Die Millennium Man

Lesson 1

Inleiding
Die koninkryk van Babilon was ryk en voorspoedig, tog was Nebukadnesar, die koning, rusteloos op sy koninklike bed. Hoe lank sou hierdie goue era strek, het hy gewonder, en wat sou word van sy magtige ryk wanneer hy nie meer daar was nie?

Met sulke ontstellende vrae wat deur sy gedagtes maal het die magtige heerser uiteindelik aan die slaap geraak. Daardie nag, het 'n heldere beeld van 'n betowerende multi-metaal man in sy gedagtes opgekom, 'n panorama van kleur anders as enigiets wat hy nog ooit tevore ervaar het. Hy het sy beddegoed opsy gegooi en vir sy waste en knegte beveel om "Al die towenaars, besweerders en Chaldeërs onmiddelik te ontbied. Ek moet dadelik die uitleg van hierdie droom hoor!"

Die koning se wyse manne was geroep en het voor die ontstelde monarg verskyn. "[Toe] sê die koning vir hulle: Ek het ‘n droom gehad, en my gees is onrustig om die droom te verstaan. " Daniël 2:3. Van die valse profete het geantwoord, "Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee." Maar soos gereeld gebeur met drome, die besonderhede het alreeds begin om te vervaag in Nebukadnesar se geheue.

Hierdie manne het beweer dat hulle oor goddelike insig beskik, maar die koning het begin om hulle vermoëns te betwyfel. Hierdie sou die perfekte toets wees. "Die saak staan by my vas: as julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gekap en van julle huise mishope gemaak word"

Die towenaars en besweerders het geen ander keuse gehad as om te moet erken dat hulle magteloos was om die koning se droom uit te lê sonder om eerstens die droom aan te hoor. Woedend met hierdie spul, het die koning beveel dat al die wyse manne van Babilon tereggestel moes word. Tog was daar een persoon in Babilon, deur die Here beskik, wat die koning se droom aangaande die kolossale metaalman kon verduidelik.

Hoekom het God hierdie droom vir die Babiloniese koning gegee?
1. Hoekom het God hierdie droom vir die Babiloniese koning gegee?
Maar daar is ‘n God in die hemel wat ______________ openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur.

Let wel: In hierdie droom van die beeld wat gemaak was uit verskillende metale het God die opkoms en val van die koninkryke van die toekomstige millenniums gewys wat ‘n direkte invloed op Sy mense sou hê.

Toe die koning se raadgewers nie die droom kon openbaar en uitlê nie, wat was koning Nebukadnésar se opdrag?
2. Toe die koning se raadgewers nie die droom kon openbaar en uitlê nie, wat was koning Nebukadnésar se opdrag?
Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel _____________.

Let wel: Die astroloë en geleerdes van Babilon het beweer dat hulle bonatuurlike krag het, maar toe hulle nie die droom kon openbaar vir die koning nie, het dit gewys dat hulle magteloos en bedrieërs wees. As die koning die droom kon onthou, sou hulle eenvoudig hulle eie valse interpretasie gee. In sy woede het Nebukadnésar vir al die wyse manne die doodstraf gegee, selfs diegene wat nie teenwoordig was nie. Onder diegene wat afwesig was van die ontmoeting met die koning was 'n Godvresende gevangene met die naam van Daniel, wat pas opgelei was vir die koning se diens.

Toe Daniël van die doodsbevel verneem het, wat het hy van die koning versoek en wat het hy vir sy vriende vertel?
3. Toe Daniël van die doodsbevel verneem het, wat het hy van die koning versoek en wat het hy vir sy vriende vertel?
Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom ________ moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee.

Daniël 2:17, 18 Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Hanánja, Mísael en Asárja, sy metgeselle, die saak bekend, en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim.


Let wel: Daniël het ‘n bietjie tyd van Nebukadnésar gevra en het belowe dat hy die droom en die betekenis sal openbaar. Die koning, wat steeds desperaat was om die betekenis van die droom te weet, het Daniël se versoek aanvaar. Toe het Daniël en sy vriende gebid vir die enigste God wat die koning se droom kon openbaar. Hulle het gebid tot die God van die hemel.

Nadat die Here die droom aan Daniël geopenbaar het, aan wie het hy die loof en eer gegee?
4. Nadat die Here die droom aan Daniël geopenbaar het, aan wie het hy die loof en eer gegee?
U, God van my vaders, loof en prys ek... Maar daar is ‘n _______ in die hemel wat geheime openbaar.

Let wel: Die opkoms en val van koninkryke mag voorkom asof dit gebeur deur die wil van die mens, maar Daniël se gebed van lof openbaar duidelik dat dit is die God van die hemel wat ingryp. Niks gebeur sonder dat God alreeds bewus daarvan was en dit toegelaat het nie. Soms kan ons nie verstaan wat in ons wêreld gebeur en hoekom dit gebeur nie, maar dit is gerusstellend om te weet dat God altyd in beheer is. Slegs Daniël kon die droom aan die koning bekend maak, maar hy gee duidelik al die lof en eer aan die Een wat die droom aan hom openbaar het – die God van die hemel.

Watter twee voorwerpe het die koning in sy droom gesien, volgens Daniël?
5. Watter twee voorwerpe het die koning in sy droom gesien, volgens Daniël?
U, o koning, het ‘n gesig gehad—kyk, daar was ‘n groot ________ .

Daniël 2:34 U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak.


Let wel: Die eerste ding wat die koning gesien het, was 'n groot beeld gemaak van die volgende mineraal-elemente:

1. Die hoof was van goud.
2. Die bors en arms was van silwer.
3. Die maag en lendene was van koper.
4. Die bene was van yster.
5. Die voete van yster en klei.

Daarna het die koning 'n klip gesien wat sonder hande losgemaak is. Teen hierdie tyd het koning Nebukadnésar ongetwyfeld betowerd gesit aan die rand van sy troon. Daniël het die droom presies soos God dit aan hom gegee het gedeel met die koning. Die koning het gretig gewag om uit te vind wat die droom beteken. Daniël het voortgegaan om die interpretasie te verduidelik wat die Here aan hom openbaar het, en ons sal goed doen om dit te neem net soos Hy dit gegee het. Die enigste veilige manier om die Bybel en profesie te interpreteer is om die Bybel toe te laat om homself te verduidelik.

Wat word deur die hoof van goud verteenwoordig?
6. Wat word deur die hoof van goud verteenwoordig?
ú is die ______ van goud.

Let wel: Die koning was beskou as die hoof van die koninkryk. Dit is die rede waarom Nebukadnésar Babilon verteenwoordig - die ryk wat die profesie begin. Neo-Babilon het die wêreld regeer van 612-539 B.C. as een van die magtigste koninkryke van ouds – ‘n koninkryk wat gepas beskryf kon word as die hoof van goud. Let daarop dat die profesie begin met Daniël se tyd.

Sou die Babiloniese koninkryk vir ewig staan?
7. Sou die Babiloniese koninkryk vir ewig staan?
En ná u sal daar ‘n ______ koninkryk opstaan, geringer as dié van u.

Let wel: Babilon se heerskappy sou nie vir ewig duur nie. Daaropvolgende koninkryke, minderwaardig teenoor Babel, sou regeer in Babilon se plek. Net soos silwer minderwaardig is teenoor goud, so sou die koninkryk wat Babilon volg verminderde heerlikheid geniet. Onder leiding van Kores in 539 B.C., het die Medo-Persiese Ryk Babilon verower. Die Mede en Perse was die regerende wêreldmag vanaf 539-331 B.C. Tydens hul regering moes alle belasting betaal word in silwer.
8. Watter metaal het die koninkryk verteenwoordig wat na Medo-Persië sou regeer?
daarna ‘n ander, ‘n derde koninkryk, van ____, wat oor die hele aarde sal heers;

Let wel: Die koper koninkryk van Griekeland het aan bewind gekom toe Alexander die Grote die Mede en Perse verower het by die slag van Arbela in 331 B.C. Griekeland was in beheer tot ongeveer 168 B.C. Griekse soldate was "koper bedekte" genoem omdat hul wapens alles van brons was. Let op hoe elke daaropvolgende metaal uitgebeeld in die beeld minder waardevol is, maar meer blywende as die een voor dit.
9. Watter metaal verteenwoordig die vierde koninkryk?
en die vierde koninkryk sal hard wees soos _____.

Let wel: Die yster monargie van Rome verower die Grieke in 168 B.C. en geniet wêreld oorheersing tot Rome gevange geneem word deur die Oos-Gote in A.D. 476. Rome is die koninkryk wat die wêreld oorheers toe Jesus Christus gebore is. Let op hoe Daniël 'n duisend jaar van die wêreldgeskiedenis voorspel met onfeilbare akkuraatheid. Die opkoms en val van hierdie vier wêreldryke - Babilon, Medo-Persië, Griekeland, en Rome - is duidelik in die Bybel voorspel en ook bewys deur die geskiedenisboeke.
10. Wat sou gebeur na die val van die Romeinse Ryk?
dit sal ‘n ________ koninkryk wees… En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is—’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ‘n gedeelte sal bros wees.

Let wel: Toe die Romeinse Ryk begin verkrummel het in 476 AD, is dit nie oorval deur 'n ander wêreldmag nie. Barbaarse stamme het die Romeinse Ryk verower en verdeel, net soos Daniël geprofeteer het. Tien van hierdie stamme het ontwikkel in moderne Europa. Hulle was die Oos-Gote, Wes-Gote, Franke, Vandale, Alemannians, Sueves, Anglo-Saksers, Heruls, Lombarde, en Boergondiërs. Sewe van hulle bestaan vandag nog in Europa. Byvoorbeeld, die Anglo-Saksers is die Engelse, die Franke is die Franse, die Alemannians is die Duitsers, en die Lombarde is die Italianers.
11. Sou hierdie 10 koninkryke ooit daarin slaag om te verenig?
hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar ______ nie, net soos yster nie met klei meng nie.

Let wel: Deur die huwelik, alliansies en onderhandeling, het die mense vergeefs probeer om die Europese kontinent te verenig. Regdeur geskiedenis het leiers soos Charlemagne, Kaiser Wilhelm, Mussolini, en Hitler geveg om 'n nuwe Europese Ryk te bou; maar die woorde van die Skrif het elke probeerslag gestop – “hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie”! Openbaring 13 vertel ons daar sal 'n ander probeerslag wees om 'n universele godsdiens te vestig, maar Daniël se profesie stel dit duidelik dat die wêreld polities verdeel sal bly vir die res van die aarde se geskiedenis.
12. Wie sal die finale koninkryk opstel?
Maar in die dae van dié konings sal die God van die ___________ ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie.

Let wel: Die volgende groot universele koninkryk sal die koninkryk van die hemele wees, soos beskryf word in Mattheus 25:31-34.
13. Wat sal die klip doen met die ander wêreld koninkryke?
U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld ____________ het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het... maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.

Let wel: Die klip wat sonder mensehande gesny was verteenwoordig God se koninkryk. Dit sal nie 'n kombinering van aardse koninkryke wees nie, maar 'n totale vervanging (Openbenbaring 21:1). Die Skrif verklaar dat wanneer Jesus Christus terugkeer na die aarde, sal Hy al die koninkryke van die aarde heeltemal vernietig en 'n ewige koninkryk vestig (Daniël 2:44). Watter opwindende nuus! Jesus Christus kom weer! Alle geskiedenis beweeg na 'n klimatiese einde wanneer die Seun van God sal terugkeer in heerlikheid om ‘n koninkryk van ewige geregtigheid te vestig.

Koning Nebukadnésar mag gedink het dat hy die ware God oorwin het toe hy Jerusalem beleër en die tempel vernietig het (Daniël 1:1, 2), maar hy is baie vinnig geleer dat God mag het oor almal. Die mensdom se aktiwiteite is onder God se beheer, en uiteindelik sal Hy die oorlog wen. Babilon, Medo-Persië, Griekeland, Rome, en die 10 afdelings van die Romeinse Ryk het dalk probeer om goddelike gesag wederregtelik te neem en die mense van God te vernietig, maar alle aardse koninkryke sal uiteindelik vernietig word deur die koms van Christus. Alle dank aan God, Hy sal die groot stryd wen!
14. Na die duidelike uitleg van die droom deur Daniël, wat het Nebukadnésar gesê oor God?
Die koning het Daniël geantwoord en gesê: Waarlik, julle God is die _____ van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse.

Let wel: Toe hy sien dat God volle beheer het van gebeure in die wêreld, het selfs Nebukadnésar eerlik erken dat die God wat Daniel dien bo al die heidense gode van Babilon was. Hoe vinnig het die prentjie verander! Daniël en sy vriende, as gevolg van hul getrouheid aan God, was verhef uit hul aanvanklike ballingskap in Babilon na posisies van prominente leierskap vir die koninkryk (Daniël 2:48, 49). God eer altyd diegene wat Hom vereer (1 Samuel 2:30).

Aanvulling
Aanvulling
Goud = Babilon
Die hoof van goud stel die koninkryk van Babilon voor, dit was die heersende wêreldmag vanaf 612-539 v.C.

Silwer = Medo-Persië
Die bors en arms van silwer stel die alliansie van Medo-Persië voor, die heersende wêreldmag vanaf 539-331 v.C.

Brons = Griekeland
Die heupe van brons stel die koninkryk van Griekeland voor, die heersende wêreld mag vanaf 331-168 v.C.

Yster = Rome
Die bene van yster stel Rome voor, wat die voorste wêreldmag was vanaf 168 v.C.- 476 n.C.

Yster en Klei gemeng = die Verdeelde Ryk
Die voete wat deels van yster en deels van klei was, stel die verdeelde ryk voor wat mekaar nie sal aankleef nie. Geen enkele mag het die wêreld regeer nie sedert 476 n.C., en so verdeeld sal dit bly tot en met Christus se wederkoms.