Die Beste Offer

Lesson 5

Inleiding
Die hemelruim was nog donker toe die ou aartsvader, God duidelik hoor praat het: "Abraham! ... Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys" Genesis 22:1, 2.

Abraham het begin bewe toe hy die verbysterende gevolge van hierdie opdrag in ag neem. God het belowe dat hy deur Isak die vader van 'n magtige nasie sou word. Al die hoop en drome van Abraham was gevestig op hierdie wonderseun wat aan hom en Sara op hul oudag gegee was. Hy het nie verstaan ​​waarom God hom nou gevra het om hierdie vreemde daad te verrig nie, maar hy het geleer om sy hemelse Vader te vertrou en te gehoorsaam-selfs wanneer hy nie so seker was nie.

Abraham het die jong Isak en twee getroue dienaars saggies wakker gemaak, en die klein geselskap het die reis van drie dae na Moría begin. Toe hulle die berg van offerande benader, het Abraham sy knegte opdrag gegee om te wag totdat hy en Isak terugkom. Toe plaas hy die hout op die rug van sy seun, en saam was hulle toe die berg op.

Isak het besef dat iets nie pluis was nie en het gevra: "My vader! ... Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ‘n brandoffer? " Abraham antwoord: "God sal vir Homself die lam vir ‘n brandoffer voorsien, my seun."

Toe hulle die bergtop bereik, verduidelik Abraham, met trane in sy oë, die rede vir hul sending. Isak het hom gehoorsaam onderwerp aan God se bevel. Na die laaste omhelsing het die vader sy seun saggies gebind en op die rotsaltaar neergelê. Abraham lig die mes op, maar skielik word hy deur 'n engel voorgekeer en word beveel om eerder 'n wilde ram te offer wat deur sy horings in 'n nabygeleë doringbos vasgekeer was.

Hierdie aangrypende verhaal was nie die enigste keer dat 'n pa 'n pynlike besluit moes neem om sy geliefde seun op te offer nie.

Wie was deur die dier verteenwoordig wat in Isak se plek geoffer was?
1. Wie was deur die dier verteenwoordig wat in Isak se plek geoffer was?
Johannes 1:29 Die volgende dag sien Johannes __________ na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Hoekom was dit nodig vir Jesus om te sterf?
2. Hoekom was dit nodig vir Jesus om te sterf?
Romeine 3:23 want ________ het gesondig

Romeine 6:23 Want die loon van die sonde is die dood

Hebreërs 9:22 en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

1 Korinthiërs 15:3 dat Christus vir ons sondes gesterf het

1 Petrus 3:18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die regverdige vir die onregverdiges


Let wel: Die Bybel is van onskatbare waarde, want dit vertel hoe sonde in die wêreld gekom het en hoe dit verwyder sal word. God kan nie die lelike gevolge van sonde duld nie. Die straf van sonde is dood. Die ergste is dat toe Adam en Eva gesondig het, dié siekte van dood versprei het na die hele mensdom. God se wet en die straf vir oortreding kon nie verander word nie, en daarom was alle mense gedoem. God kan dit nie verdra om geskei van Sy skepsels te wees nie. In ‘n daad van onbeskryflike liefde het God gekies om Sy Seun in die wêreld te stuur om in jou en my plek te sterf. Ons sondes en doodstraf was op Hom geplaas, en ons is vry.

Wat word hierdie groot plan van verlossing genoem?
3. Wat word hierdie groot plan van verlossing genoem?
Openbaring 14:6 En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige ______________ om te verkondig aan die bewoners van die aarde

Let wel: God se plan van verlossing staan bekend as die "evangelie" wat "goeie nuus" beteken. Dit is inderdaad die mees fantastiese nuus wat ooit aan mense gegee is. Ons doodstraf is betaal deur Jesus, en ons skuld is verwyder.

Waarom het God so 'n fantastiese offer vir ons gemaak?
4. Waarom het God so 'n fantastiese offer vir ons gemaak?
Johannes 3:16 Want so ______het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het

Let wel: Die sterkste aardse band is die liefde van 'n ouer vir 'n kind. Toe God die Vader bereid was om sy Seun, Jesus, te laat ly en sterf in ons plek, het Hy in die mees kragtigste taal gedemonstreer hoe verskriklik lief Hy vir elkeen van ons is.

Wat moet ek doen om hierdie offerdood van Jesus te ontvang in my lewe?
5. Wat moet ek doen om hierdie offerdood van Jesus te ontvang in my lewe?
Handelinge 16:31 _______ in die Here Jesus Christus en jy sal gered word

Johannes 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo


Let wel: Jesus se offer van redding is 'n gawe (Romeine 6:23). My deel is om te glo dit is waar en die gawe deur geloof te ontvang.

Hoe word ek vergewe en gereinig?
6. Hoe word ek vergewe en gereinig?
Handelinge 3:19 Kom dan tot inkeer en ________ julle, sodat julle sondes uitgewis kan word

1 Johannes 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.


Let wel: Belydenis is die verbale kant van bekering. Ware bekering sluit 'n hartseer vir, en wegdraai, van sonde in (Spreuke 28:13).

Wat word hierdie wonderlike bekerings ervaring genoem?
7. Wat word hierdie wonderlike bekerings ervaring genoem?
Johannes 3:7 julle moet weer __________ word

Let wel: Hierdie heerlike ervaring word na verwys as 'n nuwe geboorte, want, van daardie oomblik, het ons geen verlede nie. In plaas daarvan begin ons 'n vars nuwe lewe, net soos 'n pasgebore baba. Dit is ‘n fantastiese ervaring om ‘n nuwe lewe te begin sonder enige skuld op ons rekord.
8. Wie woon in die hart van elke weder-gebore Christen?
Johannes 14:17 die __________ van die waarheid… maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

Let wel: Jesus self woon in 'n Christen deur Sy Heilige Gees.
9. Wanneer Jesus deur die Heilige Gees in my hart bly, wat sal ek doen?
Filippense 2:13 want dit is God wat in julle ________ om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

Let wel: Ek sal Sy wil graag wil doen, en Hy gee my die krag om werklik Sy wil uit te voer.
10. Hoekom kan ek doodseker wees dat my wedergebore ervaring suksesvol sal wees?
Filippense 1:6 dat Hy wat ‘n goeie werk in julle __________ het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;

Let wel: Ek is vol vertroue omdat Jesus belowe om dit vir my te bereik deur Sy grote krag. Redding berus op Sy vermoë, nie myne nie.
11. Hoekom faal party mense in hulle Christelike ervaring?
Jesaja 53:6 ons het elkeen sy ______ pad geloop

2 Petrus 3:2 sodat julle die woorde kan onthou… en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser.


Let wel: Mense vaal dikwels in die Christelike lewe omdat hulle Jesus as Verlosser aanneem, maar nie as Here, of "Leier" van hul lewens nie. Die meeste van ons wil ons eie manier hê en ons wil ons eie lewens beheer.

Wanneer ons Jesus as Here aanvaar, gee ons die beheer van ons lewens oor aan Hom. Ons hou ons hande van die stuurwiel van ons lewens af en vra Hom om die pad te wys. (Sien aanvulling getiteld "Eenmaal gered, Altyd gered? ")
12. Hoe kan ek weet dat Jesus my aanvaar en dat ek Sy kind is?
Titus 1:2 die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af _________ het

Mattheus 7:7 Bid, en vir julle sal gegee word;


Let wel: Ons weet dat Jesus ons ontvang wanneer ons Hom vra, omdat Hy nie kan jok nie. Hy het belowe om ons te ontvang, en Hy ontvang ons – nie omdat ons anders voel nie, maar omdat Hy belowe het.
13. Hoe sal ware bekering ‘n lewe verander?
Johannes 13:35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle _________ onder mekaar het.

2 Korinthiërs 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe1 Johannes 3:22 omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom.

Romeine 12:2En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Handelinge 1:8 en julle sal my getuies wees

Efesiërs 6:18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees
14. Watter wonderlike beloftes gaan gepaard met die Christelike lewe?
Filippense 4:13 Ek is tot _________ in staat deur Christus wat my krag gee.

Filippense 4:19 En my God sal elke behoefte van julle vervul

Markus 10:27 want by God is alle dinge moontlik

Johannes 15:11 en julle blydskap volkome kan word.

Johannes 10:10 Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Hebreërs 13:5 Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.

Hebreërs 13:6 ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?

Johannes 14:27 my vrede gee Ek aan julle


Let wel: God gee Sy mense die volgende agt kosbare beloftes as geskenk:

• Ons kan enigiets deur Jesus se krag bewerkstellig.
• Al ons behoeftes sal voorsien word.
• Niks sal vir ons onmoontlik wees.
• Ons blydskap sal vol wees.
• Ons sal lewe in oorvloed hê.
• God sal ons nooit verlaat nie.
• Ons hoef nooit te vrees wat mense aan ons kan doen nie.
• Die Here sal ons Sy volmaakte vrede gee.

Prys die Here! Hoe kan enigiets beter wees as dit?
Aanvulling
Een keer gered, altyd gered?

Kan 'n persoon nogsteeds verlore gaan, na hy Christus as sy Verlosser aangeneem het?

Slegs in God se Woord kan ons die antwoord op hierdie vraag vind. Die Bybel spreek vanself: "Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;
... nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie," Hebreërs 10:23, 24, 26.

Nêrens in die Bybel leer ons dat ons verantwoordelikheid tot 'n einde kom wanneer ons 'n Christen word nie. God se Woord is duidelik: "Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste. Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol." 2 Petrus 2: 20-22.

Christenskap bestaan uit meer as slegs een besluit. Jesus het gesê dat ons verlossing gebaseer is op die voorwaarde dat ons in Hom sal bly (Johannes 15:4). En die apostel Paulus sê: "Ek sterf dag vir dag..." 1 Korintiërs 15:31. Dit beteken dat hy daagliks gekies het om homself te verloën en Jesus te volg. Die Here self het gesê: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg." Lukas 9:23.

Die Bybel leer ons nie dat ons die rug kan draai op die waarheid en steeds gered kan word nie. Esegiël 18:24 sê: "Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen—sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe." Paulus herinner ons ook: "Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie." 1 Korintiërs 10:12.

Sommige mense reken dat hulle 'saam kan praat' sonder om 'die pad te stap'. Maar Jesus het gesê: "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!" Matteus 7: 21-23.

Paulus het die voortdurende stryd van die ware Christen uitgebeeld toe hy gesê het: "Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie." 1 Korintiërs 9:24-27.

Om te glo dat, sodra ons gered is, ons nie meer verlore kan gaan nie, is om te glo dat God ons grootste vryheid-die vryheid van keuse-wegneem. Aan die ander kant wil God hê dat ons die versekering moet hê, dat Hy die werk wat Hy in ons lewens begin het, sal voltooi. "omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;" Filippense 1:6.

Ons kan vol vertroue wees dat as ons aanhou om te volg, Hy sal voortgaan om te lei en nooit die hand wat gewillig in syne is, sal laat vaar nie. "Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word." Matteus 24:13.