Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

'n Verhaal van Twee Vroue

'n Verhaal van Twee VroueLesson 17

Inleiding
Die koninklike oordeelsaal het stil geword, alle oë was op Koning Salomo gevestig. Sy diensknegte het gewonder hoe die jong koning die verwarrende geval sou oplos.

Twee enkelma's het 'n kamer gedeel, en elkeen het op min of meer dieselfde tyd aan 'n baba seuntjie geboorte gegee. Gedurende die nag het een van die ma's perongeluk oor haar seun gerol en hom versmoor. Toe sy vroeg wakker word en sien dat haar kind koud en stil lê, het sy ontsteld haar kamermaat se baba vir haarself gevat en haar eie dooie baba in sy plek neergelê. Toe die ander ma wakker word en die dooie baba sien, het sy van ontsteltenis begin huil. Na sy die baba ondersoek het het sy gou agtergekom dat dit nie haar baba was nie. Aan die ander kant van die kamer kon sy sien hoe haar kamermaat haar baba styf vashou.

Nou staan die twee vroue voor die koning, en baklei oor wie die lewende baba se ware ma is. "Die kind is myne!" roep een uit.

"Nee, die dooie een was joune!" het die ander een terug baklei.

Hoe sou die koning bepaal wie die kind se ware ma is? Salomo het die debat onderbreek en 'n wag gevra om sy swaard te vat en die lewende baba in die middel te deel. Eers dink die wag die koning spot, maar Salomo gluur die wag se huiwering aan. Stadig trek hy sy skerp, blink swaard uit en begin nader aan die vrou beweeg wat nou die kind vashou. Skielik gooi die ware moeder haarself by die koning se voete neer en pleit, "Ag, my heer, gee haar die lewendige kind en maak hom nie dood nie!" Maar die ander vrou se, "Hy sal nie myne en ook nie joune wees nie; sny deur!" Nou weet Salomo wie die ware ma was.

In profesie is 'n vrou 'n simbool van die kerk (Jeremia 6:2). Met so baie kerke in die laaste dae, hoe kan ons die ware, eindtyd kerk met die lewende Seun van die namaaksels onderskei? Nes Salomo , moet ons die swaard van God se Woord (Hebreërs 4:12) gebruik!
Hoe God se ware kerk in Openbaring uitgebeeld?

Hoe God se ware kerk in Openbaring uitgebeeld?

Let wel:   In Bybelprofesie word God se kerk gesimboliseer deur 'n suiwer, rein vrou (Jeremia 6:2). In Openbaring 12 is hierdie vrou geklee met die son, maan en sterre - die natuurlike lig van God se skepping. Jesus het vir die kerk gesê: "Julle is die lig van die wêreld." Mattheus 5:14. Die son verteenwoordig die lig van Jesus (Psalm 84:12; Maleagi 4:2). Die maan onder haar voete verteenwoordig die tipes en skadu's van die Ou Testamentiese offerstelsel. Soos die maan die lig van die son weerspieël, was die offerstelsel dus nuttig omdat dit die lig van die Messias wat sou kom weerspieël het (Kolossense 2:16-17; Hebreërs 10:1). Die 12 sterre bokant haar kop simboliseer die leierskap van die kerk - 12 stamme in die Ou Testament en 12 apostels in die Nuwe Testament. Die een wat al die nasies sal regeer met 'n ysterstaf is Jesus (Psalm 2:7-9; Openbaring 19:13-16).

Wie is die

Wie is die "groot vuurrooi draak" en wat probeer hy doen?

Let wel:   Die draak is Satan, wat in die tyd van Jesus se geboorte deur die heidense Romeinse Ryk gewerk het. Satan het Herodes, ‘n heerser onder die Romeinse-mag, beïnvloed om te probeer om baba Jesus te vermoor deur al die kinders in Bethlehem dood te maak (Mattheus 2:16).

Wat gebeur nadat Satan misluk het om Jesus te vernietig?

Wat gebeur nadat Satan misluk het om Jesus te vernietig?

Let wel:   Na Sy opstanding het Jesus opgevaar na die hemel en na God se troon (Handelinge 1:9-11), waar Hy buite die bereik van Satan is.

Nadat Jesus na die hemel opgevaar het, wat het Satan aan die kerk gedoen?

Nadat Jesus na die hemel opgevaar het, wat het Satan aan die kerk gedoen?

Let wel:   Toe Satan nie meer sy haat op Jesus kon uitlaat nie, het hy besluit om Jesus seer te maak deur sy woede teen die kerk te draai.

Waar het die vrou tydens hierdie verskriklike tydperk van vervolging gegaan? Hoe lank het dit geduur?

Waar het die vrou tydens hierdie verskriklike tydperk van vervolging gegaan? Hoe lank het dit geduur?

Let wel:   Die vrou (God se kerk) het gevlug na die woestyn (die afgeleë plekke van die aarde) om van haar vyande weg te kom. Dit is 'n bekende historiese feit dat God se mense gedurende die donker eeue gevlug het na grotte en die eensame plekke van die aarde, insluitende die oewers van Amerika, om godsdiensvryheid en beskerming teen pouslike vervolging te soek. Die 1.260 dae (ook beskryf in die Bybel as 42 maande of drie en 'n half jaar) verwys na die verskriklike 1,260 jaar van vervolging waartydens miljoene gesterf het vir hulle geloof. Gedurende hierdie tydperk was God se kerk lewendig, maar kon dit nie as 'n amptelike, sigbare organisasie geïdentifiseer word nie. (Sien die aanvulling getiteld "Jare van Vervolging.")

Wat is twee ander identifiserende kenmerke van God se ware kerk?

Wat is twee ander identifiserende kenmerke van God se ware kerk?

Let wel:   God se oorblyfselkerk, waarin Hy al Sy mense roep, sal God se Tien Gebooie onderhou (insluitende die Sabbat). Dit sal ook die getuienis van Jesus hê, wat die gees of gawe van profesie is (Openbaring 19:10). God noem sy eindtyd-kerk "die oorblyfsel" omdat dit identies is in leer en eienskappe aan die apostoliese kerk. 'n "Oorblyfsel" is die laaste oorblywende gedeelte van 'n stuk lap. Dit is presies soos die eerste stuk van dieselfde rol lap.

Hoe het Jesus gesê moet ons ons liefde vir Hom wys?

Hoe het Jesus gesê moet ons ons liefde vir Hom wys?

Let wel:   In ons openingsverhaal kon Solomon die ware moeder identifiseer deur haar opregte vertoning van liefde. Op dieselfde manier sal God se ware kerk gesien word deur hulle opofferende liefde en bereidwilligheid om Sy gebooie te gehoorsaam.

Watter drie engele boodskappe sal God se eindtydse kerk verkondig?

Watter drie engele boodskappe sal God se eindtydse kerk verkondig?

Let wel:   Hierdie drie engelagtige stellings verteenwoordig die drie dringende boodskappe wat God se kerk sal preek voordat Jesus terugkom.


Aan wie sal God se kerk hierdie boodskappe verkondig?

Let wel:   God se eindtyd-kerk sal hierdie groot driepunt boodskap aan elke volk op aarde verkondig.


Watter kenmerke het God in Sy Woord gegee om ons te help om Sy eindtyd-kerk korrek te identifiseer?

Let wel:   Baie lieflike Christene is lede van kerke wat nie aan die bogenoemde sewe spesifikasies voldoen nie. Maar daardie kerke kan nie God se oorblyfsel wees waarin Hy al Sy opregte kinders roep nie, omdat Sy eindtyd-kerk aan al sewe spesifikasies moet voldoen.


Jesus verskaf hierdie sewe profetiese identifikasie-punte en beopdrag dan: "Gaan en vind my kerk." Wat beloof Hy met betrekking tot u soektog?

Let wel:   


Hoeveel kerkorganisasies in die wêreld sal by hierdie sewe punte pas?

Let wel:   Slegs een kerk in die hele wêreld voldoen aan al hierdie spesifikasies - die Sewende-dag Adventiste Kerk, wat vir jou hierdie Bybellesse bring. Dit is nou besig om die groot drie engele boodskappe van Openbaring 14:6-12 aan die hele wêreld te preek. Miljoene reageer.


Baie denominasies noem hulleself Christene. Maak dit hulle die ware kerk van God?

Let wel:   Brood is 'n simbool van die Woord van God (Johannes 6:35, 51-52, 63) en klere is 'n simbool van geregtigheid (Openbaring 19:8). Die sewe vroue in hierdie profesie het hul eie brood (konsep van waarheid) en wil hul eie klere (geregtigheid) hou. Hulle wil nie die vlekkelose klere van Christus se geregtigheid hê nie. Al wat hulle wil hê, is om die naam van Jesus te gebruik, waarskynlik omdat die Bybel sê: "want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie." Handelinge 4:12.


Sodra 'n mens God se ware eindtyd-kerk ontdek, is dit nodig om 'n lid te word?

Let wel:   Ja, lidmaatskap in God se eindtyd-kerk is noodsaaklik. Let op hoe duidelik God hierdie vraag beantwoord oor lidmaatskap:

• Ons word almal na een liggaam geroep (Kolossense 3:15).
• Die liggaam is die kerk (Kolossense 1:18).
• Ons word deel van die liggaam deur die doop (1 Korinthiërs 12:13).

Dit is net so noodsaaklik vandag om deel te word van God se kerk, soos wat dit was om in die ark te gaan in Noag se tyd. Die Here sê: "Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin" Genesis 7:1.


Hoeveel maniere om te oorleef was daar in Noag se tyd?

Let wel:   Jesus sê dat die tyd net voor Sy wederkoms soos Noag se dag sal wees (Lukas 17:26). Daar sal net een manier wees om te oorleef, net soos daar net een ark in Noag se dag was.


Aangesien daar baie getroue Christene in ander kerke is en sedert God slegs een ware oorblyfsel het, wat sal met hierdie opregte Christene gebeur?

Let wel:   Jesus sal al Sy getroue, eerlike volgelinge roep om uit Babilon te kom. Hulle sal Sy stem hoor, reageer en deel word van Sy een ware, eindtyd-kerk.