Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

Stede van As

Stede van AsLesson 10

Inleiding
Abraham het geweet dat sy kleinneef 'n groot fout begaan het toe Lot gekies het om sy familie in Sodom te vestig. Die stede van die Jordaanvallei was wel ruig en welig, maar ook baie korrup. "En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE." Genesis 13:13. God het uiteindelik besluit om die sondige stede te verwoes as gevolg van hulle gruweldade, maar eers het Hy twee engele na Sodom toe gestuur om Lot en sy familie te red.

Alvorens hulle Sodom binnegaan, het die twee engele die voorkoms van twee manne op reis aangeneem. Lot merk toe die twee aantreklike vreemdelinge toe hulle die stadshekke binnetreë, en wetende dat die strate van die bose stad snags onveilig was, dring hy by hulle aan om by sy huis te oornag. Maar die bose mans het hulle dopgehou, en daardie aand het hulle voor Lot se deur versamel en geëis day hy sy gaste aan hulle oorhandig om deur hulle misbruik te word. Lot het tevergeefs probeer om te redeneer met die perverse gepeupel by sy deur. Hulle demonies obsessie het net vererger, gou het die gespuis Lot ook gedreig! Dit was op hierdie stadium wat die engele nie meer langer hulle ware identiteit kon verberg nie. Hulle het Lot na binne die huis geruk vir sy eie veiligheid en die verwoede skare met blindheid getref.

Vroeg die volgende oggend sê die engele aan Job en sy familie, "Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, ... . Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie! " Genesis 19:17 "En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel" Genesis 19:24. Net Lot en sy twee ongetroude dogters het behoue gebly, want Lot se vrou het met verlange na Sodom teruggekyk en was daarom in 'n soutpilaar verander. God se Woord vertel ons dat in hierdie laaste dae sal die wêreld omstandighede soortgelyk wees aan die van Sodom-en so ook die straf!
Watter twee stede dien as voorbeeld vir die vernietiging van die bose?

Watter twee stede dien as voorbeeld vir die vernietiging van die bose?

Let wel:   God het die twee stede vernietig met die ewige vuur – dit is dieselfde soort vuur wat die goddelose in die hel sal vernietig.

Wanneer sal die goddelose vernietig word in die hel se vuur?

Wanneer sal die goddelose vernietig word in die hel se vuur?

Let wel:   In die bogenoemde verse leer die Bybel duidelik dat die goddelose sal in die vuur gegooi word op die dag van die oordeel aan die einde van die wêreld - nie wanneer hulle sterf nie. Dit beteken natuurlik dat niemand nou in die hel is nie. Dit is net regverdig dat niemand gestraf moet word tot sy saak besluit is in die oordeel nie. Mense word beloon of gestraf by die wederkoms, en nie voor dit nie (Openbaring 22:12).

As die goddelose wat gesterf het nog nie in die hel is nie, waar is hulle?

As die goddelose wat gesterf het nog nie in die hel is nie, waar is hulle?

Let wel:   Die Bybel verseker ons dat die goddelose wat gesterf het in die graf gehou word tot die opstanding aan die einde van die wêreld. Hulle sal Jesus se stem hoor roep en sal opkom uit die graf, nie uit die hel nie.

Wat is die loon, of straf, van sonde?

Wat is die loon, of straf, van sonde?

Let wel:   Die straf vir sonde is nie ewige lewe in die hel nie, maar presies die teenoorgestelde – dood! Ons almal ondervind die eerste dood (Hebreërs 9:27), maar die Bybel sê dat die dood wat die goddelose in die hel sal sterf is die tweede dood (Openbaring 21:8). Na die eerste dood sal almal opgewek word vir straf of beloning; maar daar is geen opstanding uit die tweede dood nie. Dit is finaal. As die straf vir sonde 'n ewige marteling in die hel se vuur is, dan het Jesus nie die straf betaal nie.

Wat is die enigste twee keuses vir alle mense?

Wat is die enigste twee keuses vir alle mense?

Let wel:   Die konsepte van “limbo” en die vagevuur word nie in die Skrif gevind nie. Die Bybel leer ons net van twee keuses - die ewige lewe of die ewige dood (Deuteronomium 30:15).

Wat sal gebeur met die goddeloses in die hel se vuur?

Wat sal gebeur met die goddeloses in die hel se vuur?

Let wel:   Die boses in die hel sal optrek in die rook. Slegs as sal oorbly.

Waar sal die hel wees?

Waar sal die hel wees?

Let wel:   Die hel sal hier op aarde wees, omdat dit die aarde sal wees wat aan die brand is.

Sal die duiwel in beheer wees van die hel?

Sal die duiwel in beheer wees van die hel?

Let wel:   Nee! Hy is glad nie die hoof van die hel nie, maar die duiwel sal in die vuur gegooi word. Die duiwel sal "as gemaak op die aarde" wees en God sê van Satan dat hy “sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.” Esegiël 28:18, 19.

Sal die vuur van die hel ooit uitgaan?

Sal die vuur van die hel ooit uitgaan?

Let wel:   Na die sonde, sondaars, en alles op aarde vernietig is, sal die vuur uitgaan. Dit sal nie vir ewig brand nie. 'n Ewige marteling in hel sal dit onmoontlik maak om ooit ontslae te raak van sonde. God se plan is om die sonde te isoleer en te vernietig, nie lewend te hou nie.
Openbaring 21:5 sê: "Kyk, Ek maak alles nuut."


Word die siel sowel as die liggaam vernietig in die hel?

Let wel:   Baie mense glo dat die siel nooit sal sterf nie, maar God sê twee keer “die siel wat sondig, dié moet sterwe" Esegiël 18:4, 20. So volgens die Skrif sal die goddelose vernietig word in die hel se vuur – die siel sowel as die liggaam.


Vir wie word die hel voorberei?

Let wel:   Die doel van die vuur is om Satan, sy bose engele, en sonde te vernietig. As ek weier om weg te draai van die plaag van sonde, dan sal ek saam met dit vernietig word, want as die sonde nie vernietig word nie dan sal dit weer die heelal besoedel.


Hoe verwys die Bybel na God se vernietiging van die goddeloses?

Let wel:   God kan nie die gedagte van die vernietiging van die wat Hy liefhet staan nie. Die Here “wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom." 2 Petrus 3:9. Voortdurend sê Hy vir hulle: " Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe" Esegiël 33:11. Die vernietiging van mense is so vreemd van God dat die hel Sy "vreemde daad" genoem word. God laat niks uit in Sy begeerte om mense te red nie. Voordat hulle vernietig sal word, sal elke slegte mens erken dat God regverdig is (Romeine 14:11).


Dui die Bybelse sinsnede "onuitbluslike vuur" nie daarop dat die vuur nooit sal uitgaan nie?

Let wel:   Nee! ‘n Onuitbluslike vuur kan nie doodgaan nie. Maar wanneer dit alles op verbrand het, dan gaan dit uit. Byvoorbeeld, Jeremia 17:27 waarsku dat as God se mense nie getrou is nie, dan sal Hy 'n vuur aansteek in Jerusalem wat "nie uitgeblus sal word nie." En die Skrif verklaar dat hierdie profesie reeds vervul is. " En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand... sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremía vervul sou word" 2 Kronieke 36:19, 21. Die vuur kon nie geblus word totdat dit alles vernietig het nie; en toe gaan dit uit. Dit is nie brandend vandag nie, selfs al het die Bybel dit ‘n "onbluslike" vuur genoem.


Die Bybel gebruik die uitdrukking "ewige vuur". Beteken dit "oneindig"?

Let wel:   Ons moet toelaat dat die Bybel homself verduidelik. Ons kan in hierdie vers sien dat Sodom en Gomorra verwoes was met ‘n ewige vuur as 'n voorbeeld van die hel, maar hierdie stede brand nie meer nie. Hulle was verander in as (2 Petrus 2:6), en dit is wat die ewige vuur doen. Die gevolge van die vuur is ewig. (Sien aanvulling getiteld "Die Ryk man en Lasarus.")


Wanneer Openbaring 20:10 sê dat die bose vir “alle ewigheid” gepynig sal word, beteken dit dan nie eindelose tyd nie?

Let wel:   Nee. Jona was in die maag van die groot vis vir drie dae en drie nagte (Jona 1:17), maar hy het gesê: "vir altyd". Dit het seker soos ‘n ewigheid gevoel! Die Griekse woord vir "alle ewigheid" in Openbaring 20:10 is "aion," waaruit ons die woord "eon" kry. Dit verteenwoordig dikwels 'n ongespesifiseerde tydperk, beperk of onbeperk. Die woorde "vir ewig" word talle kere gebruik in die Bybel en verwys na iets wat reeds geëindig het. Byvoorbeeld, "vir altyd" beskryf die dienstydperk van 'n getroue slaaf (Exodus 21:6). Vir die mens beteken "vir altyd" dikwels " al die dae wat hy leef " (1 Samuel 1:22, 28).


Na die sonde en sondaars vernietig is, wat sal Jesus doen vir Sy volk?

Let wel:   Op die as van hierdie gesuiwerde wêreld sal God nuwe hemele en 'n nuwe aarde skep. Hy belowe blydskap, vrede, en onbeskryflike geluk vir alle lewende wesens tot in alle ewigheid.


Sal die probleem van sonde ooit weer opkom?

Let wel:   Nee! Die belofte is duidelik. Sonde sal nie weer opkom nie.

Jesaja 65:17 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.


Watter belangrike vraag vra Job?

Let wel:   As jou seun 'n moordenaar geword het, sou jy voel dat hy gestraf moet word? Jy sou waarskynlik. Maar sou jy wil hê dat hy moet lewendig brand in ‘n vuur met verskriklike pyn vir selfs net ‘n dag?

Natuurlik nie! Jy sal dit nie kan verdra nie. Die liefdevolle Here voel dieselfde om Sy kinders so te martel. Dit sou erger as die heel ergste van alles oorlog gruweldade wees. Is God soos dit? Nee, glad nie! 'n Ewige helse marteling sou ondraaglik wees vir God en lynreg teen Sy karakter van liefde en geregtigheid.