Vensters van die Hemel

Lesson 18

Inleiding
Jakob het nog nooit so eensaam en alleen gevoel nie--en dit alles oor sy eie slinksheid en gierigheid. Hy het eerstens sy ouer tweelingbroer, Esau, se eersgeboortereg met 'n pot lensies gekoop. Toe, met sy ma se hulp, het hy sy blinde pa, Isak, bedrieg en so die seën ontvang wat na regte ook aan Esau behoort het.

Nou was Jakob aan die vlug, deels om sy verontregte broer se wraak te ontduik. Hy het sy hoof neergebuig en gehuil wanneer hy dink aan hoe al sy planne misluk het. Alleen in die woestyn, slegs met 'n klip vir 'n kussing en 'n staf vir beskerming, het Jakob probeer rus. Hy het gewonder of hy ooit sy ouers weer sou sien--en of God hom sou vergewe. Uitgeput, het Jakob aan die slaap geraak. Gou bevind hy homself aan die droom. Hy sien 'n stralende lig vanuit die hemel, met 'n pragtige leër wat strek vanaf die hemel tot die aarde. Daar was tallose skitterende engele wat opwaarts en afwaarts met die leër beweeg.

Toe het Jakob die Here hoor spreek vanaf die hemel, en Hy het belowe om hom te seën op sy reis. Die Here het die verbond van Abraham en Isak ook met Jakob gesluit.

Toe hy wakker word, het Jakob op sy knieë geval en met 'n eed belowe om sy gierigheid te staak. Hy het belowe, "... van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan." Genesis 28:22.

God het hierdie eed aanvaar en die vensters van die hemel oopgemaak tot so 'n mate dat toe Jakob 20 jaar later terugkeer was hy 'n baie voorspoedige en vrygewige man.

Waar het Jakob van die konsep geleer om 'n tiende aan God terug te gee?
1. Waar het Jakob van die konsep geleer om 'n tiende aan God terug te gee?
Genesis 14:18 En Melgisedek, die koning van Salem, het brood en wyn gebring, en hy was die priester van die Allerhoogste God. Genesis 14:20 En geseënd is die Allerhoogste God wat u vyande in u hand gegee het. En hy het hom ________ van alles gegee

Let wel: ‘n Tiende is een tiende van 'n persoon se inkomste. Die woord "tiende" beteken eenvoudig “'n tiende.” Jakob se oupa, Abraham, het 'n voorbeeld gestel baie jare tevore deur 'n tiende aan God se priester Melgisédek te gee.

Watter gedeelte van ons inkomste behoort aan God?
2. Watter gedeelte van ons inkomste behoort aan God?
Levitikus 27:30 En al die _______ van die land, van die saad van die land of van die vrugte van die boom, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die HERE.

Let wel: Tegnies behoort 100 persent van alles wat ons het aan God.

Psalm 24:1 Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon Maar God vra ons om te erken dat ons glo dat dit alles aan Hom behoort deur 'n tiende, of 10 persent, terug te gee.

Wat doen God met ons tiende?
3. Wat doen God met ons tiende?
NUMERI 18:21 En kyk, Ek gee aan die kinders van _______ al die tiendes in Israel as 'n erfdeel vir hulle diens wat hulle dien, naamlik die diens van die tent van samekoms. NUMERI 18:24 Maar die tiendes van die kinders van Israel wat hulle as hefoffer aan die HERE bring, gee Ek aan die Leviete om te erf; daarom het Ek vir hulle gesê: Onder die kinders van Israel sal hulle geen erfdeel hê nie.

1 Korinthiërs 9:13-14 Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie? So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe


Let wel: In die Ou Testament het God daarop gewys dat die tiendes gebruik word om die Leviete, wat Sy dienaars was, te ondersteun. In 1 Korintiërs 9:13 leer God dat net soos die priesters van ouds uit die tiendes van die tempel betaal is, so moet evangelie-predikers vandag betaal word uit tiende van die kerk.

Is die tiendestelsel deel van Moses se ou wet wat by die kruis geëindig het?
4. Is die tiendestelsel deel van Moses se ou wet wat by die kruis geëindig het?
Genesis 28:20 En Jakob het 'n gelofte gedoen en gesê: As God met my wil wees en my sal bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en vir my brood ______ om te eet en klere om aan te trek, Genesis 28:22 En dit klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal die huis van God wees; en van alles wat jy my gee, sal ek sekerlik die tiendes aan jou gee

Let wel: Nee! Beide Abraham en Jakob het lank voor die wet van Moses 'n tiende van hul inkomste aan God gegee. Omdat dit voor Sinai al plaasgevind het, weet ons dat dit nie deel van die seremoniële wet was wat by die kruis geëindig het nie. Die tiende-sisteem is God se plan vir die ondersteuning van die bediening, en dit bly vandag nog geldig.

Maar het Jesus nie die tiendestelsel veroordeel nie?
5. Maar het Jesus nie die tiendestelsel veroordeel nie?
Matteus 23:23 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes! want julle betaal tiendes van kruisement en anys en komyn, en die swaarste sake van die wet, oordeel, barmhartigheid en geloof het julle nagelaat; dit __________ julle te doen en die ander nie ongedaan te laat nie

Let wel: Nee. Jesus het gesien dat die ellendige Fariseërs individuele blare en klein sade vir tiende uittel in plaas daarvan om dit met die maatemmer na die tempel te neem. Daarom het Hy hulle bestraf omdat hulle so presies was met hulle tiende, terwyl hulle misluk in oordeel, barmhartigheid en geloof. Hy het hulle nie vir hulle teruggee van tiende veroordeel nie, maar omdat hulle die ander groot beginsels van Christenskap ignoreer het. Daarom het Jesus gesê: "Hierdie dinge behoort julle te doen (pratende van tiendes) sonder om die ander na te laat

Watter ongelooflike belofte maak God aangaande tiende?
6. Watter ongelooflike belofte maak God aangaande tiende?
Maleagi 3:10 Bring al die tiendes na die skathuis, dat daar spys in my huis kan wees, en ________ My nou daarmee, spreek die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en vir julle uitgiet nie. seën, dat daar nie genoeg plek sal wees om dit te ontvang nie

Let wel: God sê: "As jy twyfelagtig is, probeer tiende as 'n eksperiment. Toets My, en kyk of Ek nie ook vir jou 'n seën sal gee wat te groot is vir jou om te ontvang nie." Honderde-duisende tiende-betalers sal vir jou vertel dat dit waar is. Jy kan nie meer gee as God nie!

God beopdrag Sy mense om al die tiendes na die skathuis te bring. Wat beteken dit?
7. God beopdrag Sy mense om al die tiendes na die skathuis te bring. Wat beteken dit?
Nehemia 13:12 Toe bring die hele Juda die tiende van die koring en die mos en die olie na die ___________.

Let wel: Die voorraadkamers is die tesourie van God se kerk. (Die Bybel vergelyk "skathuis" met "voorraadkamers.") In Maleagi 3:10, verwys God na die skathuis as "my huis", wat Sy kerk of tempel beteken. Ander tekste wat na die skathuis verwys as die tempel of tempel-skatkis is 1 Kronieke 9:26 (sien marge); 2 Kronieke 31:11-12 (sien marge); en Nehemia 10:37-38. Dit is dus duidelik dat die skathuis God se kerk se tesourie is.

Wanneer ons tiende teruggee, wie ontvang eintlik die geld?
8. Wanneer ons tiende teruggee, wie ontvang eintlik die geld?
Kolossense 3:23 En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die ______ en nie vir mense nie

Hebreërs 7:8 En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een (Jesus) van wie getuig word dat hy lewe


Let wel: Ons moet altyd onthou dat ons nie ons tiendes teruggee aan mense nie, maar aan God. Dit behoort aan Hom. Ons hoef nie bekommer te wees oor hoe die tiende gebruik word as ons dit aan God gee nie. Hy is magtig genoeg om na Sy eie geld te kyk en om mense te straf wat Sy fondse onverantwoordelik bestuur.

Behalwe die tiende wat aan God behoort, wat vra Hy nog van Sy mense?
9. Behalwe die tiende wat aan God behoort, wat vra Hy nog van Sy mense?
Psalms 96:8 Gee aan die HERE die eer van sy Naam; bring 'n ______ en kom in sy voorhowe

Maleagi 3:8 Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe


Let wel: Die Here vra ons om vrywillige offergawes te gee as 'n uitdrukking van ons liefde vir Hom en ons danksegging vir Sy seëninge.
10. Hoeveel moet ons as offergawes gee?
2 KORINTIËRS 9:7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy ______ voorneem; nie teësinnig of uit nood nie, want God het 'n blymoedige gewer lief

Let wel: Die Bybel noem nie 'n spesifieke bedrag nie. Elke persoon besluit, soos God beïndruk, hoeveel om te gee vir vrywillige offergawes.
11. Watter toets het Adam en Eva gedruip, wat ons sal moet slaag as ons verwag om deel van God se koninkryk te wees?
Genesis 3:3 Maar van die vrugte van die ______ wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet en dit nie aanraak nie, sodat julle nie sterwe nie.

Let wel: God het vir Adam en Eva gesê dat hulle van die vrugte van al die bome van die tuin mag eet, behalwe een - die boom van die kennis van goed en kwaad. Hulle moes nie van daardie boom eet nie, anders sou hulle doodgaan. God het nie 'n elektriese heining om die boom geplaas nie. Inteendeel, Hy het dit gelos waar hulle kon uitgaan en die vrugte vat. En hulle het dit gedoen omdat hulle nie God vertrou het nie. Vandag gee God ons dieselfde toets. Hy sê: "Jy kan al die geld hou wat jy kry, behalwe een tiende. Daardie geld is Myne. Moet dit nie neem nie." Hy los dit egter waar ons kan gaan en dit neem as ons wil. Maar wanneer ons dit doen, herhaal ons die sonde van Adam en Eva. God het nie die vrug van die spesiale boom nodig gehad nie. Dit was 'n toets van hul lojaliteit. Hy het ook nie ons tiende nodig nie. Hy besit alles! Dit is 'n toets van ons liefde, lojaliteit en vertroue.
12. Watter gebod oortree ons wanneer ons weier om tiendes en offergawes aan God terug te gee?
Eksodus 20:15 Jy mag nie _______ nie

Maleagi 3:8 Mag ‘n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe


Let wel: God sê diegene wat doelbewus ontrou is in tiendes en offergawes is rowers. Dit is sleg genoeg as mense van mekaar steel, maar dit is 'n vreesaanjaende gedagte dat mense sal waag om van God te steel! Dit is ook moeilik om te glo dat mense so laag sal daal om geld te steel wat God aangewys het om die evangelie aan die wêreld te versprei.
13. Wat sê God sal met diegene gebeur wat Hom doelbewustelik van tiende en offergawes beroof?
Maleagi 3:9 Vervloek is julle met die ______ , want julle het My beroof, hierdie hele nasie

1 Korinthiërs 6:10 Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie


Let wel: Diegene wat nie getrou is in tiendes en offergawes nie, is vervloek, en as hulle nie verander nie, sal hulle as diewe uit God se koninkryk gesluit word.
14. Waarom is gierigheid of begeerlikheid so gevaarlik?
Lukas 12:34 Want waar jou _______ is, daar sal jou hart ook wees

Let wel: Gierigheid is dodelik omdat ons harte ons beleggings volg. As my fokus daarop is om meer en meer geld op te bou, sal my hart begerig, selfsugtig en trots word. Maar as my fokus daarop is om God se werk te bevorder, dan sal my hart liefdevol, vrygewig, nederig en vol van omgee wees. Ons harte volg onvermydelik ons skat. Ons moet nooit vergeet dat dit Judas se gierigheid en liefde vir geld was wat hom gelei het om Jesus vir 30 silwerstukke te verraai nie (Mattheus 26:14-16).
15. Hoe dink jy voel Jesus wanneer ons Hom van tiendes en offergawes beroof?
Hebreërs 3:10 Daarom was ek _____ oor daardie geslag en het ek gesê: Hulle dwaal altyd in hul hart; en hulle ken my weë nie

Let wel: Jesus voel waarskynlik baie soos 'n ouer wie se kind geld uit sy beursie steel. Om die geld te verloor is nie die groot ding nie. Dit is liewer die kind se gebrek aan integriteit, liefde en vertroue wat baie teleurstellend is. Sekerlik wil niemand van ons die hart van ons Verlosser seermaak nie.
16. Watter ander Bybelse beginsels deel God met betrekking tot vrygewigheid?
2 KORINTIËRS 8:5 En dit het hulle gedoen, nie soos ons gehoop het nie, maar hulle het _______ eers aan die Here en aan ons oorgegee deur die wil van God

Spreuke 3:9 Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste

Spreuke 11:24-25 Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf

Handelinge 20:35 Dit is saliger om te gee as om te ontvang.

Lukas 12:21 So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.

Lukas 6:38 Gee, en aan julle sal gegee word. 'N Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee

1 Korinthiërs 16:2 moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is

Deuteronomium 16:17 elkeen volgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou gegee het.


Let wel: Nege tiendes van my inkomste met God se seën sal veel verder gaan as tien-tiendes sonder Sy seën. Terloops, wanneer God die vensters van die hemel oopmaak, is Sy seëninge nie altyd finansieel nie. Hulle mag sulke dinge insluit soos goeie gesondheid, vrede van gemoed, beantwoorde gebede, beskerming, 'n nougesette en liefdevolle familie, fisiese krag, vermoë om wyse besluite te neem, 'n beter verhouding met Jesus, sukses in siel-redding, 'n ou motor wat aan die gang gehou word, ens. As ons werklik lief is vir Jesus, sal ‘n opoffering vir Sy werk nooit 'n las wees nie. Inteendeel, dit is 'n seën - 'n heerlike voorreg wat ons met groot vreugde en tevredenheid sal verrig.
17. Wat word verteenwoordig deur die leer wat Jakob in sy droom gesien het?
Joh 1:51 En hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God op- en neerdaal op die ______ van die mens

Let wel: Jakob het 'n leer gesien wat die hemel met die aarde verbind het, wat die Seun van die mens gesimboliseer het. In Maleági 3:10, sê God dat as ons al die tiendes in die skathuis bring, sal Hy vir ons die vensters van die hemel oopmaak en 'n seën wat ons skaars kan ontvang uitstort! Jesus is daardie seën.
18. Wat is die grootste geskenk wat ons aan Jesus kan gee?
Spreuke 23:26 My seun, gee my jou ______, en laat jou oë my weë sien

Markus 7:6 Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.


Let wel: Wanneer Jesus ons harte het, dan het Hy ook alle ander dinge in ons lewe.