Terug na Jerusalem

Lesson 2

Inleiding
Die dissipels van Jesus was totaal verslae. Al hulle hoop en drome vir die Koninkryk van God was teen die kruis vasgenael die vorige Vrydag. Nou met groot droefheid en verwarring, het Kleopas en sy metgesel stadig die sewe myl reis vanaf Jerusalem na Emmaus afgelê. Met sononder daardie Sondag wandel hulle met die stowwerige pad langs, en 'n vreemdeling sluit by hulle aan. Min het hulle geweet dat hierdie nuwe reisgenoot die herrese Heiland self was. Sonder om veel kennis te neem van die pelgrim het die twee dissipels die verstommende gebeure van die naweek herleef, met groeiende teleurstelling.

Jesus het stil geluister, Hy het gesmag daarna om homself bekend te maak om Sy vriende te kan bemoedig. Maar die Here het doelbewustelik Sy ware identiteit geheim gehou; hulle moes nou, meer as ooit tevore, die Geskrifte begryp. Sou Christus hierdie twee getroue volgelinge Hom laat herken het, dan sou hulle te opgewonde gewees het om na die belangrike waarhede te luister wat Hy moes deel.

Selfs na drie en 'n half jaar van luister na Sy leer en preek, het hulle steeds nie sy sending ten volle begryp nie. Hy het eenvoudig vir hulle gesê, "Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan. En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra." Markus 9:31, 32. Jesus het versigtig hulle hartseer bespreking onderbreek, en vir die volgende twee ure aan hulle die sleutels tot die begryp en verklaring van Skrif en profesie geskenk.

Hoeveel van die Skrif word ons beveel om te glo?
1. Hoeveel van die Skrif word ons beveel om te glo?
Lukas 24:25 glo ______ wat die profete gespreek het!

2 Timoteus 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee


Let wel: Die volledige waarheid van God se woord is in die geskrifte van die Ou en Nuwe Testament. Die sleutels om die profesië van Openbaring te verstaan word meestal in die stories van die Ou Testament gevind. Byvoorbeeld, van die 404 verse in die boek Openbaring is 278 van hulle afgelei van ander stories en profesieë in die Ou Testament.

Wie het Jesus gesê word geopenbaar in die Skrif en profesieë?
2. Wie het Jesus gesê word geopenbaar in die Skrif en profesieë?
Lukas 24:27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op _______ betrekking het.

Johannes 5:39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van my getuig.

Openbaring 1:1 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het


Let wel: Die sentrale figuur in die hele Skrif en profesie is Jesus. Hierdie boeiende reeks dek talle temas van profesie, maar hou in gedagte dat die primêre fokus van Daniël en Openbaring Jesus Christus en Sy koninkryk is.

Wat is ‘n ander naam vir Jesus in die Bybel?
3. Wat is ‘n ander naam vir Jesus in die Bybel?
Johannes 1:1 In die begin was die________, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Johannes 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon

Watter tipe mense het God gebruik om die Bybel te skryf?
4. Watter tipe mense het God gebruik om die Bybel te skryf?
2 Petrus 1:21 deur die Heilige Gees gedrywe, het die _______ mense van God gespreek.

Die ewige lewe word bekom deur Jesus te ken (Johannes 17:3). Hoe was Jesus geken deur Sy dissipels?
5. Die ewige lewe word bekom deur Jesus te ken (Johannes 17:3). Hoe was Jesus geken deur Sy dissipels?
Lukas 24:35 hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die ________.

Let wel: In die Bybel is brood 'n simbool van die Woord van God. Jesus het gesê: "Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan." Matteus 4:4. As ons die Bybel lees, verstaan en volg, dan sal ons krag, vreugde, vrede, en die ewige lewe vind

Hoe belangrik behoort Bybelstudie te wees vir die Christen?
6. Hoe belangrik behoort Bybelstudie te wees vir die Christen?
Job 23:12 die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie _________.

Psalms 119:105 U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.


Let wel: Die duiwel haat die Bybel omdat hy weet dat dit Christus se karakter openbaar en hy sal byna enigiets doen om te verhoed dat mense dit lees. Die duiwel weet dat die Bybel se profesieë sy planne om die mensdom te mislei ontbloot. So moet nie verbaas wees as Satan probeer om jou weg te lei van hierdie reeks lesse of probeer om jou besig te hou met ander dinge nie. God sal 'n weg vir diegene wat waarheid soek maak sodat hulle waarheid kan vind.

Wie help ons om die Bybel te verstaan?
7. Wie help ons om die Bybel te verstaan?
Johannes 16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die ______ van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei.

Johannes 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer.

1 Korinthiërs 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer.

Wat moet ek doen om seker te wees dat die Heilige Gees my lei in Bybelstudie?
8. Wat moet ek doen om seker te wees dat die Heilige Gees my lei in Bybelstudie?
Lukas 11:9 En Ek sê vir julle: _______ , en vir julle sal gegee word;

Lukas 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Johannes 7:17 As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.


Let wel: Deel van die werk van die Heilige Gees is om ons te help om die waarheid van die Skrif te verstaan. Dit is hoekom ons altyd die Heilige Gees moet vra om ons te lei voordat ons God se Woord oopmaak. Ek kan seker wees dat die Heilige Gees my lei in my Bybelstudie wanneer ek (1) Hom vra om my te lei, en (2) bereid is om die waarheid wat Hy openbaar te aanvaar en te volg.
9. Hoe help Bybelstudie en gebed ons?
Psalms 119:11 Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal ________ nie.

Jeremia 33:3 Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

Romeine 15:4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

Jakobus 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid… en dit sal aan hom gegee word.
10. Watter metode van Bybelstudie beveel die geskrifte aan?
Jesaja 28:10 Want dit is ______ op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.

1 Korinthiërs 2:13 met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

2 Petrus 1:20 terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie interpretasie is nie.


Let wel: Ons moet ons eie idees wegsit en die Bybel bestudeer deur alles te lees wat die Bybel leer oor ‘n gegewe onderwerp ("hier 'n bietjie, daar 'n bietjie ") en al die verse te vergelyk vir insette. Ons moet toelaat dat die Bybel vir homself praat. Wanneer dit gedoen word, kom die waarheid altyd duidelik deur. Dit is hoe Jesus die twee dissipels op pad na Émmaüs oortuig het dat Hy inderdaad die Messias was (Lukas 24:27).
11. Wat sal Bybelstudie vir ons doen?
2 Timoteus 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot ________ deur die geloof in Christus Jesus

Let wel: Die Skrif help ons om God se groot plan van verlossing, die belangrikste inligting ooit aan sterflinge gegee, te verstaan.
12. Volgens Jesus, waar kan ons die waarheid vind?
Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die __________ en die lewe.

Johannes 17:17 u woord is die waarheid.


Let wel: Ons vind die waarheid in God se Woord - die Bybel. Waarheid is baie skaars in vandag se wêreld, en die mense van die aarde ly as gevolg van ‘n gebrek aan hierdie waarheid. Die waarheid oor alles wat regtig saak maak word in die Skrif gevind. Om die Bybel te bestudeer en te volg maak mense vry (Johannes 8:32) en bring hulle ware geluk en ‘n lewe van oorvloed (Johannes 15:11).
13. Watter waarskuwings rakende Bybelstudie kom voor in die Skrif?
2 Timothy 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die ____________ reg sny.

2 Petrus 3:16 net soos in al die briewe… waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.


Let wel: “Wat die woord van die waarheid reg sny” beteken om dit korrek en eerlik te interpreteer. Daar is 'n groot gevaar om die Skrif te verdraai sodat dit sê wat ons wil hê dit moet sê. Wat ek sê oor die Bybel maak nie saak nie. Wat tel is wat die Skrif sê oor homself.
14. Hoe moet ons alle godsdientige leer en leerstellings toets?
Handelinge 17:11 hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en _______ dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.

Jesaja 8:20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.


Let wel: Alle godsdienstige leer moet nagegaan word deur die Bybel. Indien enige leer nie duidelik is in die Skrif nie, dan is dit vals en ons moet dit los.
15. Wat het gebeur toe Jesus die Skrifte verduidelik het aan twee mismoedige dissipels op die pad na Émmaüs?
Lukas 24:32 En hulle sê vir mekaar: Was ons _______ nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?
16. Nadat die twee dissipels geweet het dat Jesus lewendig was en geluister het hoe Hy die profisieë verduidelik het, wat het hulle gedoen?
Lukas 24:33 Toe staan hulle in dieselfde uur op en _______ na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was

Let wel: Een van die eerste reaksies wat hierdie leerlinge gehad het na Jesus se verduideliking van die Skrif was 'n brandende begeerte om die goeie nuus met ander te deel. Ons hoop dit is ook jou begeerte om jou vriende te nooi om aan te sluit by hierdie dinamiese reeks Bybelstudies.
Aanvulling
Hier volg 'n lys van sleutelterme en simbole wat dikwels in Bybel profesie voorkom. Elke simbool word weergegee in vetdruk en word gevolg deur die verklaring van die betekenis.

Engel = boodskapper
Daniël 8:16; 9:21; Lukas 1:19, 26; Hebreërs 1:14

Babilon = Godsdienstige afvalligheid/verwarring
Genesis 10: 8-10; 11: 6-9; Openbaring 18: 2, 3; 17: 1-5

Dier = Koninkryk/regering/politieke mag
Daniël 7:17, 23

Brood = Woord van God
Johannes 6:35, 51, 52, 63

Dag = letterlike jaar
Esegiël 4:6; Numeri 14:34

Draak = satan of sy agentskap
Jesaja 27:1; 30:6, Psalms 74:13, 14; Openbaring 12:7-9; Esegiël 29:3; Jeremia 51:34

Voorhoof = Verstand
Romeine 7:25; Esegiël 3:8, 9

Hand = Werk
Prediker 9:10

Hoer = Afvallige kerk/godsdiens
Jesaja 1:21-27; Jeremia 3:1-3; 6-9

koppe = groot moondhede/regeerders/regerings
Openbaring 17:3, 9, 10

Horing = Koning of koninkryk
Daniël 7:24; 8:5, 21, 22; Sagaria 1:18, 19; Openbaring 17:12

Lam = Jesus/offer
Johannes 1:29; 1 Korintiërs 5:7

Lamp = Woord van God
Psalms 119:105

Leeu = Jesus Christus
Openbaring 5:4-9

Merk = teken of seël van goedkeuring of afkeuring
Esegiël 9:4; Romeine 4:11; Openbaring 13:17; 14:9-11; 7:2, 3

Berge = Politiese of godsdienstige-politiese magte
Jesaja 2:2, 3; Jeremia 17:3; 31:23; 51:24, 25; Esegiël 17:22, 23; Daniël 2:35, 44, 45

Olie = Heilige Gees
Sagaria 4:2-6; Openbaring 4:5

Rooi = sonde/korrupsie
Jesaja 1:18; Nahum 2:3; Openbaring 17:1-4

Rots = Jesus/waarheid
1 Korintiërs 10:4; Jesaja 8:13, 14; Romeine 9:33; Matteus 7:24

Seël = Teken van goedkeuring of afkeuring
Romeine 4:11; Openbaring 7:2, 3

Slang = satan
Openbaring 12:9; 20:2

Sterre = engele/boodskappers
Openbaring 1:16, 20; 12:4, 7-9; Job 38:7

Son = Jesus/die evangelie
Psalms 84:11; Maleági 4:2; Matteus 17:2; Johannes 8:12; 9:5

Swaard = Woord van God
Efesiërs 6:17; Hebreërs 4:12

Dief = Vertroebeling van Jesus se koms
1 Tessalonisense 5:2-4; 2 Petrus 3:10

Tyd = letterlike jaar
Daniël 4:16, 23, 25, 32; 7:25

Waters = Bewoonde gebied/mense, nasies
Openbaring 17:15

Fyn linne / Wit klere = Oorwinning/geregtigheid
Openbaring 19:8; 3:5; 7:14

Winde = Stryd/oproer/"winde van oorlog"
Jeremia 25:31-33; 49:36, 37; 4:11-13; Sagaria 7:14

Vrou, Suiwer = Ware kerk
Jeremia 6:2; 2 Korintiërs 11:2; Efesiërs 5:23-27; Openbaring 14:4

Vrou, Ontrou = afvallige kerk
Esegiël 16:15-58; 23:2-21; Hosea 2:5; 3:1