Lesson 8Nadat Salomo as die nuwe koning van Israel aangestel is, verskyn die Here in 'n droom aan hom en sê: "Begeer wat Ek jou moet gee." 1 Konings 3:5. Die jong koning kon geld, roem of 'n lang lewe aangevra het, maar hy het nie. Hy het eerder wysheid gevra om regverdig oor God se volk te regeer. In antwoord op daardie nederige en opregte gebed, het die Here aan Salomo geweldige wysheid en insig gegee-wat elke ander mens oortref het. Boonop het God hom ook geseën met roem, rykdom en 'n lang lewe.
Tydens Salomo se bewind geniet Israel ongeëwenaarde vrede en voorspoed. Edelmetale was in sy tyd so volop in Jerusalem dat silwer so algemeen soos klippe beskou was (1 Konings 10:27). Benewens die pragtige tempel van marmer en goud wat Salomo vir God gebou het, het hy ook 'n weelderige paleis en binnehof gebou, plus hele stede om sy strydwaens en ruiters te huisves. Pragtige blomtuine met skaars bome pryk in elke stad. Edeles en koninklikes het van regoor die wêreld gekom om te besoek en geskenke te bring. Hulle het daarna verlang om die diepgaande wysheid te hoor wat God in Salomo se hart gesit het (1 Konings 10:24).
Onder die vele koninklike besoekers was 'n ryk en pragtige koningin uit die verre land Skeba. Sy wou eerstehands sien of die berigte oor die koning van Israel waar was. Die koningin van Skeba het Salomo met baie moeilike vrae getoets en was verstom oor sy briljante antwoorde. Oral waar sy gekyk het, was haar sintuie verblind. Maar selfs Israel op sy hoogste piek, was niks in vergelyking met die heerlike koninkryk wat God vir jou voorberei het!
Wat het Jesus vir Sy mense belowe?
Wat weet ons van hierdie plek wat Jesus voorberei?
Let wel: Praat oor asemrowend! God het vir Sy volk nuwe hemele, 'n nuwe aarde, en 'n nuwe heilige stad voorberei. Die regverdiges sal 'n heerlike huis erf in die stad wat deur Jesus gebou is (Joh.14:2), en 'n fantastiese “plaashuis” op die nuwe aarde wat hulle vir hulself sal bou (Jes. 65:21).Wat weet ons nog van hierdie heilige stad?
Let wel: Die heilige stad is vierkantig, en die afstand rondom dit is 1500 myl, of 2414km. Dit kom uit die hemel na die nuwe aarde en sal land waar die Olyfberg nou staan (Sagaria 14:4).
Elkeen van die 12 poorte is gemaak van 'n enkele pêrel (Openbaring 21:21), en die jaspis-mure van die stad is 144 el (Openbaring 21:17) of 216 voet breed ('n el is 18 duim).Wat sê die Bybel oor die stad se water en kosvoorraad?
Let wel: 'n Onuitputlike, suiwer rivier van water vloei uit die troon van God, en die boom van die lewe gee elke maand verskillende vrugte as oes. Die boom se fantastiese vrugte en blare verskaf die teenmiddel vir die dood en gee die ewige lewe.
God se heiliges sal ook hul eie kos plant by hul “plaashuise” (Jesaja 65:21). Die dieet van God se mense sal wees wat dit was voor sonde in die wêreld was - vrugte, grane, en neute (Genesis 1:29, 31). Die smaak sal onbeskryflik heerlik wees, en die voedingswaarde sal perfek wees.Hoe sal die lewe in die hemel anders wees as hier op aarde?
Watter soort liggame sal die heiliges hê?
Is Jesus se liggaam ‘n fisiese liggaam, of is Hy 'n gees?
Let wel: Jesus se liggaam ná sy opstanding was fisies met vlees en bene wat jy kon raak en voel. Die dissipels het eers gedink dat Hy 'n gees was toe Hy skielik aan hulle verskyn, maar nadat hulle Hom aangeraak het en Hom sien eet het (Lukas 24:40-43), het hulle geweet dat Hy ‘n fisiese liggaam gehad het. Veertig dae later het Jesus hulle gelei tot by Betánië en daar het Hy opgevaar na die hemel (Lukas 24:50-51).
Die engele wat aan sy dissipels verskyn het, het vir hulle gesê, “Hierdie Jesus [van vlees en bene] …sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.” Handelinge 1:11. Sedert Sy menswording is Jesus vir ewig verbind met die mensdom, en ook die Godheid.Watter ander bemoedigende beloftes is daar?
Let wel: Prys die Here, elke heerlike, goeie ding wat verlore was deur die ingang van die sonde sal herstel wees in God se nuwe koninkryk. Alle mense sal werklik lief hê, mekaar vertrou, en mekaar ondersteun.
As gevolg hiervan sal daar geen geweld meer wees nie (Jesaja 60:18), en geen meer verraad, mishandeling, ontrouheid, oneerlikheid, laster, onsekerheid, depressie, gevaar, teleurstelling, of hartseer nie. Dit sal ‘n vrolike, gelukkige, tevrede, en oorvloedige lewe wees vir alle ewigheid.
Sal hartseer of pynlike herinneringe van hierdie lewe mense in die hemel pla?
Let wel: Die Here belowe hier dat die smarte van die aarde nie in die hemel vir Sy heiliges hartseer sal bring nie.
Sal die mense van die aarde mekaar in God se nuwe koninkryk herken?
Let wel: Ons sal wel mekaar herken deur ons voorkoms, loop, maniertjies, spraak, ens. Ons vermoëns om mekaar te onderskei sal in die hemel verbeter. Hemel sal ‘n fantastiese familie reünie wees.
Watter ander opwindende beloftes gee God oor Sy komende koninkryk?
Let wel: Die heiliges sal in staat wees om te vlieg soos engele teen 'n spoed vinniger as lig. Aangesien hulle alles erf (Openbaring 21:7) sal hulle ander wêrelde kan besoek, en slegs oomblikke neem om daar te kom. Volgens die Bybel het God ander wêrelde wat nie deur sonde aangeraak is nie (Job 1:6; Hebreërs 1:2; 11:3).
Kan ons God se nuwe koninkryk voldoende met woorde beskryf?
Let wel: Ek en jy, in ons huidige toestand, kan nie eers die wonderlike dinge wat God vir Sy kinders voorberei het verbeel nie. Geen woorde of gedagtes kan werklik die fantastiese vreugdes en geluk van die hemel beskryf nie. “Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.” Romeine 8:18.
Wat is die hoogste beloning van God se nuwe koninkryk?
Let wel: Glo dit, en staan verstom! God sal letterlik op die nuwe aarde saam met Sy volk woon. Niks kan met hierdie pure genot en heerlikheid vergelyk nie.
Wat sal mense uitsluit van God se hemelse koninkryk?
Let wel: Sonde verontreinig en kan nie weer toegelaat word in die hemel nie, anders sal rebellie weer begin. (Sien aanvulling getiteld "Die Koninkryk van God. ")
Wat kan ek omtrent sonde doen?
Let wel: As ek Jesus vra om my sondes te vergewe, dan vergewe Hy my, reinig my van sonde en maak my Sy kind.
Volgens Jesus, wat is die formule vir sukses in hierdie lewe en die volgende?
Let wel: Dit is presies wat koning Salomo gedoen het toe God hom gevra het, "Wat wil jy hê?" Sy eerste gedagte was oor God se koninkryk en Sy geregtigheid. In ruil daarvoor het die seën van 'n glorieryke koninkryk gevolg. Dit sal ook gebeur wanneer ons eers God se koninkryk soek.