Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

Vensters van die Hemel

Vensters van die HemelLesson 18

Inleiding
Jakob het nog nooit so eensaam en alleen gevoel nie--en dit alles oor sy eie slinksheid en gierigheid. Hy het eerstens sy ouer tweelingbroer, Esau, se eersgeboortereg met 'n pot lensies gekoop. Toe, met sy ma se hulp, het hy sy blinde pa, Isak, bedrieg en so die seën ontvang wat na regte ook aan Esau behoort het.

Nou was Jakob aan die vlug, deels om sy verontregte broer se wraak te ontduik. Hy het sy hoof neergebuig en gehuil wanneer hy dink aan hoe al sy planne misluk het. Alleen in die woestyn, slegs met 'n klip vir 'n kussing en 'n staf vir beskerming, het Jakob probeer rus. Hy het gewonder of hy ooit sy ouers weer sou sien--en of God hom sou vergewe. Uitgeput, het Jakob aan die slaap geraak. Gou bevind hy homself aan die droom. Hy sien 'n stralende lig vanuit die hemel, met 'n pragtige leër wat strek vanaf die hemel tot die aarde. Daar was tallose skitterende engele wat opwaarts en afwaarts met die leër beweeg.

Toe het Jakob die Here hoor spreek vanaf die hemel, en Hy het belowe om hom te seën op sy reis. Die Here het die verbond van Abraham en Isak ook met Jakob gesluit.

Toe hy wakker word, het Jakob op sy knieë geval en met 'n eed belowe om sy gierigheid te staak. Hy het belowe, "... van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan." Genesis 28:22.

God het hierdie eed aanvaar en die vensters van die hemel oopgemaak tot so 'n mate dat toe Jakob 20 jaar later terugkeer was hy 'n baie voorspoedige en vrygewige man.
Waar het Jakob van die konsep geleer om 'n tiende aan God terug te gee?

Waar het Jakob van die konsep geleer om 'n tiende aan God terug te gee?

Let wel:   ‘n Tiende is een tiende van 'n persoon se inkomste. Die woord "tiende" beteken eenvoudig “'n tiende.” Jakob se oupa, Abraham, het 'n voorbeeld gestel baie jare tevore deur 'n tiende aan God se priester Melgisédek te gee.

Watter gedeelte van ons inkomste behoort aan God?

Watter gedeelte van ons inkomste behoort aan God?

Let wel:   Tegnies behoort 100 persent van alles wat ons het aan God.

Psalm 24:1 Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon Maar God vra ons om te erken dat ons glo dat dit alles aan Hom behoort deur 'n tiende, of 10 persent, terug te gee.

Wat doen God met ons tiende?

Wat doen God met ons tiende?

Let wel:   In die Ou Testament het God daarop gewys dat die tiendes gebruik word om die Leviete, wat Sy dienaars was, te ondersteun. In 1 Korintiërs 9:13 leer God dat net soos die priesters van ouds uit die tiendes van die tempel betaal is, so moet evangelie-predikers vandag betaal word uit tiende van die kerk.

Is die tiendestelsel deel van Moses se ou wet wat by die kruis geëindig het?

Is die tiendestelsel deel van Moses se ou wet wat by die kruis geëindig het?

Let wel:   Nee! Beide Abraham en Jakob het lank voor die wet van Moses 'n tiende van hul inkomste aan God gegee. Omdat dit voor Sinai al plaasgevind het, weet ons dat dit nie deel van die seremoniële wet was wat by die kruis geëindig het nie. Die tiende-sisteem is God se plan vir die ondersteuning van die bediening, en dit bly vandag nog geldig.

Maar het Jesus nie die tiendestelsel veroordeel nie?

Maar het Jesus nie die tiendestelsel veroordeel nie?

Let wel:   Nee. Jesus het gesien dat die ellendige Fariseërs individuele blare en klein sade vir tiende uittel in plaas daarvan om dit met die maatemmer na die tempel te neem. Daarom het Hy hulle bestraf omdat hulle so presies was met hulle tiende, terwyl hulle misluk in oordeel, barmhartigheid en geloof. Hy het hulle nie vir hulle teruggee van tiende veroordeel nie, maar omdat hulle die ander groot beginsels van Christenskap ignoreer het. Daarom het Jesus gesê: "Hierdie dinge behoort julle te doen (pratende van tiendes) sonder om die ander na te laat

Watter ongelooflike belofte maak God aangaande tiende?

Watter ongelooflike belofte maak God aangaande tiende?

Let wel:   God sê: "As jy twyfelagtig is, probeer tiende as 'n eksperiment. Toets My, en kyk of Ek nie ook vir jou 'n seën sal gee wat te groot is vir jou om te ontvang nie." Honderde-duisende tiende-betalers sal vir jou vertel dat dit waar is. Jy kan nie meer gee as God nie!

God beopdrag Sy mense om al die tiendes na die skathuis te bring. Wat beteken dit?

God beopdrag Sy mense om al die tiendes na die skathuis te bring. Wat beteken dit?

Let wel:   Die voorraadkamers is die tesourie van God se kerk. (Die Bybel vergelyk "skathuis" met "voorraadkamers.") In Maleagi 3:10, verwys God na die skathuis as "my huis", wat Sy kerk of tempel beteken. Ander tekste wat na die skathuis verwys as die tempel of tempel-skatkis is 1 Kronieke 9:26 (sien marge); 2 Kronieke 31:11-12 (sien marge); en Nehemia 10:37-38. Dit is dus duidelik dat die skathuis God se kerk se tesourie is.

Wanneer ons tiende teruggee, wie ontvang eintlik die geld?

Wanneer ons tiende teruggee, wie ontvang eintlik die geld?

Let wel:   Ons moet altyd onthou dat ons nie ons tiendes teruggee aan mense nie, maar aan God. Dit behoort aan Hom. Ons hoef nie bekommer te wees oor hoe die tiende gebruik word as ons dit aan God gee nie. Hy is magtig genoeg om na Sy eie geld te kyk en om mense te straf wat Sy fondse onverantwoordelik bestuur.

Behalwe die tiende wat aan God behoort, wat vra Hy nog van Sy mense?

Behalwe die tiende wat aan God behoort, wat vra Hy nog van Sy mense?

Let wel:   Die Here vra ons om vrywillige offergawes te gee as 'n uitdrukking van ons liefde vir Hom en ons danksegging vir Sy seëninge.


Hoeveel moet ons as offergawes gee?

Let wel:   Die Bybel noem nie 'n spesifieke bedrag nie. Elke persoon besluit, soos God beïndruk, hoeveel om te gee vir vrywillige offergawes.


Watter toets het Adam en Eva gedruip, wat ons sal moet slaag as ons verwag om deel van God se koninkryk te wees?

Let wel:   God het vir Adam en Eva gesê dat hulle van die vrugte van al die bome van die tuin mag eet, behalwe een - die boom van die kennis van goed en kwaad. Hulle moes nie van daardie boom eet nie, anders sou hulle doodgaan. God het nie 'n elektriese heining om die boom geplaas nie. Inteendeel, Hy het dit gelos waar hulle kon uitgaan en die vrugte vat. En hulle het dit gedoen omdat hulle nie God vertrou het nie. Vandag gee God ons dieselfde toets. Hy sê: "Jy kan al die geld hou wat jy kry, behalwe een tiende. Daardie geld is Myne. Moet dit nie neem nie." Hy los dit egter waar ons kan gaan en dit neem as ons wil. Maar wanneer ons dit doen, herhaal ons die sonde van Adam en Eva. God het nie die vrug van die spesiale boom nodig gehad nie. Dit was 'n toets van hul lojaliteit. Hy het ook nie ons tiende nodig nie. Hy besit alles! Dit is 'n toets van ons liefde, lojaliteit en vertroue.


Watter gebod oortree ons wanneer ons weier om tiendes en offergawes aan God terug te gee?

Let wel:   God sê diegene wat doelbewus ontrou is in tiendes en offergawes is rowers. Dit is sleg genoeg as mense van mekaar steel, maar dit is 'n vreesaanjaende gedagte dat mense sal waag om van God te steel! Dit is ook moeilik om te glo dat mense so laag sal daal om geld te steel wat God aangewys het om die evangelie aan die wêreld te versprei.


Wat sê God sal met diegene gebeur wat Hom doelbewustelik van tiende en offergawes beroof?

Let wel:   Diegene wat nie getrou is in tiendes en offergawes nie, is vervloek, en as hulle nie verander nie, sal hulle as diewe uit God se koninkryk gesluit word.


Waarom is gierigheid of begeerlikheid so gevaarlik?

Let wel:   Gierigheid is dodelik omdat ons harte ons beleggings volg. As my fokus daarop is om meer en meer geld op te bou, sal my hart begerig, selfsugtig en trots word. Maar as my fokus daarop is om God se werk te bevorder, dan sal my hart liefdevol, vrygewig, nederig en vol van omgee wees. Ons harte volg onvermydelik ons skat. Ons moet nooit vergeet dat dit Judas se gierigheid en liefde vir geld was wat hom gelei het om Jesus vir 30 silwerstukke te verraai nie (Mattheus 26:14-16).


Hoe dink jy voel Jesus wanneer ons Hom van tiendes en offergawes beroof?

Let wel:   Jesus voel waarskynlik baie soos 'n ouer wie se kind geld uit sy beursie steel. Om die geld te verloor is nie die groot ding nie. Dit is liewer die kind se gebrek aan integriteit, liefde en vertroue wat baie teleurstellend is. Sekerlik wil niemand van ons die hart van ons Verlosser seermaak nie.


Watter ander Bybelse beginsels deel God met betrekking tot vrygewigheid?

Let wel:   Nege tiendes van my inkomste met God se seën sal veel verder gaan as tien-tiendes sonder Sy seën. Terloops, wanneer God die vensters van die hemel oopmaak, is Sy seëninge nie altyd finansieel nie. Hulle mag sulke dinge insluit soos goeie gesondheid, vrede van gemoed, beantwoorde gebede, beskerming, 'n nougesette en liefdevolle familie, fisiese krag, vermoë om wyse besluite te neem, 'n beter verhouding met Jesus, sukses in siel-redding, 'n ou motor wat aan die gang gehou word, ens. As ons werklik lief is vir Jesus, sal ‘n opoffering vir Sy werk nooit 'n las wees nie. Inteendeel, dit is 'n seën - 'n heerlike voorreg wat ons met groot vreugde en tevredenheid sal verrig.


Wat word verteenwoordig deur die leer wat Jakob in sy droom gesien het?

Let wel:   Jakob het 'n leer gesien wat die hemel met die aarde verbind het, wat die Seun van die mens gesimboliseer het. In Maleági 3:10, sê God dat as ons al die tiendes in die skathuis bring, sal Hy vir ons die vensters van die hemel oopmaak en 'n seën wat ons skaars kan ontvang uitstort! Jesus is daardie seën.


Wat is die grootste geskenk wat ons aan Jesus kan gee?

Let wel:   Wanneer Jesus ons harte het, dan het Hy ook alle ander dinge in ons lewe.