Get the daily devotional to your inbox
Looks good!
Please enter a valid email address.
Looks good!
Please confirm your email address.

Die Wet van die Koning

Die Wet van die KoningLesson 6

Inleiding
Nadat Darius, koning van die Mede-en-Perse, Babilon verower het, het hy alle Babiloniese regeringsamptenare tereggestel, behalwe een. Die gelukkige man was Daniël, 'n dienskneg van die ware God. Sewentig jaar tevore was hy as gevangene van Juda na Babilon gebring en het in die paleis gedien as raadgewer vir die Babiloniese konings. Daniël het dwarsdeur die koninkryk bekend geword 'omdat in hom ‘n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is...' Daniël 5:12; 6:3.

Koning Darius het Daniël nie net gespaar nie, maar hy was van plan om 'hom oor die hele koninkryk aan te stel '. Daniël 6:4. Toe die Medo-Persiese amptenare verneem dat die koning 'n ou Hebreeuse gevangene gaan bevorder om oor hulle te heers, was hulle jaloers en woedend. Daarom het hulle beplan om Darius te verlei om 'n wet te onderteken wat bepaal dat elkeen wat 'n versoek aan enige god of man behalwe die koning sou rig, in die leeukuil gewerp sou word (Daniël 6:7). Blykbaar het hierdie manne geweet dat Daniël onwrikbaar in sy gebedslewe was en vasbeslote was om die wet van sy God te gehoorsaam, wat die aanbidding van enige ander god verbied (Exodus 20:3).

Net soos hulle verwag het, het die amptenare vir Daniel gevang tot God bid voor sy op venster. Toe koning Darius ontdek dat hy bedrieg is en dat sy ou vriend op pad was na die leeukuil, het hy elke moontlike manier ondersoek om Daniël te bevry van die dwase wet wat hy onderteken het. Maar die wet kon nie verander word nie. Daniël het na die leeukuil gegaan, en God het sy getrouheid beloon deur 'n engel te stuur om die leeus se bekke te sluit (Daniël 6:22).

Profesie sê vir ons dat God se volk in die laaste dae 'n soortgelyke besluit sal moet neem oor watter koning en watter wet hulle sal gehoorsaam.
Kan God se morele wet verander of herroep word?

Kan God se morele wet verander of herroep word?

Let wel:   Onder geen omstandighede kan God se Tien Gebooie ooit verander of herroep word nie. Dit is so permanent soos God self. Drie maal in die Bybel het aardse konings (Herodus, Ahasvéros, en Darius) wette gemaak wat hulle later wou verander, maar wat hulle nie kon nie. As die wette van swak, menslike konings nie kon verander nie, hoe kan enigiemand dink dat die ewige wet van God, wat deur Sy eie vinger in klip geskryf is, kan verander? Kyk na hierdie vergelyking tussen God en Sy wet.

"Eienskappe" God Is Die Wet Is
GoedLukas 18:19Romeine 7:12
HeiligJesaja 5:16Romeine 7:12
RegverdigDeuteronomium 32:4Romeine 7:12
VolmaakMattheus 5:48Psalm 19:7
Liefde1 Johannes 4:8Romeine 13:10
RegEksodus 9:27Psalm 19:9
WaarheidDeuteronomium 32:4Psalm 119:142,151
Rein1 Johannes 3:3Psalm 19:8
GeestelikJohannes 4:24Romeine 7:14
OnveranderlikMaleagi 3:6Mattheus 5:18
EwigGenesis 21:33Psalm 111:7,8


God se wet kan nie verander word nie, want dit is 'n transkripsie van Sy karakter. Die wonderlike woorde in die Bybel wat God beskryf, beskryf ook Sy wet. God se wet is Sy karakter in skrif. Dit is net so onmoontlik om God se wet te verander as wat dit is om God self te verander.

Volgens die Bybel, wat is sonde?

Volgens die Bybel, wat is sonde?

Let wel:   Die duiwel haat die wet, want dit maak ons bewus daarvan dat ons 'n Verlosser van sonde nodig het. Romeine 4:15 sê: “Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie.” Die wet kan niemand red nie, maar dit wys ons God se volmaaktheid en ons onvolmaaktheid.

Na watter wet verwys 1 Johannes 3:4?

Na watter wet verwys 1 Johannes 3:4?

Let wel:   Dit is God se Tien Gebooie wat sê: “Jy mag nie begeer nie.” Dit is sonde om God se Tien Gebooie, geskryf met Sy eie vinger (Eksodus 31:18; 32:16), te breek. Enige sonde wat gepleeg kan word, word veroordeel deur minstens een van die Tien Gebooie.

Dit is waarom God se wet bekendstaan as "wyd" (Ps. 119:96) en "volmaak" (Psalm 19:8). Dit "geld vir alle mense." Prediker 12:13. Wanneer ons bewus raak van ons sondes, soek ons ‘n Verlosser. Daarom haat die duiwel die wet, want dit stuur ons om na Jesus te soek, wat kan red en vergewe.

Het Jesus die Tien Gebooie bewaar?

Het Jesus die Tien Gebooie bewaar?

Let wel:   Jesus het inderdaad die Tien Gebooie as 'n voorbeeld vir ons onderhou (1 Petrus 2:21).

Hoeveel mense het gesondig?

Hoeveel mense het gesondig?

Wat is die straf vir 'n lewe van sonde?

Wat is die straf vir 'n lewe van sonde?

Let wel:   As God se wet verander kon word, sou dit nie nodig gewees het vir Jesus om aan die kruis te sterf nie. Die feit dat Jesus die straf vir sonde en dood betaal het is 'n bewys dat die wet onveranderlik is.

Sommige sê dat die Tien Gebooie nie bindend is vir Nuwe Testament Christene nie. Wat het Jesus gesê?

Sommige sê dat die Tien Gebooie nie bindend is vir Nuwe Testament Christene nie. Wat het Jesus gesê?

Let wel:   Die Nuwe Testament leer duidelik dat God se mense Sy gebooie sal hou. Almal van ons weet dat die wêreld vandag in groot moeilikheid is omdat so baie mense dit nie meer belangrik ag om God se gebooie te onderhou nie. Die Bybel praat van ons dag deur te sê: “Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek.” Psalm 119:126.

Hoe is dit moontlik om die gebooie te onderhou?

Hoe is dit moontlik om die gebooie te onderhou?

Let wel:   Wanneer 'n mens wedergebore word, woon Jesus Christus, deur Sy Heilige Gees, in daardie persoon se lewe en doen ‘n wonderwerk om gehoorsaamheid moontlik te maak.


Wat is die ou verbond, en waarom het dit misluk?

Let wel:   Die fout van die ou verbond was by die mense, nie by God of Sy wet nie.

Psalm 19:8 Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.


Op watter wet is die nuwe verbond gebaseer?

Let wel:   Die twee verbonde was ooreenkomste tussen God en Sy volk. Die ou verbond het misluk omdat dit op die foutiewe beloftes en werke van die mense gebaseer was.

Exodus 24:7 Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.

Die nuwe verbond is suksesvol, omdat dit God se wet is wat in die hart geskryf is, en word op die beloftes van Jesus en Sy wonderlike krag gebaseer, en nie die beloftes van die mense nie.

Hebreërs 8:10 Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe;

'n Persoon se hele natuur word verander, sodat dit 'n plesier word om God se wil te doen. Let daarop dat die nuwe verbond op dieselfde wet gebaseer is, maar dat dit in ‘n ander plek (die hart) geskryf is, en op beter beloftes (God s’n) gebaseer is.


Al is ons onder die genade, deur geloof, moet ons nogsteeds die wet hou?

Let wel:   Diegene wat deur Jesus vergewe is vir die oortreding van Sy wet is dubbel verplig om Sy wet te gehoorsaam. En omdat hulle weet van Sy vergifnis, sal hulle meer as ander verlang om Jesus gelukkig te volg.


Word mense gered deur die wet te onderhou?

Let wel:   Niemand word gered deur die hou van God se wet nie. Almal word deur die wonder-werkende genade van God gered. Maar die wat gered is, en wedergebore is, sal deur die genade van Jesus Sy wet wil hou as 'n uitdrukking van hul liefde en dankbaarheid aan Hom.

Johannes 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.


Wat motiveer 'n persoon om God se wet te gehoorsaam?

Let wel:   Liefde is die beste motiveerder. Die eerste vier gebooie het te doen met my plig teenoor God. As ek lief is vir Hom, is gehoorsaamheid aan die gebooie 'n plesier. Die laaste ses gebooie omhels my plig teenoor mense. As ek mense werklik liefhet, sal ek nie iets wil doen wat hulle kan seer maak nie


Kan ek 'n ware Christen wees sonder om God se gebooie te hou?


Is daar van die Ou Testament wette wat nie meer bindend op Christene is nie?

Let wel:   Ja, die insettinge wat die priesterskap en die offerstelsel gereguleer het is afgeskaf omdat hulle Christus voorafgeskadu het (Kolossense 2:13-17). Hy het hulle vervul as die ware Lam van God.


Wie haat die duiwel veral?

Let wel:   Satan haat God se eindtyd-kerk wat Jesus se gebooie gehoorsaam en mense leer dat daar 'n goddelike krag is wat sondaars na heiliges kan verander.


Wat is 'n paar van die heerlike belonings van die onderhouding van God se wet?

Let wel:   Geluk, vreugde, vrede, en ‘n meer volop lewe kom na diegene wat God se wet onderhou. Geen wonder Dawid het gesê dat God se opdragte meer begeerlik as goud is nie (Psalm 19:11).