13. Laat God toe dat iemand Sy heilige dag verander?
Elke woord van God is gelouter… Voeg by sy woorde ________ by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ‘n leuenaar openbaar word nie.Let wel: Net voor God die Tien Gebooie gegee het, soos beskryf in Deuteronomium 5, het Hy gewaarsku dat niemand moet "byvoeg" of " weglaat" nie (Deuteronomium 4:2). Inteendeel, hulle moes dit bewaar presies soos Hy dit aan hulle gegee het. God het Sy Sabbat geseën (Ex. 20:11), en wanneer Hy iets seën, is dit vir ewig geseënd (1 Kronieke 17:27).
God sê, “Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.” Psalm 89:35. Daar is mense wat erken het dat hulle God se heilige Sabbat na Sondag verander het. Maar God sal nooit mense se leringe aanvaar nie, want Hy het die Bybel as ons gids gegee.