‘n Hemelse Model

Lesson 15

Inleiding
Nog nooit tevore het die Here sulke magtige tekens en wonders vertoon soos toe Hy die kinders van Israel van slawerny in Egipte bevry het. Plaag na plaag het op Farao se koninkryk geval totdat hy gedwing was om sy gevangenes vry te laat. Toe het die Here die Rooisee gekloof en die jong nasie na vryheid gelei, en terselfdertyd die agtervolgende vyand verdrink.

Na hulle die woestyn in getrek het, het God hulle verras deur hulle suidwaarts te lei --in die teenoorgestelde rigting van die Beloofdeland. Die Here het geweet dat hulle voor hulle gereed sou wees om hulle erfenis te ontvang, moes hulle eerstens georganiseerd wees en op God vertrou. Op reis na Berg Sinai, het God voorsien in al hulle behoeftes. Wanneer hulle honger was, het God hulle gevoed met brood van bo (manna). Wanneer hulle dors was, dan het die Here vloeiende water voorsien uit 'n rots. Wanneer 'n vyand hulle skielik van agter af aanval, dan ontvang hulle 'n wonderbaarlike oorwinning.

Uiteindelik, kamp die Israeliete by die voet van die heilige berg. Daar het God iets gedoen wat Hy nog nooit tevore of daarna weer gedoen het nie. Hy het sy gebooie gespreek, voor die hele nasie, sy verbond, die Tien Gebooie. Na die Here sy wet hoorbaar gespreek het, het Hy vir Moses geroep na bo op Berg Sinai om daar 'n afskrif in klip geskrywe te ontvang. Maar God het hom ook iets anders daarby gegee. Tydens die 40 dae en 40 nagte het Moses ook noukeurige instruksies ontvang aangaande hoe om 'n pragtige draagbare tempel vir God te bou. Dit was 'n klein model van Sy hemelse woning. Hierdie unieke struktuur sou dien as drie-dimensionele simboliese lesstudie vir die hele wêreld aangaande God se plan om ons te red van sonde.

Wat het God vir Moses gevra om te bou, en hoekom?
1. Wat het God vir Moses gevra om te bou, en hoekom?
Exodus 25:8 En laat hulle vir My 'n heiligdom maak; dat ek onder hulle kan ______

Let wel:

Wat het God van Sy mense verwag om van die heiligdom en die dienste te leer?
2. Wat het God van Sy mense verwag om van die heiligdom en die dienste te leer?
Psalms 77:13 U ______ , o God, is in die heiligdom; wie is so 'n groot God soos onse God

Let wel: God se weg, of plan, van verlossing word geopenbaar in die aardse heiligdom. Alles in die heiligdom, of verbind met die dienste, was 'n simbool van iets wat Jesus sou doen om ons te red. Ons kan die plan van verlossing nie ten volle verstaan totdat ons die heiligdom en sy dienste verstaan nie. Dit was 'n groot 3-D voorwerp les wat die verlossingsproses verduidelik.

Waar het Moses die bouplan vir die heiligdom gekry?
3. Waar het Moses die bouplan vir die heiligdom gekry?
Eksodus 25:40 En kyk dat jy dit maak volgens hulle ________ wat jou op die berg gewys is

Let wel: Die heiligdom bloudrukke, met volledige spesifikasies vir die konstruksie daarvan, is aan Moses op die berg Sinai deur God gegee (Hebreërs 8:5). Dit was 'n mikrokosmos van God se ware heiligdom in die hemel.

Die eerste heiligdom, of tabernakel, was 'n elegante, tent-tipe struktuur (15 voet by 45 voet, gebaseer op 'n 18-duim-el). Daar het die bonatuurlike teenwoordigheid van God gewoon en spesiale dienste is uitgevoer. Die mure was gemaak van regop akasiahout-plankstelle in silwer voetstukke en met goud oorgetrek (Exodus 26:15-19, 29). Die dak was gemaak van vier lae bedekkings - linne, bokhaar, geverfde rooi ramsvelle, en robbevelle (verse 1, 7, 14). Dit het twee kamers gehad: die heilige plek (15 voet by 30 voet) en die allerheiligste plek (15 voet by 15 voet). Verwys dikwels na die diagram wat verskaf is as u hierdie les hersien.

Watter meubels was in die voorhof?
4. Watter meubels was in die voorhof?
Eksodus 29:18 En jy moet die hele ram op die _______ aan die brand steek; dit is 'n brandoffer aan die HERE; dit is 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.

Exodus 30:18 Jy moet ook ‘n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was… en gooi water daarin


Let wel: Die brandoffer-altaar (Exodus 27: 1-8) is waar diere geoffer was. Dit was net buite die ingang van die heiligdom in die binnehof. Hierdie altaar het die kruis van Christus verteenwoordig. Die offerdier het Jesus verteenwoordig, die ware offer (Johannes 1:29). Die koperwaskom (Exodus 30:17-21; 38:8) was 'n groot wasbak van koper tussen die ingang van die Heiligdom en brandoffer-altaar. Daar het priesters hul hande en voete gewas voordat hulle in die heiligdom ingegaan het of 'n offer geoffer het. Die water verteenwoordig die doop, die reiniging van die sonde, en die nuwe geboorte.

Watter drie meubelstukke was in die Heilige plek?
5. Watter drie meubelstukke was in die Heilige plek?
NUMERI 4:7 En oor die tafel van _________ moet hulle 'n pers doek uitsprei en daarop sit die skottelgoed en die lepels en die komme en deksels om mee te bedek; en die voortdurende brood moet daarop wees.

Numeri 8:2 As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die kandelaar lig gee.

Exodus 30:1 Jy moet ook ‘n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak


Let wel: Die toonbroodtafel (Exodus 25:23-30) verteenwoordig Jesus, die lewende brood (Johannes 6:51). Die sewe-tak kandelaar (Exodus 25:31-40) verteenwoordig Jesus, die lig van die wêreld (Johannes 9:5; 1:9). Die lampe met olie het die Heilige Gees simboliseer (Sagaria 4:1-6; Openbaring 4:5). Die reukaltaar (Exodus 30:1-8) verteenwoordig die gebede van God se mense (Hebreërs 5:7).

Watter spesiale meubelstuk was in die Allerheiligste?
6. Watter spesiale meubelstuk was in die Allerheiligste?
Eksodus 26:34 En jy moet die versoendeksel op die ______ van die Getuienis in die Allerheiligste sit.

Let wel: Die enigste voorwerp in die Allerheiligste plek (Exodus 25:10-22) was die ark van die Getuienis, 'n ark van akasiahout met goud oorgetrek. Bo-op die ark was twee engele van soliede goud. Die deksel van die ark was die versoendeksel genoem (Exodus 25:17-22) waar God se teenwoordigheid gewoon het. Hierdie plek het God se troon in die hemel simboliseer, wat ook tussen twee engele geleë is (Psalm 80:1; Jesaja 6:1-2).

Wat was binne die ark?
7. Wat was binne die ark?
Exodus 25:21 En jy moet die versoendeksel bo-op die ark sit; en in die ark moet jy die __________ sit wat Ek jou sal gee

Deuteronomium 10:4-5 En Hy (God) het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe… En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos die HERE my beveel het


Let wel: God het Sy verbond met Sy eie vinger op twee kliptafels geskryf en dit was in die ark geplaas. Die versoendeksel was bo hulle, wat daarop dui dat solank as wat God se mense hulle sondes bely en verlaat het (Spreuke 28:13), sou genade geskenk word aan hulle deur die bloed wat deur die priester op die versoendeksel gesprinkel was (Levitikus 16:15, 16). Daardie bloed verteenwoordig die bloedvergieting deur Jesus om alle mense vergifnis en reiniging te bring (Matteus 26:28; Hebreërs 9:22).
8. Hoekom moes diere geoffer word in die Ou Testamentiese heiligdomsdienste?
Hebreërs 9:22 En byna alles word deur die wet met _______ gereinig; en sonder bloedvergieting is geen vergifnis nie

Mattheus 26:28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes


Let wel: Om diere te offer was nodig om mense te help verstaan dat daar nie vergifnis van sondes kon wees sonder die bloed wat Jesus gestort het aan die kruis nie. Die skokkende waarheid is dat die straf vir die sonde die dood is. Aangesien ons almal gesondig het, moet ons almal sterf - en ons sou gesterf het, maar Jesus het Sy perfekte lewe gegee deur in ons plek te sterf om vir ons sondes te betaal. Die sondaar het sy eie offerdier gebring en met sy eie hand geslag (Levitikus 1:4, 5). Dit was bloedig en skokkend, en het mense die waarheid geleer dat sonde Jesus se dood veroorsaak het. Hulle het vorentoe gekyk na die kruis vir verlossing, waar ons terugkyk na die kruis vir verlossing. Daar is geen ander bron van redding nie.
9. Wanneer die diere vir die sonde geoffer is, wat het met die sonde gebeur?
Levitikus 1:4 En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê; en dit sal vir hom welgevallig wees om vir hom _______ te doen. Levitikus 1:5 En hy moet die bul voor die aangesig van die HERE slag, en die priesters, die seuns van Aäron, moet die bloed bring en die bloed rondom sprinkel op die altaar wat by die ingang van die tent van samekoms is.

Let wel: Wanneer die sondaar sy hande op die kop van die dier geplaas het en sy sondes bely het, is die sonde simbolies oorgedra van die sondaar na die offer. Die dier het dus skuldig geword en moes die doodstraf betaal. Dit verteenwoordig Jesus wat ons sondes dra.
10. Wanneer 'n offerdier vir die hele gemeente geoffer was, wat het met die sonde gebeur?
Levitikus 4:17 En die priester moet sy vinger in van die bloed doop en dit sewe maal voor die aangesig van die HERE _________, voor die voorhangsel.

Let wel: Die priester het van die bloed voor die voorhangsel in die heiligdom gesprinkel, en sodoende simbolies die sonde van die mense na die heiligdom oorgedra. Toe Jesus na Sy dood na die hemel opgevaar het, het Hy Sy bloed (soos die hoëpriester van ouds) aangebied om te wys dat ons sondes vergewe word wanneer ons dit in Jesus se naam bely (1 Johannes 1:9).
11. Watter twee heiligdom simbole vervul Jesus vir ons?
1 KORINTIËRS 5:7 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees soos julle ongesuurd is. Want ook Christus is ons _______ vir ons geslag

Hebreërs 4:14 Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God


Let wel: Jesus dien as die offer vir ons sondes en as ons hemelse hoëpriester, en verrig sodoende twee wonderbaarlike dinge vir ons. Die eerste is 'n volledige lewensverandering wat die nuwe geboorte genoem word, waar al die sondes van die verlede vergewe is (Johannes 3:3-6; Romeine 3:25). Die tweede is die krag om reg te lewe nou en in die toekoms (Titus 2:14; Filippense 2:13). Hierdie twee dinge maak 'n mens regverdig, wat beteken dat daar 'n regte verhouding bestaan tussen daardie persoon en God. Daar is geen manier waarop 'n mens regverdig kan word deur werke nie (sy eie pogings), omdat geregtigheid uit genade kom wat net Jesus kan voorsien (Handelinge 4:12). Dit is geregtigheid deur geloof, wat die enigste ware vorm van geregtigheid is.
12. Watter ses wonderlike beloftes gee die Bybel aan ons aangaande die geregtigheid wat Jesus ons bied?
1 Joh 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te _______.

A. Hy sal ons vorige sondes vergewe en ons onskuldig ag (Jesaja 44:22; 1 Johannes 1:9)
B. Jesus beloof om ons tot God se beeld te herstel (Romeine 8:29)
C. Jesus gee ons die begeerte en krag om God se wil te doen (Filippense 2:13)
D. Jesus sal ons help om net die dinge te doen wat God behaag (Hebreërs 13:20-21; 1 Johannes 3:22)
E. Hy verwyder ons doodsvonnis deur vir ons Sy sondelose lewe en dood van versoening te skenk (2 Korinthiërs 5:21)
F. Jesus aanvaar verantwoordelikheid om ons te help om getrou te bly totdat Hy terugkom (Filippense 1:6; Judas 24)


Let wel: Jesus is gereed om al hierdie glorieryke beloftes in jou lewe te vervul. Is jy gereed? Kniel nou en vra Hom om beheer te neem van jou lewe. Hy sal jou nie misluk nie.
13. Het 'n persoon enige rol om te speel om regverdig te word?
Matteus 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here, sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie; maar hy wat die wil _______ van my Vader wat in die hemele is

Let wel: Ja, ons rol is om ons harte en wil vir Jesus te gee en toe te laat dat Hy regeer. Ons moet Hom vertrou met volle beheer van ons lewens. Baie glo dat Jesus almal na die hemel sal neem wat Sy Naam net bely, ongeag van hul optrede. Maar hierdie dodelike leer is nie waar nie (Mattheus 7:14).
14. Wat het gebeur op die dag van versoening?
Levitikus 16:30 Want op dié dag moet die priester vir julle versoening doen om julle te ______, sodat julle rein kan wees van al julle sondes voor die aangesig van die HERE.

Let wel: Die dag van versoening was 'n belangrike dag van oordeel wat een maal elke jaar in Israel plaasgevind het (Levitikus 23:27). Elke sonde moes bely en verlaat word. Diegene wat geweier het, was op daardie dag vir ewig uit die kamp van Israel afgesny (vers 29). Op daardie dag is twee bokke gekies. Een was die Here se bok en die ander was Asasel, wat Satan verteenwoordig het (Levitikus 16:7-8). Die Here se bok was doodgemaak en geoffer vir die sondes van die volk (vers 9). Die bloed is in die Allerheiligste plek ingeneem en gesprinkel oor en voor die versoendeksel (vers 14). Slegs op hierdie spesiale oordeelsdag het die hoëpriester die Allerheiligste binne gegaan. Die gesprinkelde bloed (wat die offer van Jesus verteenwoordig) is deur God aanvaar, en die belyde sondes van die volk was oorgedra van die heiligdom na die hoëpriester. Hy het dan hierdie belyde sondes aan die Asasel-bok oorgedra, wat in die woestyn gelei was en verlate gelos is (verse 16, 20, 22). Op hierdie wyse was die heiligdom simbolies gereinig van die sondes van die mense, wat die hele jaar deur die gesprinkelde bloed daarheen oorgedra was.
15. Het die antieke versoendag 'n reiniging van die hemelse heiligdom voorgestel?
Hebreërs 9:23 Dit was dus nodig dat die voorbeelde van dinge in die hemele hiermee gereinig word; maar die ________ dinge self met beter offers as dit

Let wel: Ja! Dié dag se dienste het daarop gewys dat Jesus, ons Hoëpriester in die hemelse heiligdom, sonde uitgedelg het. Hy is daar om vir Sy mense te bemiddel en staan gereed om die sondes van almal te vergewe wat geloof in Sy gestorte bloed sal uitoefen. Die antieke dag van versoening, soos moderne Israel se Yom Kippur, het die finale versoening vir die planeet Aarde voorspel. Die laaste versoening lei tot die finale oordeel wat vir altyd die vrae oor sonde in die lewe van elke individu sal beantwoord. Ons volgende les wys hoe God die datum vasgestel het vir die hemelse oordeel om te begin. Opwindend!