Toets die Profete

Lesson 22

Inleiding
Agab, die bose koning van Israel, wou die dorpie Ramot in Gilead by Aram (die Siriërs) herower. Maar hy sou dit nie sonder hulp kon vermag nie, so hy vra toe die goeie koning Josafat van Juda om magte saam te smee teen hulle gemene vyand. Josafat was gewillig, maar hy het gevra dat hulle eers die Here moes raadpleeg.

Agab het die Here jare tevore al verlaat om Baäl te aanbid, so hy ontbied toe 400 gehuurde profete. Met dramatiese vertoon het hierdie valse profete gesê, "Trek op en veg, en julle sal oorwin!" Maar koning Josafat het versoek of daar nie 'n profeet van die Here was wie hulle kon vra nie. Agab sê toe dat daar slegs een profeet van die Here oor is, Miga; maar, voeg Agab by, "ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: " Vers 8.

By die aandringing van Josafat het Agab 'n dienaar gestuur om Miga te ontbied. Die dappere profeet het gekom en 'n baie ongewilde boodskap gebring. Hy het vir Agab gesê dat hy sou sterf in die stryd met die Arameërs. Nou moes Agab 'n gewigtige besluit neem. Glo hy die 400 profete wat vir hom vleiende versekering bring, of die enkele profeet van die Here?

Die hardkoppige koning Agab het vir Josafat oortuig om die waarskuwing van Miga te ignoreer en hom in die oorlog by te staan. Hy het gedink hy kon die Here uitoorlê deur volle wapenrusting aan te trek en die voorste linies te vermy. Maar Agab het te laat geleer dat jy nooit die Woord van God kan ontduik nie. Gedurende die geveg het 'n pyl deur die lug gevlieg en vir Agab getref tussen die aanhegsels en die pantser, en hy het homself doodgebloei op sy strydwa.

Jesus het ons ook gewaarsku dat daar vele valse profete in die laaste dae sal wees (Mattheus 24:11). Daarom is dit vir ons belangrik om te kan onderskei tussen die ware en die valse. Dit beteken dalk die verskil tussen lewe en dood!

Aan wie openbaar die Here Sy finale planne?
1. Aan wie openbaar die Here Sy finale planne?
Amos 3:7 Waarlik, die Here HERE sal niks doen nie, maar Hy het sy geheim aan sy knegte, die ________, geopenbaar.

Let wel:

Sal daar in die laaste dae ware sowel as valse profete wees?
2. Sal daar in die laaste dae ware sowel as valse profete wees?
Matteus 24:11 En baie _________ profete sal opstaan ​​en baie mense mislei

Handelinge 2:17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer


Let wel: Ja, daar sal in die laaste dae ware sowel as valse profete wees. Die Skrif leer ook dat profete manne of vroue kan wees.

Watter tipe valse profete word spesifiek in die Bybel veroordeel?
3. Watter tipe valse profete word spesifiek in die Bybel veroordeel?
"Daar mag ________ by jou gevind word… wat met waarsêery… omgaan nie" Deuteronomium 18:10

“Daar mag niemand by jou gevind word… wat met… goëlery… omgaan nie” Deuteronomium 18:10

“Daar mag niemand by jou gevind word wat… met verklaring van voortekens… omgaan nie” Deuteronomium 18:10

“Daar mag niemand by jou gevind word wat… met… towery omgaan nie” Deuteronomium 18:10

“of wat met besweringe omgaan” Deuteronomium 18:11

“of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra” Deuteronomium 18:11

“of ‘n gees wat waarsê” Deuteronomium 18:11

“of wat die dooies raadpleeg” Deuteronomium 18:11


Let wel: Deuteronomium 18:9-12 sê dat almal wat hierdie dinge doen, 'n gruwel is vir die Here. Vir hierdie rede moet Christene niks met hulle werke te doen hê nie.

Sal God se eindtyd-kerk die gawe van profesie hê?
4. Sal God se eindtyd-kerk die gawe van profesie hê?
Openbaring 12:17 En die draak was kwaad op die vrou en het gegaan om oorlog te voer teen die oorblyfsel van haar nageslag wat die gebooie van God bewaar en die _________ van Jesus Christus het.

Openbaring 19:10 Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.


Let wel: Soos ons in Les 17 geleer het, het God se eindtyd-oorblyfselkerk "die getuienis van Jesus", wat "die gees van die profesie” is. Deur Openbaring 19:10 en 22:9 te vergelyk, sien ons dat die engel Johannes se "broeders" wat die gees van profesie het definieer as "die profete" en "hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar." In 1 Korinthiërs 1:5-8 skryf Paulus dat die kerk “die getuienis aangaande Christus" sal hê en sal "in geen enkele genadegawe agterstaan” tot Jesus se wederkoms nie. God se eindtyd-oorblyfselkerk sal interdaad nog die gawe van profesie hê.

Op watter maniere praat God met 'n ware profeet?
5. Op watter maniere praat God met 'n ware profeet?
NUMERI 12:6 En hy sê: Hoor tog my woorde: As daar 'n profeet onder julle is, sal Ek, die HERE, My aan hom bekend maak in 'n ________ en met hom spreek in 'n droom. NUMERI 12:8 Met hom sal Ek mond tot mond spreek, selfs skynbaar, en nie in duistere woorde nie; en die gelykenis van die HERE sal hy aanskou; daarom was julle dan nie bevrees om teen my kneg Moses te praat nie

Sagaria 4:1 En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word.


Let wel: Die Here praat met Sy profete deur visioene, in drome, van aangesig tot aangesig, en deur engele. Kristalballe, palmlesings, teeblaar ontsyfering, sterre kyk, en om met die dooies te probeer praat, is nie God se metodes om met 'n profeet te kommunikeer nie.

Is wonderwerke definitiewe bewyse van 'n ware profeet?
6. Is wonderwerke definitiewe bewyse van 'n ware profeet?
Openbaring 16:14 Want hulle is geeste van ________ wat wonders doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en van die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van God, die Almagtige.

Let wel: Nee, wonderwerke is nie 'n bewys dat iemand 'n ware profeet is nie. Hulle bewys net een ding - bonatuurlike krag. Bonatuurlike krag kan óf van God of van Satan kom. Daarom sê die Here vir ons: “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.” 1 Johannes 4:1.
7. Wat is die belangrikste toets van 'n profeet?
Jesaja 8:20 Tot die _______ en tot die getuienis: as hulle nie volgens hierdie woord spreek nie, is dit omdat daar geen lig in hulle is nie.

Let wel: Die "wet en die getuienis" was 'n Ou Testamentiese uitdrukking vir “die Bybel”. Met ander woorde, 'n boodskap van iemand wat sê dat hy/sy 'n profetiese uitspraak van God het, moet vergelyk word met die Bybel. Ons moet die profeet deur die Bybel toets, en nie die Bybel deur die profeet nie. Enige ware profeet van God sal altyd 100 persent saamstem met die Skrif. Dit is die ware toets.
8. Wat is die tweede toets van 'n profeet?
1 Joh 4:2 Hieraan ken julle die Gees van God: Elke gees wat bely dat _______ Christus in die vlees gekom het, is uit God

Let wel: 'n Profeet van God moet die waarheid oor Jesus Christus erken en leer - dat Hy God in menslike vorm was. Ware profete moet ook Jesus verhef, nie hulself nie. Die meeste valse profete probeer om aandag weg te trek van God se Woord na hulle eie idees.
9. Wat is die derde toets van 'n profeet?
Matteus 7:16 Aan hulle ______ sal julle hulle ken. Pluk mense druiwe van dorings, of vye van distels

Let wel: Dit beteken nie dat die profeet sonder sonde sal wees nie. God se profete het ook foute gemaak. Daar moet egter ooreenstemming wees tussen wat ware profete leer en die lewens wat hulle leef.
10. Wat is die vierde toets van 'n profeet?
Jeremia 28:9 Die profeet wat van vrede profeteer, as die woord van die profeet _______, dan sal die profeet bekend word dat die HERE hom waarlik gestuur het

Let wel: 'n Ware profeet sal nie valse voorspellings maak nie. As 'n profeet van God is, sal die dinge gebeur wat hy/sy voorspel. Maar akkuraatheid alleen kwalifiseer nie outomaties 'n persoon as 'n ware profeet nie. Deuteronomium 13:1-3 waarsku dat valse profete kan tekens gee wat waar sal wees en gebruik dan hul invloed om mense te lei om ander gode te volg. 'n Ware profeet moet mense lei om God volgens die Bybel te aanbid.
11. Watter drie dinge leer Paulus aangaande profesie?
1 Tessalonisense 5:20 Verag profesieë nie.

1 Tessalonisense 5:21 _________ alle dinge; hou vas wat goed is


Let wel: Paulus sê dat ons nie die gawe van profesie moet verag of verwerp nie. Ons moet eerder 'n profeet se boodskappe volgens die Skrif toets en volg wat goed en waar is.
12. Wie se raad verwerp ons wanneer ons die woorde van 'n ware profeet verwerp?
LUKAS 7:28 Want Ek sê vir julle: Onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen groter profeet as Johannes die Doper nie; maar hy wat die minste in die koninkryk van ________ is, is groter as hy.

LUKAS 7:29 En die hele volk wat Hom gehoor het, en die tollenaars, het God geregverdig deurdat hulle met die doop van Johannes gedoop is.

LUKAS 7:30 Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God teen hulleself verwerp, omdat hulle nie deur Hom gedoop is nie


Let wel: Wanneer ons die woorde van 'n ware profeet verwerp, verwerp ons die raad van God. 'n Belangrike gedagte om te onthou! Die Bybel leer ons om te luister na God se profete en belowe dat almal wat die raad van 'n ware profeet volg, voorspoedig sal wees.

2 Kronieke 20:20
Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.
Aanvulling
Hedendaagse Profeet

Desember 1844, 'n groep jong Metodiste dames kniel in gebed in Portland, Maine, toe Ellen Harmon--'n 17-jarige met 'n verswakte gestel -- haar eerste visioen ontvang. Ellen (wie later bekend was as Ellen White, na gelang van haar huwelik met 'n jong leraar genaamd James White) het oorgedra wat God aan haar getoon, en sy het aangehou om visioene en drome te ontvang vir 'n verdere 70 jaar --tot na haar sterfte in 1915.

Soos die geval was met ware bybelse profete, het sekere bonatuurlike verskynsels gepaardgegaan met Ellen White se visioene. New die profeet Daniël, het sy nie asemgehaal terwyl sy in 'n visioen verkeer het, en soms het sy aanvanklik fisieke krag verloor (Daniël 10:8, 17). Sommige van haar visioene het vir langer as vier ure geduur, maar sy het nie asemgehaal tydens die hele gesig nie. Dokters wat haar ondersoek het terwyl sy in visioen verkeer het, het van hierdie feit getuig.

Op ander kere, was sy bonatuurlike krag gegee (Daniël 10:18, 19). Al het Ellen net 95 pond geweeg, het getuies haar 'n 17-pond Familiebybel sien hou met uitgestrekte hand vir 30 minute tydens 'n visioen. Hierdie en ander fisiese verskynsels dui op die bonatuuurlike ervaring van die profeet. Maar, die verskynsels alleen vertel ons nie of die profeet van God of satan is nie. Wanneer die gawe van profesie beweer word met bonatuurlike verskynsels as bewyse dan moet Christene hierdie bewering teen die Bybel toets.

Vier Bybelse Toetse

Kom ons kyk saam om te bepaal of Ellen White en haar bediening die vier bybelse toetse van 'n ware profeet slaag.

Eerste Toets--In harmonie met die Skrif

Lees enige van Ellen White se boeke, en u sal ontdek dat dit getrou u lei na die Bybel en in totale ooreenkoms met die Skrif verkeer. Sy het nooit haar geskrifte as 'n toevoeging tot die Bybel beskou nie. Die doel van haar geskrifte was om mense terug te lei na die Bybel as die enigste bron van waarheid. Let op Ellen White se verklaring dat die Bybel die enigste gesag oor geloofsake is: "In ons tyd is daar alreeds 'n wye afwyking van die doktrine en reël, en daar is groot nood aan 'n terugkering tot die Protestantse beginsel --die Bybel, en die Bybel alleen, as die reël van geloof en diens."1

Sy het ook geskryf: "die geskrewe getuienis is nie nuwe lig nie, maar om die waarheid van inspirasie op die hart te dring. Die mens se diens aan God en sy naaste was uitdruklik voorgeskryf in God se woord; tog is daar maar slegs 'n paar van julle wat daaraan gehoorsaam is. Addisionele waarheid was nie bygebring nie; eerder dat God deur die Getuienisse die alreeds bestaande waarhede op 'n eenvoudiger wyse aan sy mense herhaal het, om sodoende sy mense wakker te skud en hulle gedagtes hiermee te benadruk, sodat almal sonder verskoning sal wees."2

Al het Ellen White benadruk dat haar geskrifte nooit as deel van die Bybel geag moes wees nie, was dit nogtans geïnspireer. Baie van God se grootste profete--soos Elia, Elisa, en Johannes die Doper--was geïnspireer, tog het hulle geen boeke in die Bybel geskryf nie. Ellen White se geskrifte mag be skryf word as die kleiner lig wat die leser lei tot die groter lig, die Bybel. Hulle dien as geïnspireerde Bybelkommentaar, maar die Bybel is steeds die hoogste gesag.

Tweede Toets--Leer die Waarheid aangaande Jesus

Ellen White se boeke--soos Die Koning van die Eeue, Christ's Object Lessons, Skrede na Christus, and Thoughts from the Mount of Blessing--die alles getuig van hoe sy hierdie toets geslaag het. Sy sê niks van haarself in hierdie volumes nie, maar wys ander voortdurend na Jesus.

Derde Toets--'n Godsdienstige Lewe

Die pers, aangaande die afsterwe van Ellen White, het verklaar: "Die lewe van Mev. White was 'n voorbeeld wat almal gerus mag naboots. ... Sy was nederig, 'n toegewyde dissipel van Christus, en her oral oor goeie werke verrig. ... Sy was vereer en gerespekteer deur almal wie haar eerbare vroulikheid, toegewy tot onselfsugtige arbeid vir die opheffing en verbetering van die mensdom, waardeer het. Haar sterfte merk die roeping van nog 'n merkwaardige leier van godsdiens en een wie se negentig jaar oorgeloop het van goeie dade, gawe woorde, en ernstige gebed vir die mensdom."3

Vierde Toets--Akkurate Profesiëe

Die enkele profesiëe rakende die toekoms deur Ellen White kan baie maklik as akkuraat bewys word. Die volgende voorspelling lees soos vanoggend se koerant, maar was geskrywe voor die mees moderne vorme van reis ontdek was. "Rampe van treinvervoer sal meer gereeld geskied; verwarring, botsing , en dood sal sonder 'n oomblik se waarskuwing geskied om die groot spore van verkeer"4

Ellen White her geleef gedurende die tyd wat dokters tabak rook aangemoedig het tot voordeel van die longe. Verskeie mediese opinies het bestaan, maar geen wetenskaplike bewyse nie. Voeding was 'n onbekende wetenskap. Tog op hierdie stadium het Ellen White volumes geskryf aangaande gesondheid en voeding. Dr. Clive McCay, voormalige professor van voeding te Cornell Universiteit, bevestig die akkuraatheid van Ellen White se geskrifte op die gebied van voeding: "Ten spyte van die feit dat die werke van Mev. White lank voor die advent van hedendaagse wetenskaplike voeding geskryf was, is daar geen beter algemene gids beskikbaar vandag nie."5

Die Bybel voorspel dat die profetiese gawe in die laaste dae sal verskyn. Die bewyse verklaar dat Ellen White aan elke Bybel vereiste vir 'n ware profeet voldoen. Ons moedig u aan om van haar geskrifte te lees en om te onthou : "Verag die profesieë nie. Beproef alle dinge; behou die goeie. 1 Tessalonisense 5:20, 21.

1Die Groot Stryd (Mountain View, CA: Pacific Press, 1950), p. 204, 205.
2 Testimonies for the Church (Mountain View, CA: Pacific Press, 1949), Vol. 2, p. 605.
3 Star (St. Helena, California), July 23, 1915.
4 Messages to Young People (Washington, DC: Review and Herald, 1930), p. 90 (reprinted from article in The Signs of the Times, April 21, 1890).
5 Clive M. McCay, "A Nutritional Authority Discusses Mrs. E.G. White," Review and Herald, February 26, 1959, p. 10.