesus bewys toe hy gekies het eerder onderstebo gekruisig te word deur die Romeinse keiser Nero eerder as om sy Here weer te verloën.

Hoe bepaal God of ons aan Sy kant is of nie?
1. Hoe bepaal God of ons aan Sy kant is of nie?
Matteus 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here, sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie; maar hy wat die wil ______ van my Vader wat in die hemele is

Romeine 6:16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?


Let wel: Dit is 'n eenvoudige beginsel dat ons lojaliteit bepaal word deur na wie ons luister. As ons sê ons is diensknegte van God, maar ons neem instruksies van die duiwel of die wêreld, bedrieg ons onsself.

Wanneer die opdragte van God en die mense teenstrydig is, wie het Petrus gesê moet ons gehoorsaam?
2. Wanneer die opdragte van God en die mense teenstrydig is, wie het Petrus gesê moet ons gehoorsaam?
Handelinge 5:29 Toe antwoord Petrus en die ander apostels en sê: Ons behoort aan _____ meer gehoorsaam te wees as aan mense

Let wel: Nadat Petrus bekeerd was en verlief geraak het op Jesus, het hy aan die Joodse raad gesê dat sy eerste getrouheid aan God was. Ons het geleer dat in die laaste dae sal die wette van die dier en die wêreld teenstrydig wees met die wette van God. Ons moet nou kies om gehoorsaam te wees aan die wette van god – ongeag van die gevolge.

Wat is die beste manier om ons liefde vir God te wys?
3. Wat is die beste manier om ons liefde vir God te wys?
JOHANNES 8:31 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my _______ bly, is julle waarlik my dissipels

Johannes 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie

1 Johannes 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie


Let wel: Die beste demonstrasie van 'n persoon se liefde vir Jesus is om Sy wil te doen, en die wet van God is die mees perfekte uitdrukking van Sy wil (Psalm 40:9).

Volgens Jesus, waarom gee die skynheiliges voor om godsdienstig te wees?
4. Volgens Jesus, waarom gee die skynheiliges voor om godsdienstig te wees?
Matteus 6:2 Daarom, wanneer jy jou aalmoese bewys, moet jy nie 'n basuin voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen nie, sodat hulle eer van die ________ kan hê. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon

Mattheus 6:5 om deur die mense gesien te word


Let wel: Die Bybel vertel ons dat “die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan." 1 Samuel 16:7. ‘n Ware Christen sal baie meer bekommerd wees oor wat God van hom dink as wat die wêreld dink.

Is dit oor die algemeen veilig om die skare te volg?
5. Is dit oor die algemeen veilig om die skare te volg?
Eksodus 23:2 Jy mag 'n menigte nie ______ om kwaad te doen nie; en jy mag nie spreek om agter baie aan te verval om die oordeel te vernietig nie

Mattheus 7:13-14 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

1 Petrus 3:20 in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is


Let wel: Geskiedenis wys dat die skare amper altyd die verkeerde besluite neem. Dit was die skare wat Moses wou stenig en teruggaan na die slawerny van Egipte (Numeri 14:4-10). Dit was die skare wat uitgeroep het: “Kruisig, kruisig Hom!” Lukas 23:21. En dit sal die meerderheid wees - nie die minderheid nie - wat die merk van die dier ontvang in die laaste dae (Openbaring 13:16).

Hoe voel Jesus wanneer ons die tradisies van mense bo die gebooie van God stel?
6. Hoe voel Jesus wanneer ons die tradisies van mense bo die gebooie van God stel?
MARKUS 7:7 Maar _________ vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. MARKUS 7:9 En Hy sê vir hulle: Dit is goed dat julle die gebod van God verwerp, sodat julle jul eie oorlewering kan onderhou

Let wel:

Sal ware Christendom gewild wees in die laaste dae?
7. Sal ware Christendom gewild wees in die laaste dae?
Mat 24:9 Dan sal hulle julle oorgee aan verdrukking en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies _______ word ter wille van my Naam

2 Timotheüs 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.

Openbaring 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge

Openbaring 13:15 en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie


Let wel: In die laaste dae sal Satan en sy volgelinge 'n duidelike oorlog teen God se ware, Bybelgelowige kinders voer.

Is dit moontlik om beide God en die skare te dien?
8. Is dit moontlik om beide God en die skare te dien?
Matteus 6:24 Niemand kan twee here dien nie, want óf hy sal die een haat en die ander ______; anders sal hy die een vashou en die ander een verag. Julle kan nie God en Mammon dien nie

Mattheus 12:30 Hy wat nie met My is nie, is teen My


Let wel: In hierdie stryd tussen Christus en Satan is daar geen neutrale grondgebied nie. Dit is onmoontlik om die heining as ‘n toeskouer te ry. As ons nie saam met Jesus werk nie, help ons die duiwel.

Is dit veilig om 'n vriend of familielid meer as Jesus lief te hê?
9. Is dit veilig om 'n vriend of familielid meer as Jesus lief te hê?
Matteus 10:37 Hy wat vader of __________ meer liefhet as My, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter liewer het as My, is My nie waardig nie.

Lukas 14:26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.

Mattheus 12:50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.


Let wel: Jesus wys hier dat die beste manier om ons geliefdes te bereik en red, is om Hom eerste in ons lewens te plaas. Dit is altyd 'n tragiese fout om ons natuurlike gevoelens vir familie of vriende voor ons eerste verpligting teenoor ons Verlosser en Skepper te plaas.
10. Is dit verstandig om ‘n voorspoedige loopbaan of aardse skatte bo Jesus te plaas?
Matteus 16:26 Want wat baat dit 'n mens as hy die hele ______ win en aan sy siel skade ly? of wat sal 'n mens gee in ruil vir sy siel

Lukas 12:15 iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.


Let wel: Die oortuiging dat geluk en veiligheid kom van 'n goeie werk en baie dinge is 'n dodelike misleiding. Inteendeel, Jesus het gesê: "Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan." Markus 10:25.
11. Is dit veilig om voort te gaan om ongehoorsaam te wees aan God se wil nadat Hy ons die waarheid getoon het?
Hosea 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy kennis _________ het, sal Ek jou ook verwerp, sodat jy vir My geen priester sal wees nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet

Hebreërs 10:26 Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie


Let wel:
12. Wat sal gebeur met diegene wat aanhou om die waarheid te verwerp?
2 Thessalonicense 2:10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore ________; omdat hulle die liefde vir die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. 2 Thessalonicense 2:11 En daarom sal God hulle 'n sterk dwaling stuur, dat hulle 'n leuen sou glo, 2 Thessalonicense 2:12 sodat almal veroordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Johannes 3:19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.


Let wel: Die Skrif leer dat Jesus die waarheid is (Johannes 14:6). Om die waarheid in enige graad te aanvaar of te verwerp, is om Jesus te aanvaar of verwerp.
13. Sal diegene wat God se volk in die laaste dae vervolg, glo dat hulle die regte ding doen?
Joh 16:2 Hulle sal julle uit die sinagoges verdryf; ja, die tyd kom dat elkeen wat julle doodmaak, sal dink dat hy God ______

Let wel:
14. Hoe beskryf Petrus diegene wat die waarheid geleer het, maar weier om dit te volg?
2 Petrus 2:21 Want dit was vir hulle beter gewees om nie die weg van geregtigheid te ken nie, as om, nadat hulle dit geken het, _______ te wyk van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. 2 PETRUS 2:22 Maar dit het met hulle gebeur volgens die ware spreekwoord: Die hond het weer in sy eie uitbraaksel verander; en die sog wat gewas was, het in die modder rondgegooi

Let wel:
15. Vereis die lewe van ‘n Christen moeilikhede en self-verloëning?
Luk 9:23 En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself _______ en sy kruis elke dag opneem en My volg

Let wel:
16. Is dit veilig om, die besluit om Jesus te volg, uit te stel?
Hebreërs 4:7 Weer beperk hy 'n sekere dag deur in Dawid te sê: Vandag, na 'n lang tyd; soos daar gesê is: Vandag as julle sy stem ________, verhard julle harte nie

Hebreërs 2:3 hoe sal ons ontvlug as ons so ‘n groot saligheid veronagsaam

2 Korinthiërs 6:2 Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.


Let wel: Die beste tyd om na God se stem te luister, is wanneer jy dit hoor, en die beste tyd om God se wil te doen, is wanneer Hy Sy wil vir jou wys. Een van Satan se gunsteling leuens is om mense te mislei om te dink dat hulle genoeg tyd het om hierdie besluit te neem. Die duiwel weet dat die oortuigende stem van God se Gees stil sal word as dit geïgnoreer word. Miljoene mense sal verlore wees wat opreg beplan het om eendag in die toekoms Jesus te volg, maar "eendag" het nooit gekom nie.
17. Watter voordele kom as gevolg van die aanvaarding en gehoorsaamheid van die waarheid?
Psalms 119:165 Groot ________ het die wat u wet liefhet, en niks sal hulle aanstoot gee nie

Johannes 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

1 Petrus 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het


Let wel: Groot vrede, sekuriteit en vryheid kom in die harte en lewens van diegene wat die waarheid ontvang en gehoorsaam.
18. Watter vraag het Jesus drie maal vir Petrus gevra?
JOHANNES 21:17 Hy sê vir die derde keer vir hom: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus was bedroef omdat hy die derde keer vir hom gesê het: Het jy My lief? En hy sê vir hom: Here, U weet alles; jy weet dat ek jou __________. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei

Let wel: Dit is die belangrikste vraag wanneer dit kom by 'n volledige en totale oorgawe aan die wil van God. Het jy hom lief?